Lied 62
Gelukkig is die barmhartiges!
1. Gelukkig die barmhartiges!
Vir God is hul die lieflikes.
Hul sêaan diéwat reg wil leer:
‘Barmhartigheid behaag die Heer.’
Barmhartigheid het God bewys:
Hy gee sy Seun as loskoop prys.
God toon dit aan sagmoediges,
Want Hy weet wat hul maaksel is.
2. Wie net soos God barmhartig is,
Kry God se seën,Hy gee hul rus.
Genade word aan hul betoon;
Die Lam se bloed is voor Gods troon.
Die nuus wil hul met ander deel;
Hul boodskap sal die krankes heel.
Vir almal sêhul:“Skep nou moed,
Die Koninkryk is hier vir goed.”
3. Barmhartiges hoef nie te vrees
Om in Gods oordeelsdag te wees;
Genadig word hul dan beloon
As hulle nou genade toon.
Barmhartig moet ons altyd wees;
Ja,toon ’n saggesinde gees.
Vergewe ander deurentyd
En toon soos God barmhartigheid.
(Naspel)
Gelukkig die barmhartiges!
Vir God is hul die lieflikes.