Diensvergaderinge vir Oktober
Week wat begin met 6 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Oktober is die laaste maand van die ontoegekendegebied-kampanje. Moedig almal aan om ’n volle deelname te hê.
15 min: “Sal alle mense mekaar ooit liefhê?” Vrae en antwoorde. Hersien hoofpunte van Koninkryksnuus Nr. 35. Meld redes waarom mense in die gebied by hierdie materiaal baat sal vind. Beklemtoon die feit dat ons nou al reëlings moet tref om ’n volle deelname aan die verspreiding daarvan te hê en ywerig terug te gaan na al die belangstelling wat ons vind.
20 min: “Gee Koninkryksnuus Nr. 35 ’n wye verspreiding.” Toespraak deur diensopsiener. Dek paragrawe 5-8 deur middel van vrae en antwoorde. Hersien plaaslike reëlings vir uitgebreide aktiwiteit. Bespreek maniere om seker te maak dat gebied heeltemal gedek word. Verkondigers kan Koninkryksnuus Nr. 35 gebruik wanneer hulle vir mense by bushaltes, in klein besighede, in parkeerterreine en elders getuig. Gee wenke oor hoe om nuwelinge te help wat graag aan die predikingswerk wil begin deelneem. Sluit inligting in wat gevind kan word in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir April 1995, paragraaf 11. In sommige gebiede sal dit dalk voordelig wees om alleen te werk en nie ’n velddienstas te dra wanneer jy die Koninkryksnuus versprei nie. Demonstreer twee of drie kort aanbiedinge.
Lied 126 en slotgebed.
Week wat begin met 13 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Hersien gesprekspunte in jongste nommers van Die Wagtoring en Ontwaak! Herinner almal daaraan dat die Koninkryksnuus Nr. 35 gedurende die naweke saam met tydskrifte aangebied sal word. Ons moet na alle belangstellendes teruggaan.
20 min: “‘Geloof in God se Woord’-streekbyeenkoms vir 1997” (Paragrawe 1-12). Vrae en antwoorde. Lees paragrawe 7 en 9. Beklemtoon die skriftuurlike belangrikheid daarvan om ons beskeie Christelike voorkoms en gedrag nougeset te handhaaf en behoorlik oor ons kinders toesig te hou.
15 min: “Hoe reageer jy op onverskilligheid?” Bespreking deur twee ouer manne.
Lied 130 en slotgebed.
Week wat begin met 20 Oktober
15 min: Plaaslike aankondigings. Hersien ’n paar ondervindinge uit die 1996 Yearbook, bladsye 6-8, oor “Global Distribution of Kingdom News”. Vestig die aandag op hoe individuele verkondigers hulle ingespan het om die vorige Koninkryksnuus te versprei. Moedig almal aan om ’n volle aandeel aan die verspreiding van Koninkryksnuus Nr. 35 te hê.
15 min: “‘Geloof in God se Woord’-streekbyeenkoms vir 1997” (Paragrawe 13-19). Vrae en antwoorde. Lees paragraaf 13 en die teksverwysings. Beklemtoon hoe belangrik ordelikheid en bedagsaamheid teenoor ander is, veral wanneer dit kom by die hou van sitplekke. Sluit af met ’n kort bespreking oor “Herinneringe in verband met die streekbyeenkoms”.
15 min: “Is jy ’n voltydse Getuie?” ’n Toespraak deur ’n ouer man.
Lied 133 en slotgebed.
Week wat begin met 27 Oktober
12 min: Plaaslike aankondigings. Hersien die vordering met Koninkryksnuus Nr. 35. Nooi gehoor om bemoedigende ondervindinge te vertel. Lewer verslag oor hoeveel gebied tot dusver gedek is en wat nodig sal wees om die gebied teen 16 November heeltemal te dek. Sodra die gebied heeltemal gedek is, sal ons gedurende die res van die maand die Kennis-boek aanbied. Beklemtoon die doelwit om studies by herbesoeke te begin waar daar ’n gunstige reaksie op die Koninkryksnuus was. Moedig almal aan om hulle velddiensrapporte vir Oktober hierdie naweek in te gee.
15 min: Hoe om hoop te midde van wanhoop te vind. Toespraak deur ’n ouer man gebaseer op Die Wagtoring van 15 Mei 1997, bladsye 22-5.
18 min: Laat julle lig skyn. Toespraak en bespreking gebaseer op Ons bediening-boek, bladsye 84-8. Reël vooraf dat verkondigers spesifieke kommentare op die volgende vrae lewer: (1) Waarom preek Jehovah se Getuies van huis tot huis? (2) Tot watter mate is hierdie metode in die eerste eeu gebruik? (3) Waarom is daar vandag ’n dringende behoefte om aan te hou om van huis tot huis te preek? (4) Watter omstandighede kan dit vir ons moeilik maak om ’n gereelde deelname te hê? (5) Hoe kan ons hulp verkry sodat ons kan volhard? (6) Hoe word ons geseën as ons ons lig laat skyn? (7) Wat kan ons doen om mense met groter welslae te bereik? Lig dit toe deur drie of vier verkondigers bemoedigende ondervindinge te laat vertel wat hulle in winkel-tot-winkel- of straatwerk gehad het.
Lied 136 en slotgebed.