-
AankondigingsKoninkryksbediening — 1993 | September
-
-
Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir September: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R9,00. Klein uitgawes kos R4,50. Oktober: Intekeninge op die Ontwaak! of Die Wagtoring teen ’n bydrae van R19,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R9,50. November: Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R3,00. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures saam met die boek The Bible—God’s Word or Man’s? teen ’n bydrae van R15,00.) Desember: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R9,00.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeenterekeninge op 1 September of so gou moontlik daarna ouditeer. Kondig dit in die gemeente af wanneer dit gedoen is.
◼ Aan gemeentesekretarisse. Meld altyd julle gemeentenommer wanneer julle met die Genootskap oor rekeninge, tydskrifbestellings, lektuurbestellings, velddiensrapporte of navrae oor intekeninge korrespondeer. Maak asseblief ook seker dat die nommer op die vorm geskryf word in die spasie wat daarvoor gelaat is. As julle nie Genootskapvorms het nie, moet julle asseblief ’n voorraad bestel.
◼ Van 8 November 1993 tot 2 Mei 1994 sal die boek Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou by die Gemeentelike Boekstudie bestudeer word.
◼ Die Bethelhuis en -fabriek sal op Saterdag, 9 Oktober 1993, vir skoonmaakwerk gesluit wees, en daar sal dus geen reëlings vir toere wees nie.
◼ Verkondigers wat beplan om in Oktober hulppionierdiens te doen, moet hulle aansoeke vroegtydig ingee. Dit sal die ouere manne in staat stel om die nodige reëlings vir lektuur en gebied te tref.
◼ Die ouere manne word daaraan herinner om die instruksies op bladsye 21-3 in Die Wagtoring van 15 April 1991 deur te voer in verband met enige uitgesette of gedisassosieerde persone wat dalk graag herstel wil word.
◼ Gemeentes moet Jehovah se Getuies se kalender vir 1994 saam met hulle lektuurbestelling vir September begin aanvra. Die kalender sal beskikbaar wees in Afrikaans, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Sesotho, Xhosa en Zulu.
-
-
VraebusKoninkryksbediening — 1993 | September
-
-
Vraebus
◼ Hoe kan diegene wat doopplegtighede bywoon hulle vreugde toon?
Doop is ’n vreugdevolle geleentheid. Dit verskaf ons groot vreugde om te sien hoe nuwelinge hulle standpunt vir Jehovah inneem en hulle geloof in die openbaar bekend maak (Ps. 40:9). Jesus het gesê dat dit ’n rede tot groot vreugde in die hemel is (Luk. 15:10). Familielede en verkondigers wat gestudeer het met dié wat gedoop word, is veral verheug om te sien hoe nuwelinge hierdie noodsaaklike stap doen. Maar hoe kan sulke vreugde op ’n gepaste wyse getoon word?
Jesus se doop het die voorbeeld gestel vir hedendaagse Christelike doopplegtighede. Hy het besef dat hy op die punt was om ’n ernstige en plegtige stap te neem. Hy het gebid terwyl hy gedoop is (Luk. 3:21, 22). Hy het geweet dat die doop ’n tyd vir bepeinsing en nugtere denke is. Sy dissipels het ook besef hoe belangrik die doop is. Nadat die heilige gees op Pinkster 33 G.J. uitgestort is, is daar ongeveer 3000 gedoop. Wat was die reaksie van die dissipels wat daardie gebeurtenis gesien het? “Hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede” (Hand. 2:41, 42). Die dissipels het geestelike dinge bedink en gasvryheid teenoor mekaar betoon.
Die hoogtepunt by hedendaagse Christelike byeenkomste is die doopplegtigheid. Dit is sekerlik gepas dat ons vreugde toon deur hande te klap en persone te prys wanneer hulle hulle standpunt vir Jehovah inneem. Dit sal egter onvanpas wees om iemand onbeteueld toe te juig, te fluit, die arms bo die kop te waai en name uit te roep. Sulke gedrag toon ’n gebrek aan waardering vir die erns en heiligheid van hierdie blyk van geloof. Dit sal ewemin gepas wees om ’n openbare vertoon te maak deur vir die gedooptes blomme of ander geskenke te gee wanneer hulle uit die swembad klim. Die doop is die begin van die Christelike wedloop om redding. Ons kan bly wees en diegene wat gedoop word aanmoedig deur hulle te help om die intieme verhouding met Jehovah te waardeer wat die doop vir hulle moontlik maak.
Die doopterrein is nie ’n gepaste plek om te skerts, te speel, te swem of enigiets anders te doen wat aan die erns van die geleentheid afbreuk sal doen nie. Ons vreugde moet op ’n waardige wyse getoon word. Ons ordelikheid en erns sal bydra tot die vreugde van almal teenwoordig.
-
-
Gemeentelike boekstudieKoninkryksbediening — 1993 | September
-
-
Gemeentelike boekstudie
Rooster vir gemeentelike studies in die boek Die grootste mens wat nog geleef het.
6 September: Hoofstukke 117-118
13 September: Hoofstukke 119-120
20 September: Hoofstukke 121-122
27 September: Hoofstukke 123-124
-
-
Bevoordeel ander deur die tydskrifte te gebruikKoninkryksbediening — 1993 | September
-
-
Bevoordeel ander deur die tydskrifte te gebruik
1 Hoe bly is ons tog om die jongste nommers van Die Wagtoring en die Ontwaak! te ontvang. Ons waardeer die geleentheid om hulle so gou as moontlik te lees sodat ons by die informasie daarin baat kan vind. Buiten om na punte te soek wat ons persoonlik kan help, is dit ’n goeie idee om punte te soek wat ons kan gebruik wanneer ons die tydskrifte vir ander aanbied. Ons kan dalk dele merk wat veral by diegene in ons gemeente se gebied byval sal vind of selfs kantaantekeninge in ons eie eksemplaar maak om ons aan gesprekspunte te herinner en aan hoe die artikel plaaslik aangebied kan word.
2 Ons tydskrifte is van blywende waarde. Hoewel ons veral die jongste tydskrifte aanbied, is dit glad nie nodig om van ouer nommers ontslae te raak nie, aangesien die informasie self nie verouder nie. Hou ouer nommers in jou velddienssak sodat hulle byderhand is wanneer jy getuig. Hulle kan veral nuttig wees wanneer ’n spesifieke behoefte van die huisbewoner aan die lig kom. Ouer tydskrifte kan ook gedurende die ontoegekendegebied-kampanje gebruik word.
-