Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/01 bl. 7
  • Let op die wonderlike werke van God

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Let op die wonderlike werke van God
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Daders van God se woord vind geluk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Vreugdevolle “daders van die woord”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Sal jy sê: “Hier is ek, stuur my”?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Hoe Jehovah ons help om met vreugde te volhard
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2001
km 2/01 bl. 7

Let op die wonderlike werke van God

1 Ons het drie wonderlike dae by die “Daders van God se woord”-streekbyeenkoms deurgebring. Ons het die daaglikse sorge van die lewe uit ons gedagtes gesit en op die wonderlike werke van Jehovah gekonsentreer. Die program is saamgestel om ons geloof in God en sy Woord te vergroot, ons verhouding met hom te versterk en ons ywer vir die bediening te vergroot. Hoe vind ons baat by die dinge wat ons geleer het?—Joh. 13:17.

2 Gesinne gehoorsaam God se woord: Die simposium “Wees gehoorsaam aan God se woord” het ons gehelp om die geestelike toestand van ons gesin te ondersoek. Kinders leer graag. Daarom is godvrugtige ouers aangemoedig om die gesinsbybelstudie die grondslag te maak waarop hulle ’n geestelike sterk huisgesin bou. Baie gesinshoofde bespreek die nuwe brosjure Jy kán God se vriend wees! met hulle jong kinders. Dit sal hulle help om ’n gelukkige en hegte verhouding met Jehovah te ontwikkel. Ouers, leer julle kinders hoe om God se gevoelens in ag te neem. Spreek jou eie liefde vir hom en sy weldade uit (Ps. 103:2). Werk saam om sinvolle skriftuurlike doelwitte te bereik wat verband hou met ’n volle deelname aan Jehovah se diens.

3 God se woord verlig ons weg: Ons was verheug om die nuwe boek Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I te ontvang. Hoe ver is jy met Deel 1 van hierdie boek? Die boek Jesaja voorspel die donker oordele oor goddelose nasies, asook die helder Koninkryksbeloftes vir God se volk (Jes. 34:2; 35:10). Dit bou ook geloof en vertroue in Jehovah en in die manier waarop hy dinge doen.—Jes. 12:2-5.

4 Wanneer ’n mens Jesaja se profesie I lees, kom jy vroeg reeds agter hoe Jesaja sy onkreukbaarheid teenoor Jehovah gehandhaaf het terwyl hy deur goddeloosheid omring is. Toe hy genooi is om God se boodskapper te wees, het Jesaja geantwoord: “Hier is ek, stuur my” (Jes. 6:8). As jy oor sy gewillige gees peins, sal dit jou aanmoedig om aan te hou om die goeie nuus te verkondig en ’n volle deelname daaraan te hê om “’n getuienis vir al die nasies” te gee.—Matt. 24:14.

5 As ons op Jehovah se werke let, sal dit sy grootheid verheerlik. Koester dus die voorreg om daders van God se woord te wees!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel