Lied 91
Geleer deur Jehovah
1. Jehovah God gee onderrig;
Hy skenk ons lig en waarheid.
Hy lei sy volk met groot geduld;
Sy gees gee ons meer klaarheid.
Dis tyd dat almal moet besef
Jehovah is verhewe.
Hy leer ons teer en liefdevol
En lei ons na die lewe.
Die grootste leraar wat nog ooit
Geleef het op die aarde
Was Jesus Christus,God se Seun.
Sy leer het soveel waarde!
Net soos ’n hen oor kuikens waak,
Wil Jesus ons lot veilig maak.
Soos destyds leer hy skape nou
Om God se Woord en wet te hou.
2. Die manne wat as herders dien,
Probeer met insig handel.
Die gees het hulle aangestel;
Hul leer deur woord en wandel.
Die moeësiele moet hul help;
Die koppiges teregwys.
Deur streng by God se Woord te bly
Sal hulle ons die weg wys.
Ons word vandag deur God geleer
En Jesus gee die leiding.
’n Voorreg is dit inderdaad,
Want waarheid bied bevryding.
As liefde in ons harte brand
Vir mense van elk ras en stand,
Sal ons vir hul die waarheid leer
Dat hulle hul tot God kan keer.
3. “Leer ken vandag Jehovah God”,
Sêons aan al wat lewe.
’n Onderrigtingswerk vind plaas;
Daarin is ons bedrewe.
In druk en immer mondeling
Word God se blye tyding
Gebring na elke volk en stam;
En dit bewerk ’n skeiding.
As medewerkers moet ons sorg
Dat ons geloof nou sterk bly.
Deur tred te hou met waarheidslig
Sal ons in God se werk bly.
En in die aardse paradys
Sal dooies uit die graf verrys.
Dan sal hul leer wat God vereis
Van diéwat strewe na die prys.