’n Voorreg wat die jonges kan geniet
1 Talle wat nou ouers is, het aangename herinneringe van ’n voorreg wat hulle geniet het toe hulle as kinders in die waarheid grootgeword het—om aan Tydskrifdag deel te neem. Hierdie werk is in 1949 in alle gemeentes ingestel. Almal moes hulle daarop toelê om een dag per week Die Wagtoring en Ontwaak! op straat, van huis tot huis, van winkel tot winkel en op ander maniere te versprei. Jonger verkondigers het veral na hierdie werk uitgesien omdat dit hulle ’n geleentheid gegee het om aan dieselfde werk deel te neem as die volwassenes in die gemeente. Was dit waar van jou toe jy ’n kind was?
2 Betrek jou kinders: Klein kindertjies wat nog nie gereed is om ’n Bybelbespreking by die deur aan te knoop nie, kan wel tydskrifte aanbied. Hulle hoef net ’n eenvoudige aanbieding van ’n paar kort sinnetjies te leer. ’n Kort kommentaar, miskien oor die voorblad, is dalk voldoende. Talle huisbewoners neem graag die tydskrifte by ons kinders, en dikwels lewer hulle gunstige kommentaar oor die opregtheid en goeie gedrag van hierdie jongmense. Met ’n bietjie hulp kan ons kinders baie goed doen in hierdie aspek van ons bediening, en sodoende kan hulle ’n waardevolle bydrae lewer tot die verkondiging van die Koninkryksboodskap. Namate kinders ouer word, moet hulle ouers hulle natuurlik help om voort te gaan om hulle predikingsvaardighede verder te ontwikkel.
3 Manuel het van deur tot deur begin getuig toe hy drie jaar oud was. Sy ouers het hom geleer om ’n kort aanbieding te memoriseer. Hy getuig ywerig saam met hulle en versprei baie tydskrifte, brosjures en traktate. Hy getuig ook informeel. Een keer toe sy ouers hom op ’n uitstappie na ’n park toe geneem het, het hy die inisiatief aan die dag gelê om ’n paar traktate vir die mense wat daar was te gee. Al is Manuel nog baie jonk, is sy entoesiasme vir die bediening ’n bron van ware aanmoediging vir sy ouers en die hele gemeente.—Spr. 22:6.
4 Op Jehovah se Getuies se kalender vir 2000 is elke Saterdag as ’n “Tydskrifdag” opsy gesit. Ouers, ons wil julle aanmoedig om ’n hernieude belangstelling in hierdie werk te toon en julle kinders te help om so gereeld as moontlik aan hierdie diensvoorreg deel te neem.