Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/97 bl. 8
  • Vertrou op Jehovah om dinge te laat groei

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vertrou op Jehovah om dinge te laat groei
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om die brosjure Goeie nuus wat van God kom! te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Volg Jehovah na deur opreg vir ander om te gee
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Voorgestelde velddiensaanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Hoe om studies in die Vereis-brosjure te begin
    Ons Koninkryksbediening—1999
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1997
km 8/97 bl. 8

Vertrou op Jehovah om dinge te laat groei

1 “Ek het vir die eerste keer die unieke vreugde gesmaak om ’n nuwe gemeente te help stig. Dit het meer as twee jaar van ywerige werk, volgehoue gebed en vertroue op Jehovah wat ‘dinge laat groei’, geverg.” Dié woorde is geskryf deur ’n pligsgetroue pionier wat geleer het hoe noodsaaklik dit is om op Jehovah te vertrou om dinge te laat groei (1 Kor. 3:5-9). In ons soeke na geestelikgesinde mense het ons ook God se ondersteuning nodig as ons wil hê dat ons bediening vrug moet dra.—Spr. 3:5, 6.

2 Groei vereis bewerking: Die saad van waarheid moet bewerk word as ons wil hê dit moet groei. As ons ’n herbesoek binne ’n dag of twee ná die eerste besoek doen, lewer dit dikwels goeie resultate. Wees hartlik en vriendelik. Laat die persoon op sy gemak voel. Moenie al die praatwerk doen nie. Laat hom toe om jou te leer ken, en toon dat jy in hom as persoon belangstel.

3 Gedurende Julie en tot in Augustus lê ons ons daarop toe om ’n verskeidenheid brosjures aan te bied vir mense wat ons teëkom. Maar ons moet ook teruggaan na waar ons belangstelling gevind of lektuur gelaat het. Ons doen dit deur herbesoeke te doen en Bybelstudies aan te bied (Matt. 28:19, 20). Met dié doel kan die Vereis-brosjure gebruik word om studies mee te begin. Jy sal dalk die volgende vier voorstelle nuttig vind.

4 As jy met iemand gesels het wat besorg was oor hoe wêreldtoestande versleg, kan jy die gesprek hervat deur te sê:

◼ “Ek is seker dat jy net so besorg is soos ek oor die sedelike verval van die mensegemeenskap. Ons hoor ontstellende berigte oor gesinsgeweld wat daartoe lei dat kinders, ouers en huweliksmaats mishandel word. En dit lyk asof baie mense dit as ’n kleinigheid beskou om te lieg of te steel om hulle eie begeertes te bevredig. Dink jy dat die manier waarop mense hulle lewe lei vir God saak maak? [Wag vir ’n antwoord.] God het sekere standaarde vir die mensdom gestel waarvolgens hulle moet lewe, en dit is werklik nie vir ons swaar nie.” Lees 1 Johannes 5:3. Haal dan die Vereis-brosjure uit en maak dit oop by les 10. Lees die eerste paragraaf. Vestig die aandag op die kursiewe woorde en frases aan die begin van paragrawe 2-6, en vra die huisbewoner watter gebruik hy of sy meen die skadelikste vir die gemeenskap is. Lees die betrokke paragraaf en slaan een of twee van die tekste na as jy die geleentheid het. Sluit af deur paragraaf 7 te lees en tref dan reëlings om vir ’n verdere bespreking terug te gaan.

5 Vir diegene wat jy ontmoet het wat oor hulle gesin besorg is, kan jy iets sê soos:

◼ “Dink jy dit is redelik om te verwag dat die Skepper ons sal gee wat ons nodig het om ’n suksesvolle gesinslewe te bou?” Wag vir ’n antwoord. Wys vir hom die Vereis-brosjure, blaai na les 8 en verduidelik dat dit beginsels uit die Bybel bevat vir elke lid van die gesin. Bied aan om te demonstreer hoe die brosjure saam met die Bybel gebruik kan word om die grootste voordeel daaruit te trek. Volg die instruksies wat op bladsy 2 van die brosjure gevind kan word. Tref reëlings om terug te gaan en die bespreking van die les voort te sit of, as jy dit voltooi, om ’n ander les wat die huisbewoner in die brosjure kies te bestudeer.

6 Hier is ’n direkte benadering wat jy kan gebruik om ons Bybelstudieprogram aan te bied. Wys die “Vereis”-brosjure en sê:

◼ “Hierdie brosjure bevat ’n omvattende studiekursus wat die basiese leerstellings van die Bybel bespreek. Op elke bladsy sal jy antwoorde op vrae vind waaroor mense al eeue lank wonder. Byvoorbeeld: Wat is God se voorneme met die aarde?” Blaai na les 5 en lees die vrae aan die begin van die les. Vra die huisbewoner in watter een hy die meeste belangstel, lees dan die ooreenstemmende paragraaf of paragrawe en slaan gepaste tekste na. Verduidelik dat die bevredigende antwoorde op die ander vrae net so maklik soos hierdie een gevind kan word. Bied aan om terug te keer en ’n ander vraag en antwoord te bespreek.

7 Of jy wil dalk ’n eenvoudiger benadering probeer om ’n Bybelstudie te begin deur te sê:

◼ “Het jy geweet dat jy binne ’n paar minute die antwoord op ’n belangrike Bybelvraag kan vind? Byvoorbeeld: . . .” Meld dan ’n vraag wat aan die begin van een van die lesse in die brosjure verskyn, een wat jy dink vir die persoon interessant sal wees. Vir ’n paar idees oor vrae wat jy kan gebruik, sien paragrawe 15 en 16 in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Maart 1997 met die titel: “Skraap die vrymoedigheid bymekaar om herbesoeke te doen.”

8 Om die uitdaging om herbesoeke te doen en Bybelstudies te hou met vreugde te aanvaar, maak deel daarvan uit om God se “medewerkers” te wees (1 Kor. 3:9). Wanneer ons hard werk om die belangstelling wat ons vind verder te kweek en dan op Jehovah vertrou om dinge te laat groei, sal ons die ware bevrediging ervaar wat geen ander werk kan bied nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel