Lied 3
Die oorwinning oor die wêreld
1. Wyl ons triomfantlik uittrek
In Jehovah God se krag
Gee hy menige oorwinning
In die stryd van dag tot dag.
Ja,ons wek veel haat en gram skap
Deur te preek uit God se Woord.
Vol vertroue in oorwinning
Gaan ons onverskrokke voort.
2. In die wêreld sal ons swaarkry;
En ons weet dit alte goed.
Maar “Hou goeie moed”sêJesus,
‘Ek sal julle immer hoed.’
’n Oorwinning is tog moontlik
Daar die stryd nie ons s’n is.
Want dis God wat hierdie stryd voer
Om die vyand uit te wis.
3. Oor die wêreld sal ons seëvier
Deur geloof in God se Seun.
Met sy Koninkryk gevestig,
Kan hy ons kragdadig steun.
Hy’t geseëvier oor die wêreld,
Dus moet ons ook hard probeer.
Met vertroue in Jehovah
Sal ons stellig triomfeer.