Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/04 bl. 1
  • Jongmense—Lees God se Woord!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jongmense—Lees God se Woord!
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Jongmense, fokus julle op geestelike doelwitte?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Jongmense—Verbly Jehovah se hart
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Beoefen geloof—Neem wyse besluite!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Neem besluite wat God eer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2004
km 4/04 bl. 1

Jongmense—Lees God se Woord!

1 Die jeug is ’n tyd van uitdagings en moeilike besluite. As jong Christene het baie van julle daagliks te kampe met druk om goddelike gedragstandaarde te ignoreer. Teen die tyd dat jy besluite begin neem oor geleerdheid, werk en die huwelik, moet jy reeds geestelike doelwitte gestel het. Slegs dan kan jy ander besluite neem wat ’n goeie uitwerking op die res van jou lewe sal hê. Spesifieke geestelike doelwitte sal jou help om verstandig op te tree en jou weg suksesvol te maak. As jy God se Woord gereeld lees en daaroor peins, sal dit jou beweeg om volgens die geïnspireerde raad daarin te lewe, en jou opregte pogings sal suksesvol wees.—Jos. 1:8; Ps. 1:2, 3.

2 Hoe sal jy daarby baat vind? Satan se wêreld is vol lokmiddels om ons sover te kry om verkeerd te doen (1 Joh. 2:15, 16). Jy weet dalk van klasmaats of ander van jou ouderdom wat teëspoed ondervind het omdat hulle voor portuurdruk geswig het. As jy Bybelraad gehoorsaam, sal dit jou die sedelike en geestelike krag gee om ’n sondige weg te verwerp. Verder kan die raad van God se Woord jou help om Satan se subtiele strikke te vermy (2 Kor. 2:11; Heb. 5:14). As jy in God se weë wandel, sal dit jou ware geluk verskaf—innerlike tevredenheid met jou lewe.—Ps. 119:1, 9, 11.

3 Die tydlose beginsels van God se Woord is ver verhewe bo mensewysheid (Ps. 119:98-100). As jy Bybelbeginsels goed ken en oor Jehovah se geopenbaarde voornemens peins, asook opreg tot God bid, kan dit jou help om ’n hegte verhouding met die Bybel se alwyse Outeur, Jehovah God, op te bou. Hy beloof: “Ek sal jou insig gee en jou onderrig in die weg wat jy moet gaan. Ek sal raad gee met my oog op jou.”—Ps. 32:8.

4 Maak tyd om dit te lees: Een jong Christen het dit haar doelwit gemaak om die hele Bybel deur te lees, en sy het dit binne ’n jaar gedoen. Hoe het sy daarby baat gevind? Sy sê: “Ek het soveel omtrent Jehovah geleer—dinge wat my nader aan hom laat kom het en gemaak het dat ek hom vir die res van my lewe wil vrees” (Jak. 4:8). Het jy al die hele Bybel deurgelees? Indien nie, kan jy dit gerus as ’n doelwit stel. Jehovah sal beslis jou pogings beloon, en jy sal wonderlike seëninge ontvang.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel