Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoe om voorgestelde aanbiedings te gebruik
    Koninkryksbediening — 2005 | Januarie
    • Hoe om voorgestelde aanbiedings te gebruik

      1. Hoe moet ons die voorgestelde aanbiedings wat voorsien word, beskou?

      1 Daar verskyn gereeld voorgestelde aanbiedings vir ons tydskrifte en ander publikasies in Ons Koninkryksbediening. Wanneer ons aan die bediening deelneem, hoef ons nie hierdie voorgestelde aanbiedings woord vir woord te herhaal nie. Dit word voorsien om ons ’n idee te gee van wat ons kan sê. Ons aanbieding sal gewoonlik doeltreffender wees as ons dit in ons eie woorde stel. As ons op ’n natuurlike manier praat, help dit om die huisbewoner op sy gemak te laat voel en weerspieël dit ons opregtheid en oortuiging.—2 Kor. 2:17; 1 Tess. 1:5.

      2. Waarom moet ons plaaslike gebruike in ag neem wanneer ons aanbiedings voorberei?

      2 Pas jou aanbieding aan: Die manier waarop ons die goeie nuus aanbied, hang baie van plaaslike gebruike af. Kan jy, nadat jy en die huisbewoner mekaar gegroet het, jou aanbieding ’n deel van die gesprek maak, of verwag mense in jou gebied dat jy met die deur in die huis val? Dit verskil van plek tot plek en soms selfs van mens tot mens. Ons moet ook onderskeidingsvermoë aan die dag lê wanneer ons vrae vra. Vrae wat in party plekke gepas is, laat mense in ander plekke dalk ongemaklik voel. Ons moet dus goeie oordeel aan die dag lê en ons aanbiedings aanpas by wat in ons omgewing aanvaarbaar is.

      3. Waarom moet ons die agtergrond en denkwyse van diegene met wie ons praat, in ag neem?

      3 Ons moet ook die agtergrond en denkwyse van die mense in ons gebied in ag neem wanneer ons vir velddiens voorberei. Jy sal Matteus 6:9, 10 byvoorbeeld op ’n ander manier met ’n vroom Katoliek bespreek as met iemand wat nie die “Onse Vader”-gebed ken nie. Met ’n bietjie voorafbeplanning kan ons dikwels ons aanbiedings aanpas sodat dit meer byval vind by die mense wat ons in die bediening ontmoet.—1 Kor. 9:20-23.

      4. Waarom is goeie voorbereiding noodsaaklik?

      4 Al is ons van plan om ’n voorgestelde aanbieding feitlik woord vir woord te gebruik, is daar nog steeds geen plaasvervanger vir goeie voorbereiding nie. Ons moet die artikel of hoofstuk wat ons wil gebruik, sorgvuldig lees en na gedagtes soek wat belangstelling kan wek. Sluit dit dan by die aanbieding in. Ons kan ons publikasies net geesdriftig aanbied as ons met die uitstekende inligting daarin vertroud is.

      5. Waarom sal ons dalk ’n ander aanbieding voorberei, en hoe kan ons dit doen?

      5 Ander benaderings: Mag ons net die benaderings in die voorgestelde aanbiedings gebruik? Nee. As jy gemakliker voel met ’n ander benadering of teks, kan jy dit gebruik. Veral met die tydskrifte moet jy op die uitkyk wees na geleenthede om die aandag te vestig op sekondêre artikels wat dalk vir mense in julle gebied van besondere belang sal wees. Wanneer velddiensaanbiedings by die Diensvergadering gedemonstreer moet word, kan julle reëlings tref om die benadering te demonstreer wat in julle gebied werk. So kan almal gehelp word om die goeie nuus op ’n doeltreffende wyse aan te bied.

  • Diensrapport vir September
    Koninkryksbediening — 2005 | Januarie
    • Diensrapport vir September

      Aantal Hulp- Gew.

      verk. pio. pio.

      Botswana 1 388 53 83

      Lesotho 3 008 112 268

      Namibië 1 207 32 75

      St. Helena 125 - 1

      Suid-Afrika 75 219 1 789 6 531

      Swaziland 2 166 58 179

  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Koninkryksbediening — 2005 | Januarie
    • Wat ons oor die tydskrifte kan sê

      Wagtoring 15 Jan.

      “Ons almal wil graag ’n beter lewe vir ons en ons kinders hê, maar baie voel dat dit buite ons beheer is. Dink jy ons het enige beheer oor ons toekoms? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif toon uit die Bybel dat dit nie buite ons beheer is nie, maar dat ons toekoms afhang van die keuses wat ons nou maak.” Lees Deuteronomium 30:19.

      Ontwaak! 22 Jan.

      “Wanneer ons gesondheidsprobleme het, waardeer ons almal ’n dokter wat ons gevoelens in ag neem. Maar dink jy daar is baie pasiënte wat hulle dokter se gevoelens in ag neem? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif ondersoek die uitdagings waarvoor dokters te staan kom en wat die toekoms vir die geneeskunde inhou.” Lees Jesaja 33:24.

      Wagtoring 1 Feb.

      “Is dit nie ontstellend dat soveel mense wat vandag lewe die slagoffers van onderdrukking en geweld is nie? [Meld ’n onlangse voorbeeld waarvan mense in julle gebied weet, en wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif bespreek hoe God menselewe beskou. Dit verduidelik ook hoe hy ons sal verlos van die lyding wat daar vandag bestaan.” Lees Psalm 72:12-14.

      Ontwaak! 8 Feb.

      “Een van die grootste uitdagings waarvoor ons vandag te staan kom, is stres. Voel jy ook so? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel het akkuraat voorspel dat dit die geval sou wees. [Lees 2 Timoteus 3:1.] Hierdie tydskrif bevat praktiese wenke wat jou en jou gesin kan help om stres die hoof te bied.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel