Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/97 bl. 1
  • Hoe reageer jy op onverskilligheid?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe reageer jy op onverskilligheid?
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Skenk voortdurend aandag aan jou leer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • “Ek stel nie belang nie”
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Inleiding wek belangstelling
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Gebruik jy ’n gepaste inleiding?
    Ons Koninkryksbediening—1988
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1997
km 10/97 bl. 1

Hoe reageer jy op onverskilligheid?

1 Onverskilligheid is ’n gebrek aan gevoel of emosie, ’n gebrek aan belangstelling of besorgdheid. Dit is een van die algemener en moeiliker gesindhede wat ons in die bediening teëkom. Hoe reageer jy daarop? Het dit jou laat traag word in jou bediening? Hoe kan jy dit oorkom en sodoende mense met die Koninkryksboodskap bereik?

2 Bepaal eerstens waarom die mense in jou gebied onverskillig is. Is dit omdat hulle teleurgesteld is in hulle politieke en godsdiensleiers? Voel hulle dat daar geen oplossing is vir die probleme waarvoor hulle te staan kom nie? Is hulle skepties oor beloftes van iets beters? Is hulle onwillig om aan geestelike dinge te dink tensy hulle onmiddellike tasbare voordele kan sien?

3 Beklemtoon die Koninkrykshoop: Daar is geen probleem wat die Koninkryk nie sal oplos nie. Wanneer ons dus die geleentheid het, moet ons oor Koninkryksbeloftes praat en na sleutelpunte in die Skrif verwys, selfs al is dit nie moontlik of prakties om ’n Bybelteks te lees nie (Heb. 4:12). Maar hoe kan ons die gesprek in daardie rigting stuur?

4 Mense moet verstaan wat die doel van ons besoek is. Hulle moet besef dat ons daar is uit naasteliefde en besorgdheid oor die gemeenskap. Ons kan ’n weldeurdagte vraag vra soos: “Wat dink jy is die oplossing vir [’n probleem wat die gemeenskap raak]?” As een inleiding nie werk nie, probeer ’n ander een.

5 In een baie welgestelde gebied waar huisbewoners onverskillig teenoor die Koninkryksboodskap gestaan het, het verkondigers ’n inleiding probeer vind wat belangstelling sou wek. Toe een egpaar die Kennis-boek aangebied het, het hulle hierdie inleiding probeer: “Dink jy dat ’n goeie opvoeding belangrik is om sukses in die wêreld van vandag te behaal? Stem jy saam dat ’n omvattende opvoeding kennis van die Bybel sal insluit?” In een middag het hulle drie boeke versprei, een daarvan is by ’n vrou gelaat wat later gesê het dat sy die hele Kennis-boek gelees het en toe tot ’n Bybelstudie ingestem het.

6 Wanneer jy onverskilligheid teëkom, moet jy verskillende inleidings probeer, gedagteprikkelende vrae stel en op die krag van God se Woord staatmaak. Jy kan sodoende ander help om ons wonderlike Koninkrykshoop hulle eie te maak.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel