Lied 64
Geloof soos dié van Abraham
1. Gelukkig is die man wat trag
Die Bybel te ver staan;
Want God,Alwetend,ken die end
Van die begin af aan.
Om ons te troos en hoop te gee,
Is manne van weleer
Gebruik om dinge uit te beeld
Wat ons nou kan waardeer.
2. Sien jy hoe gryse Abraham
Met Isak aan sy sy
Die berg Moria saam bestyg?
Gehoorsaam moet hy bly.
Vir Abraham het God gevra
Om Isak aan te bied
As offer aan Jehovah God,
Dat Sy wil mag geskied.
3. Maar Abraham het trou gebly
En het aldus getoon
Hoe God sy eie Seun sou gee
Om sondes te verskoon.
Wil jy by daardie offer baat?
Doen net wat God jou vra;
Ja,toon geloof soos Abraham
En volg sy voorbeeld na.