Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Ssb lied 38
  • Toon lojaliteit

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toon lojaliteit
  • Sing lofliedere voor Jehovah
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die uitdaging van lojaliteit die hoof
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Aanskou die lojales!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • “U alleen is lojaal”
    Kom nader aan Jehovah
  • Lojaliteit—Tot watter prys?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Sing lofliedere voor Jehovah
Ssb lied 38

Lied 38

Toon lojaliteit

(Psalm 18:25, NW)

1. God,Jehovah,het ’n nasie

Wat sy naam met vreugde dra.

As ’n trou en rein gemeente

Doen hul graag net wat hy vra.

By ’n voorbereide tafel

Voed hul hul met God se raad,

Want hul wil sy hart verbly met

Elk’gedagte,woord en daad.

2. Ook aan Gods lojaal’gemeente

Sal ons ons lojaal bewys.

Selfs in tye van vervolging

Sal ons doen wat God vereis.

Al sy Koninkryksbelange

Sal ons met ons mag bewaak.

As ons sien dat hul bedreig word,

Sal ons gou alarm maak.

3. Liefdevol help ons ons broeders,

Hetsy nuut of swak of bang,

Selfs met studie en met velddiens,

Want ons stel in hul belang.

Daar ons een familie uitmaak,

Handel ons nooit troueloos;

Maar in al ons omgang oral

Is ons net lojaal altoos.

4. Onbetroubaar is die wêreld,

Ons bly egter steeds lojaal

Teenoor almal wat dit toekom.

So word Satan telkemaal

As ’n leuenaar gebrandmerk,

Maar Jehovah het gelyk.

Dit verbly ons God se hart en

Ons beërf die Koninkryk.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel