Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 1/1 bl. 16-17
  • Het Johannes se geloof verswak?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het Johannes se geloof verswak?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Het Johannes nie genoeg geloof gehad nie?
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Johannes wil van Jesus hoor
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Wie was Johannes die Doper?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 1/1 bl. 16-17

Jesus se lewe en bediening

Het Johannes se geloof verswak?

JOHANNES die Doper, wat nou al omtrent ’n jaar in die tronk is, hoor van die opstanding van die weduwee se seun by Nain. Maar Johannes wil uit Jesus se eie mond hoor wat die betekenis hiervan is. Daarom stuur hy twee van sy dissipels om navraag te doen: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?”

Dit lyk moontlik na ’n vreemde vraag, veral omdat Johannes God se gees op Jesus sien neerdaal het en hy God se stem van goedkeuring gehoor het toe hy hom byna twee jaar tevore gedoop het. Johannes se vraag kan sommige laat dink dat sy geloof verswak het. Maar dit is nie so nie. Jesus sal nie met soveel lof van Johannes praat, soos hy by hierdie geleentheid doen, as Johannes begin twyfel het nie. Waarom vra Johannes dan hierdie vraag?

Johannes wil moontlik net bevestiging van Jesus hê dat Hy die Messias is. Dit sal baie versterkend vir Johannes wees terwyl hy in die tronk sit en wegkwyn. Maar Johannes se vraag behels blykbaar veel meer as dit. Hy wil blykbaar weet of daar iemand anders, as ’t ware ’n opvolger, gaan kom wat al die dinge gaan vervul wat oor die Messias voorspel is.

Volgens Bybelprofesieë waarmee Johannes bekend is, gaan God se Gesalfde ’n koning, ’n verlosser, wees. Maar Johannes word nog steeds gevange gehou, selfs baie maande nadat Jesus gedoop is. Johannes vra dus klaarblyklik vir Jesus: ‘Is u die een wat die Koninkryk van God gaan oprig, of is daar iemand anders, ’n opvolger, op wie ons moet wag om al die profesieë in verband met die Messias se heerlikheid te vervul?’

Pleks van vir Johannes se dissipels te sê: ‘Natuurlik is ek die een wat sou kom!’, genees Jesus in daardie selfde uur baie mense wonderdadig van allerhande siektes en kwale. Dan sê hy vir die dissipels: “Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig. En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.”

Met ander woorde, aangesien Johannes se vraag moontlik op die verwagting dui dat Jesus meer sou doen as wat hy wel doen, soos om Johannes self te bevry, sê Jesus vir Johannes om nie meer as al hierdie dinge te verwag nie.

Wanneer Johannes se dissipels vertrek, sê Jesus vir die skare dat Johannes die “boodskapper” van Jehovah is wat in Maleagi 3:1 voorspel is, sowel as die voorspelde profeet Elia van Maleagi 4:5, 6. Hy loof Johannes as die gelyke van enige profeet wat voor hom gelewe het, en verduidelik:

“Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy. Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.”

Jesus toon hier dat Johannes nie in die hemelse Koninkryk sal wees nie, aangesien die kleinste daar groter as Johannes is. Johannes het die weg vir Jesus gebaan, maar hy sterf voordat Christus die verbond, of ooreenkoms, sluit met sy dissipels wat medeheersers saam met hom in sy Koninkryk sal wees. Dit is waarom Jesus sê dat Johannes nie in die hemelse Koninkryk sal wees nie. Johannes sal eerder ’n aardse onderdaan van God se Koninkryk wees. Lukas 7:18-30; Mattheüs 11:2-15.

◆ Waarom vra Johannes of Jesus die Een is wat sou kom en of ’n ander een verwag moet word?

◆ Watter profesieë sê Jesus het Johannes vervul?

◆ Waarom sal Johannes die Doper nie saam met Jesus in die hemel wees nie?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel