Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/04 bl. 8
  • Ons kan doen wat Jehovah van ons verwag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons kan doen wat Jehovah van ons verwag
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die uitdaging van lojaliteit die hoof
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Bly na aan Jehovah se organisasie
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Die predikingswerk help ons om te volhard
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • “Laat die volharding sy werk voltooi”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2004
km 2/04 bl. 8

Ons kan doen wat Jehovah van ons verwag

1. Met watter gevoelens worstel ons miskien soms, en waarom?

1 Die beste lewenswyse vandag is een waarin ons Jehovah se wette en beginsels volg, en dit help ons om ’n goeie fondament vir ’n ewige toekoms te lê (Ps. 19:7-11; 1 Tim. 6:19). Maar Satan se wêreld onderwerp ons aan groot druk. Ons onvolmaakte vlees maak die uitdaging moeiliker. Ons voel miskien soms oorweldig wanneer ons ons skriftuurlike verantwoordelikhede probeer nakom (Ps. 40:12; 55:1-8). Ons wonder dalk selfs of ons alles kan doen wat Jehovah van ons verwag. Wat kan ons in sulke tye help om ons geestelike balans te handhaaf?

2. Hoe is Jehovah redelik in wat hy van ons verwag?

2 Jehovah se gebooie is nie swaar nie: Jehovah stel nooit onredelike eise aan ons nie. Sy gebooie is nie swaar nie, maar is vir ons beswil (Deut. 10:12, 13; 1 Joh. 5:3). Hy neem ons menslike swakhede in ag, “gedagtig dat ons stof is” (Ps. 103:13, 14). Uit barmhartigheid aanvaar God ons beste pogings om hom te dien, selfs wanneer dit deur ons omstandighede beperk word (Lev. 5:7, 11; Mark. 14:8). Hy nooi ons om ons laste op hom te werp, en hy verseker ons dat hy dit vir ons moontlik sal maak om getrou te bly.—Ps. 55:22; 1 Kor. 10:13.

3. Hoe versterk Jehovah ons om te volhard?

3 Volharding nodig: Bybelverslae oor handhawers van onkreukbaarheid soos Elia, Jeremia en Paulus toon dat volharding nodig is (Heb. 10:36). Jehovah het hulle in tye van teëspoed en ontmoediging onderskraag (1 Kon. 19:14-18; Jer. 20:7-11; 2 Kor. 1:8-11). Ons word ook aangespoor deur die lojaliteit van ons broers in hedendaagse tye (1 Pet. 5:9). As ons oor hierdie voorbeelde peins, kan dit ons help om nie moed op te gee nie.

4. Waarom is dit belangrik om God se beloftes voor oë te hou?

4 Hoop op God se beloftes is “’n anker vir die siel” (Heb. 6:19). Dit het Abraham en Sara beweeg om op versoek van Jehovah hulle tuiste te verlaat en ‘soos vreemdelinge in die land van die belofte te woon’. Dit het Moses die krag gegee om vreesloos ’n standpunt vir ware aanbidding in te neem. Dit het Jesus versterk om ’n folterpaal te verduur (Heb. 11:8-10, 13, 24-26; 12:2, 3). As ons God se belofte van ’n regverdige nuwe wêreld lewendig in ons hart hou, sal dit ons ook help om standvastig te bly.—2 Pet. 3:11-13.

5. Waarom kan dit aanmoedigend wees om na te dink oor ons eie dade van lojaliteit in die verlede?

5 As ons nadink oor ons eie dade van lojaliteit, selfopoffering en vrymoedigheid in die verlede, kan dit ons ook in ons diens aanspoor (Heb. 10:32-34). Dit herinner ons aan die vreugde wat ons ondervind wanneer ons aan Jehovah gee wat hy van ons verwag—ons heelhartige toegewydheid.—Matt. 22:37.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel