Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/04 bl. 1
  • Ons gee Jehovah ons beste

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons gee Jehovah ons beste
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Lofofferandes wat Jehovah behaag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Leer uit ‘die raamwerk van die waarheid’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Bring heelhartige offerandes aan Jehovah
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Soek eers God se Koninkryk—Deur altyd lofofferandes te bring
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2004
km 4/04 bl. 1

Ons gee Jehovah ons beste

1 Jehovah se Wet aan Israel het bepaal dat diere wat aan hom geoffer word, “sonder gebrek” moes wees. ’n Dier met gebreke was onaanvaarbaar (Lev. 22:18-20; Mal. 1:6-9). En wanneer ’n offerande gebring is, het al die vet—die beste deel—aan Jehovah behoort (Lev. 3:14-16). Jehovah, as Israel se Vader en Grootse Heer, het die heel beste verdien.

2 Soos in die ou tyd, is die gehalte van ons offerandes vandag vir God van groot belang. Ons diens moet gepaste eerbied vir Jehovah weerspieël. Omstandighede verskil natuurlik van persoon tot persoon. Maar ons het goeie rede om onsself noukeurig te ondersoek om seker te maak dat ons hom ons beste gee.—Ef. 5:10.

3 Heelhartige diens: Ons bediening kan Jehovah slegs vereer en die harte van ons toehoorders raak as dit nie blote vormdiens is nie. Wanneer ons oor God en sy grootse voornemens praat, moet dit uit ’n hart vol waardering kom (Ps. 145:7). Dit beklemtoon die belangrikheid daarvan om vol te hou met ’n goeie program van persoonlike Bybellees en -studie.—Spr. 15:28.

4 Ons gee Jehovah ook ons beste wanneer ons hom navolg in sy betoning van liefde vir mense (Ef. 5:1, 2). Liefde vir mense sal ons aanspoor om soveel mense moontlik met die lewegewende boodskap van waarheid te probeer bereik (Mark. 6:34). Dit beweeg ons om persoonlike belangstelling te toon in diegene met wie ons praat. Dit laat ons voortdurend aan hulle dink ná die eerste besoek en spoor ons aan om hulle weer te besoek. Dit laat ons alles in ons vermoë doen om hulle te help om geestelik te vorder.—Hand. 20:24; 26:28, 29.

5 “’n Lofoffer”: Nog ’n manier waarop ons Jehovah ons beste gee, is deur ons ywer in die bediening. Wanneer ons goed georganiseerd is en ons ons toespits op die werk wat gedoen moet word, kan ons die tyd tot ons beskikking ten beste benut (1 Tim. 4:10). Goeie voorbereiding stel ons in staat om duidelik en oortuigend te praat, wat die kanse vergroot dat mense gunstig sal reageer (Spr. 16:21). Terwyl ons die goeie nuus aan ander bekend maak, kan ons opregte woorde tereg “’n lofoffer” genoem word.—Heb. 13:15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel