Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • rs bl. 39-bl. 46
  • Apostoliese opvolging

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Apostoliese opvolging
  • Redenering uit die Skrif
  • Soortgelyke materiaal
  • Beelde
    Redenering uit die Skrif
  • Is die pous “sint Petrus se opvolger”?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Was Petrus die eerste pous?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Maria (Jesus se moeder)
    Redenering uit die Skrif
Sien nog
Redenering uit die Skrif
rs bl. 39-bl. 46

Apostoliese opvolging

Definisie: Die leer dat die 12 apostels opvolgers het wat deur goddelike aanstelling gesag ontvang. In die Rooms-Katolieke Kerk word daar gesê dat die biskoppe as ’n groep die opvolgers van die apostels is, en daar word beweer dat die pous die opvolger van Petrus is. Daar word aangevoer dat die Roomse pouse die onmiddellike opvolgers van Petrus is, sy posisie beklee en sy funksies uitvoer. Daar word beweer dat Christus die hoofgesag oor die hele Kerk aan Petrus opgedra het. Nie ’n Bybelleerstelling nie.

Was Petrus die “rots” waarop die kerk gebou is?

Matt. 16:18: “Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” (Let op dat die verband [v. 13, 20] toon dat die bespreking oor die identiteit van Jesus handel.)

Wie het die apostels Petrus en Paulus verstaan dat die “rots”, die “hoeksteen”, is?

Hand. 4:8-11: “Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel, . . . laat dit bekend wees . . . dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasarener, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan. Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ’n hoeksteen geword het.”

1 Pet. 2:4-8: “Kom na Hom [die Here Jesus Christus] toe . . . en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ’n geestelike huis . . . Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ’n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie. Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword; en: ’n Steen van aanstoot en ’n rots van struikeling.”

Ef. 2:20: “[Julle is] gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is.”

Wat was die beskouing van Augustinus (wat deur die Katolieke Kerk as ’n heilige beskou word)?

“In hierdie selfde tydperk van my priesterskap het ek ook ’n boek teen ’n brief van Donatus geskryf . . . In ’n passasie in hierdie boek het ek oor die apostel Petrus gesê: ‘Die Kerk is op hom soos op ’n rots gebou.’ . . . Maar ek weet dat ek dikwels by ’n latere geleentheid verduidelik het dat die woorde van die Here: ‘Jy is Petrus, en op hierdie rots sal ek my Kerk bou’, verstaan moet word as ’n verwysing na Hom wat Petrus bely het toe hy gesê het: ‘U is die Christus, die Seun van die lewende God’, en gevolglik het Petrus, wat na hierdie rots vernoem is, die persoon van die Kerk wat op hierdie rots gebou is, verteenwoordig en het hy ook ‘die sleutels van die koninkryk van die hemel’ ontvang. Want daar is vir hom gesê: ‘Jy is Petrus’ en nie ‘Jy is die rots’ nie. Maar ‘die rots was Christus’, en omdat hy hom bely het net soos die hele Kerk hom bely, is Simon Petrus genoem.”—The Fathers of the Church—Saint Augustine, the Retractations (Washington, D.C.; 1968), vertaal deur Mary I. Bogan, Boek I, bl. 90.

Het die ander apostels Petrus as die een met die hoogste gesag onder hulle beskou?

Luk. 22:24-26: “Daar het ook twis onder hulle [die apostels] ontstaan oor wie van hulle die grootste geag moet wees. En Hy het vir hulle gesê: Die konings van die nasies heers oor hulle, en die wat gesag voer oor hulle, word weldoeners genoem. Maar so moet julle nie wees nie.” (Sou daar enige twyfel bestaan het oor “wie van hulle die grootste geag moet wees” as Petrus die “rots” was?)

Het Jesus Christus, die hoof van die gemeente, opvolgers nodig, aangesien hy lewe?

Hebr. 7:23-25: “Hulle het wel [in Israel] priesters geword in ’n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly; maar Hy [Jesus Christus], omdat Hy vir ewig bly, besit ’n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.”

Rom. 6:9: “Ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie.”

Ef. 5:23: “Soos Christus ook Hoof is van die gemeente.”

Wat was “die sleutels” wat aan Petrus toevertrou is?

Matt. 16:19: “Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.”

