Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/00 bl. 1
  • “Bly wakker”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Bly wakker”
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • “Hou aan waak”!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Bly wakker gedurende “die tyd van die einde”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Gelukkig is dié wat wakker bly!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Behou jou gevoel van dringendheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2000
km 5/00 bl. 1

“Bly wakker”

1 Nadat Jesus die belangrike gebeure beskryf het wat die laaste dae van hierdie stelsel van dinge sou kenmerk, het hy sy dissipels vermaan om ‘wakker te bly’ (Mark. 13:33). Waarom moet Christene wakker bly? Want ons lewe in die gevaarlikste tydperk in die mensegeskiedenis. Ons kan nie bekostig om geestelik lomerig te raak nie. Dit sal daartoe lei dat ons nie die werk waardeer wat Jehovah ons gegee het om in hierdie tyd van die einde te doen nie. Wat is hierdie werk?

2 Jehovah gebruik sy volk om die goeie nuus van sy Koninkryk—die enigste hoop vir die mensdom—regoor die wêreld te verkondig. As ons ten nouste met God se organisasie saamwerk, identifiseer dit ons as ware Christene wat bewus is van die tye en van hoe belangrik dit is om ander te help om die “woorde van die ewige lewe” te hoor (Joh. 6:68). Deur ywerig deel te neem aan hierdie allerbelangrikste werk, toon ons dat ons geestelik wakker is.

3 Beweeg om te getuig: As Getuies van Jehovah moet ons positief oor ons bediening wees. Liefde vir God en ons naaste beweeg elkeen van ons om aan die predikingswerk deel te neem (1 Kor. 9:16, 17). As ons dit doen, sal ons onsself red sowel as dié wat na ons luister (1 Tim. 4:16). Laat ons vasbeslote wees om so gereeld as moontlik en so lank as wat dit nodig is te getuig oor die beste regering wat die mensdom ooit kan hê—God se Koninkryk!

4 Die dringendheid van ons bediening word ons op die hart gedruk deur ’n belangrike feit—die groot verdrukking sal uitbreek terwyl ons nog met hierdie werk besig is. Die feit dat ons nie die dag of uur weet nie, vereis dat ons te alle tye wakker en gereed moet bly terwyl ons biddend op Jehovah vertrou (Ef. 6:18). Die omvang van die predikingsbedrywighede brei steeds uit. Maar binnekort sal die grootste getuieniswerk in die mensegeskiedenis ’n hoogtepunt bereik.

5 Ons moet Jesus se opdrag om ‘wakker te bly’ getrou gehoorsaam. Dit is nou dringender as ooit tevore. Mag ons met ’n gevoel van dringendheid hierop reageer. Ons moet elke dag geestelik nugter, wakker en bedrywig in Jehovah se diens bly. Ja, mag ons “wakker en nugter van verstand bly”.—1 Tess. 5:6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel