-
AankondigingsKoninkryksbediening — 1999 | Desember
-
-
Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Desember: Kennis wat tot die ewige lewe lei saam met die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte teen ’n bydrae van R9,00 wanneer die hardebandboek aangebied word en R7,75 wanneer die sagtebandboek aangebied word. (Engels: Kennis wat tot die ewige lewe lei saam met die New World Translation of the Holy Scriptures teen ’n bydrae van R25,00 wanneer die hardebandboek aangebied word en R23,75 wanneer die sagtebandboek aangebied word.) Januarie: Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte saam met die boek Die grootste mens wat nog geleef het of saam met Die mensdom se soeke na God. (Engels: Die grootste mens wat nog geleef het of Die mensdom se soeke na God.) Februarie: Die geheim van gesinsgeluk. Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei. ’n Spesiale poging sal aangewend word om Bybelstudies te begin.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Desember of so gou moontlik daarna ouditeer. Wanneer dit gedoen is, moet julle dit in die gemeente aankondig ná die volgende rekeningverslag gelees is.
◼ Die Gedenkmaal vir die jaar 2001 sal op Sondag, 8 April, ná sononder gehou word. Hierdie kennisgewing word vroegtydig gegee sodat broers die nodige besprekings kan doen of kontrakte vir beskikbare sale kan aangaan waar ’n paar gemeentes een Koninkryksaal gebruik en hulle ander fasiliteite moet kry. Omdat dit so ’n belangrike geleentheid is, moet die liggaam van ouer manne, wanneer hulle ’n Gedenkmaalspreker toewys, een van die meer bekwame ouer manne kies en nie net beurte maak of dieselfde broer elke jaar gebruik nie. ’n Uitsondering sal gemaak word as daar ’n bekwame gesalfde ouer man is wat die toespraak kan hou.
◼ Neem asseblief kennis dat die Genootskap se boekekamers, insluitende die een by Bethel, op 10 Desember 1999 permanent sal sluit weens die nuwe vereenvoudigde reëling waarvolgens lektuur versprei gaan word.
-
-
Die Teokratiese Bedieningskool vir 2000Koninkryksbediening — 1999 | Desember
-
-
Die Teokratiese Bedieningskool vir 2000
1 Die Teokratiese Bedieningskool is werklik ’n ryk seën vir Jehovah se volk. Oor die afgelope 50 jaar het dit miljoene gehelp om hulle vermoëns as openbare sprekers en onderrigters van Bybelwaarhede te ontwikkel (Ps. 145:10-12; Matt. 28:19, 20). Kan jy sien hoe die skool jou gehelp het? Dit kan jou verder gedurende 2000 help as jy ’n volle deelname daaraan het en die raad toepas wat gegee word.
2 Instruksies oor toewysings en die publikasies wat gebruik sal word, verskyn op die eerste bladsy van die skoolrooster vir 2000. Die tydsbepaling van elke deel, die bronnemateriaal, hoe die materiaal aangebied moet word en ander besonderhede word bespreek. Neem asseblief die tyd om die instruksies noukeurig deur te lees en dit toe te pas.
3 Weeklikse Skrifgedeelte: Daar is twee aparte programme vir weeklikse Bybellees wat op die skoolrooster uiteengesit word. Een is die gewone leesprogram wat ongeveer vyf bladsye van die Bybel dek. Die Bybelglanspunte is op hierdie leesgedeelte gebaseer. Die ander leesprogram is aanvullend en dek twee keer soveel materiaal. Deur hierdie program te volg, sal jy die hele Bybel in drie jaar kan deurlees. Dit is te verstane dat party dalk meer sal wil lees as wat in die aanvullende leesprogram uiteengesit word, en dat ander weer nie daarby sal kan bybly nie. Moenie jou met ander vergelyk nie, maar verheug jou eerder in wat jy wel kan doen (Gal. 6:4). Wat belangrik is, is om God se Woord daagliks te lees.—Ps. 1:1-3.
4 As jy by die Teokratiese Bedieningskool wil aansluit, moet jy met die skoolopsiener praat. Neem asseblief jou toewysing ernstig op en moenie dit onnodig kanselleer nie. Waardeer die skool as ’n voorsiening van Jehovah. Berei goed voor, raak deeglik vertroud met die toegewese materiaal en praat uit die hart sodat jy ten volle by hierdie unieke skool baat kan vind.
-
-
Teokratiese nuusKoninkryksbediening — 1999 | Desember
-
-
Teokratiese nuus
◼ Suid-Afrika: Gedurende die laaste twee maande van die 1999-diensjaar is 17 Koninkryksale toegewy. Nege van hierdie sale is in Mpumalanga, naamlik: Dundonald, Fernie-Sentraal, Glenmore, Mkhuhlu, Nsikazi, Ogies, Phokoane, Tubatse en Violetbank. Die ander sale wat toegewy is, is Robertson (Wes-Kaap), Lafuta en Seaview (Oos-Kaap), De Aar (Noord-Kaap), Khuma (Noordwes), Chatsworth en Hillcrest (KwaZulu-Natal) en Grootfontein (Namibië). Gedurende die 1999-diensjaar is daar altesaam 35 sale toegewy.
Daar is reeds reëlings getref om vroeg in die nuwe diensjaar nog vyf sale toe te wy. Aangesien die Bestuursliggaam wil hê dat elke gemeente in hulle eie Koninkryksaal moet aanbid, wil ons soveel as moontlik aanmoedig om ernstig daaraan te dink om die Streekboukomitees, wat soveel waardeer word en wat so hard werk, te help om Koninkryksale te bou.
-
-
Diensrapport vir AugustusKoninkryksbediening — 1999 | Desember
-
-
Diensrapport vir Augustus
Aantal Hulp- Gew.
verk. pio. pio.
Botswana 1 053 37 53
Lesotho 2 573 125 183
Namibië 963 22 27
St. Helena 135 - -
Suid-Afrika 67 069 2 305 5 039
Swaziland 2 029 106 181
-