In Openbaring het Jesus gepraat van ’n simboliese sleutel wat hyself gebruik om vir mense voorregte en geleenthede mee te open

Openb. 3:7, 8: “Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie: . . . Ek het voor jou ’n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie.”

Petrus het die “sleutels” wat aan hom toevertrou is, gebruik om (vir die Jode, Samaritane, nie-Jode) die geleentheid te open om God se gees te ontvang sodat hulle die hemelse Koninkryk kan binnegaan

Hand. 2:14-39: “Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon . . . weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het. Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.”

Hand. 8:14-17: “Toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaria die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur. Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus. Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.” (Vers 20 toon dat Petrus by hierdie geleentheid die leiding gegee het.)

Hand. 10:24-48: “Die dag daarop het hulle in Cesarea aangekom. En Cornelius [’n onbesnede nie-Jood] was hulle te wagte . . . Petrus het sy mond geopen en gesê: . . . En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.”

Het die hemele op Petrus gewag om besluite te neem en dan sy leiding gevolg?

Hand. 2:4, 14: “Hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. . . . Maar Petrus het opgestaan met die elf [nadat Christus, die hoof van die gemeente, hulle deur die heilige gees opgewek het] en sy stem verhef en hulle toegespreek.” (Kyk vers 33.)

Hand. 10:19, 20: “Terwyl Petrus nadink oor die gesig, sê die Gees vir hom: Daar is drie manne wat jou soek. Staan dan op, klim af en gaan saam met hulle [na die huis van die nie-Jood Cornelius] sonder om te twyfel, want Ek het hulle gestuur.”

Vergelyk Mattheüs 18:18, 19.

Is Petrus die een wat besluit wie waardig is om die Koninkryk binne te gaan?

2 Tim. 4:1: “Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel.”

2 Tim. 4:8: “Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here [Jesus Christus], die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.”

Was Petrus in Rome?

Rome word in nege verse van die Heilige Skrif gemeld; nie een van hierdie verse sê dat Petrus daar was nie. Eerste Petrus 5:13 toon dat hy in Babilon was. Was dit ’n kriptiese verwysing na Rome? Die feit dat hy in Babilon was, strook met sy toewysing om vir die Jode te preek (soos aangedui in Galasiërs 2:9), aangesien daar ’n groot Joodse bevolking in Babilon was. Waar die Encyclopaedia Judaica (Jerusalem, 1971, Dl. 15, kol. 755) die voortbrenging van die Babiloniese Talmoed bespreek, meld dit Judaïsme se “groot akademies in Babilon” gedurende die Gewone Jaartelling.

Is daar bewyse gevind van ’n ononderbroke reeks opvolgers van Petrus af tot by die hedendaagse pouse?

Toe hy professor in die teologie aan Notre Dame was, het Jesuïet John McKenzie geskryf: “Daar bestaan nie geskiedkundige getuienis vir die hele ketting van opvolging van kerkgesag nie.”—The Roman Catholic Church (New York, 1969), bl. 4.

Die New Catholic Encyclopedia erken: “Weens die skaarsheid van dokumente is daar veel wat onduidelik is oor die vroeë ontwikkeling van die episkopaat . . . ”—(1967), Dl. I, bl. 696.

Aansprake op goddelike aanstelling beteken niks as die aanspraakmakers nie aan God en Christus gehoorsaam is nie

Matt. 7:21-23: “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”

Kyk ook Jeremia 7:9-15.

Het diegene wat beweer dat hulle die opvolgers van die apostels is by die leringe en gebruike van Jesus Christus en sy apostels gebly?

A Catholic Dictionary sê: “Die Roomse Kerk is Apostolies, aangesien sy leer die geloof is wat eens aan die Apostels geopenbaar is, welke geloof hy bewaar en verklaar, sonder om daarby te voeg of daarvan weg te neem” (Londen, 1957, W. E. Addis en T. Arnold, bl. 176). Klop dit met die feite?

Die identiteit van God

“Die Drie-eenheid is die uitdrukking wat gebruik word om die sentrale leerstelling van die Christelike godsdiens aan te dui.”—The Catholic Encyclopedia (1912), Dl. XV, bl. 47.

“Nòg die woord Drie-eenheid nòg die uitdruklike leerstelling kom in die Nuwe Testament voor . . . Die leerstelling het geleidelik oor etlike eeue heen en deur middel van talle geskille ontstaan.”—The New Encyclopædia Britannica (1976), Micropædia, Dl. X, bl. 126.

“Teksverklaarders en Bybelse teoloë, onder meer ’n immer toenemende getal Rooms-Katolieke, besef nou dat ’n mens nie sonder ernstige voorbehoud van die Drie-eenheidsleer in die Nuwe Testament moet praat nie. Daar is ook die baie analoë besef aan die kant van dogmahistorici en sistematiese teoloë dat wanneer ’n mens wel van ’n ongekwalifiseerde Drie-eenheidsleer praat, jy wegbeweeg het van die Christelike godsdiens se oorsprong tot ongeveer die laaste kwart van die 4de eeu.”—New Catholic Encyclopedia (1967), Dl. XIV, bl. 295.

Die geestelikeselibaat

In sy ensikliek Sacerdotalis Caelibatus (Priesterselibaat, 1967), het pous Paulus VI die selibaat as ’n vereiste vir die geestelikes bevestig, maar hy het erken dat “die Nuwe Testament, wat die leer van Christus en die Apostels bewaar . . . nie openlik die selibaat van heilige bedienaars vereis nie . . . Jesus self het dit nie ’n voorvereiste gemaak toe hy die Twaalf gekies het nie, en die Apostels het dit ook nie ’n voorvereiste gemaak vir diegene wat oor die eerste Christengemeenskappe gepresideer het nie.”—The Papal Encyclicals 1958-1981 (Falls Church, Va.; 1981), bl. 204.

1 Kor. 9:5: “Het ons dan geen reg om ’n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en Cefas nie?” (“Cefas” is ’n Aramese naam wat aan Petrus gegee is; kyk Johannes 1:43. Kyk ook Markus 1:29-31, waar melding gemaak word van die skoonmoeder van Simon, of Petrus.)

1 Tim. 3:2: “’n Opsiener [“biskop”, Dy] dan moet onberispelik wees, die man van een vrou.”

Voor die Christelike tydvak het Boeddhisme van sy priesters en monnike vereis om ongehuud te wees (History of Sacerdotal Celibacy in the Christian Church, Londen, 1932, vierde uitgawe, hersien, Henry C. Lea, bl. 6). Volgens The Two Babylons deur A. Hislop is daar selfs vroeër van die hoër ordes van die Babiloniese priesterdom vereis om ongetroud te bly.—(New York, 1943), bl. 219.

1 Tim. 4:1-3: “Die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang . . . wat verbied om te trou.”

Afgeskeidenheid van die wêreld

Toe pous Paulus VI die Verenigde Volke in 1965 toegespreek het, het hy gesê: “Die volke van die aarde wend hulle tot die Verenigde Volke as die laaste hoop op harmonie en vrede; Ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om saam met hulle huldeblyk en betuiging van hoop ook Ons hulde te bring.”—The Pope’s Visit (New York, 1965), ’n spesiale verslag deur Time-Life, bl. 26.

Joh. 15:19: “[Jesus Christus het gesê:] As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.”

Jak. 4:4: “Weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie?”

Oorlogswapens word gebruik

Katolieke geskiedskrywer E. I. Watkin skryf: “Hoe pynlik die erkenning ook al is, kan ons nie in die belang van ’n valse lering of oneerlike trou die geskiedkundige feit ontken of ignoreer dat Biskoppe deurgaans al die oorloë ondersteun het wat deur die regering van hulle land gevoer is nie. Ek weet inderdaad nie van ’n enkele geval waar die hiërargie van ’n land enige oorlog as onregverdig veroordeel het nie . . . Wat die amptelike teorie ook al was, ‘my land is altyd reg’ was die beginsel wat Katolieke Biskoppe tydens oorlog in die praktyk gevolg het.”—Morals and Missiles (Londen, 1959), geredigeer deur Charles S. Thompson, bl. 57, 58.

Matt. 26:52: “Toe sê Jesus vir hom: Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.”

1 Joh. 3:10-12, NAV: “Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie . . . sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie. . . . Ons moet mekaar liefhê. Moenie soos Kain wees nie. Hy het aan die Bose behoort en het sy broer vermoor.”

Het diegene wat daarop aanspraak maak dat hulle die opvolgers van die apostels is, in die lig van die voorgaande, werklik geleer en gedoen wat Christus en sy apostels geleer en gedoen het?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel