Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/05 bl. 8
  • Hoe om voorgestelde aanbiedings te gebruik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om voorgestelde aanbiedings te gebruik
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om ’n tydskrifaanbieding voor te berei
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Bied die tydskrifte aan wat van die waarheid getuig
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • As dit resultate lewer, gebruik dit!
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening​—⁠Berei jou eie tydskrifaanbieding voor
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2005
km 1/05 bl. 8

Hoe om voorgestelde aanbiedings te gebruik

1. Hoe moet ons die voorgestelde aanbiedings wat voorsien word, beskou?

1 Daar verskyn gereeld voorgestelde aanbiedings vir ons tydskrifte en ander publikasies in Ons Koninkryksbediening. Wanneer ons aan die bediening deelneem, hoef ons nie hierdie voorgestelde aanbiedings woord vir woord te herhaal nie. Dit word voorsien om ons ’n idee te gee van wat ons kan sê. Ons aanbieding sal gewoonlik doeltreffender wees as ons dit in ons eie woorde stel. As ons op ’n natuurlike manier praat, help dit om die huisbewoner op sy gemak te laat voel en weerspieël dit ons opregtheid en oortuiging.—2 Kor. 2:17; 1 Tess. 1:5.

2. Waarom moet ons plaaslike gebruike in ag neem wanneer ons aanbiedings voorberei?

2 Pas jou aanbieding aan: Die manier waarop ons die goeie nuus aanbied, hang baie van plaaslike gebruike af. Kan jy, nadat jy en die huisbewoner mekaar gegroet het, jou aanbieding ’n deel van die gesprek maak, of verwag mense in jou gebied dat jy met die deur in die huis val? Dit verskil van plek tot plek en soms selfs van mens tot mens. Ons moet ook onderskeidingsvermoë aan die dag lê wanneer ons vrae vra. Vrae wat in party plekke gepas is, laat mense in ander plekke dalk ongemaklik voel. Ons moet dus goeie oordeel aan die dag lê en ons aanbiedings aanpas by wat in ons omgewing aanvaarbaar is.

3. Waarom moet ons die agtergrond en denkwyse van diegene met wie ons praat, in ag neem?

3 Ons moet ook die agtergrond en denkwyse van die mense in ons gebied in ag neem wanneer ons vir velddiens voorberei. Jy sal Matteus 6:9, 10 byvoorbeeld op ’n ander manier met ’n vroom Katoliek bespreek as met iemand wat nie die “Onse Vader”-gebed ken nie. Met ’n bietjie voorafbeplanning kan ons dikwels ons aanbiedings aanpas sodat dit meer byval vind by die mense wat ons in die bediening ontmoet.—1 Kor. 9:20-23.

4. Waarom is goeie voorbereiding noodsaaklik?

4 Al is ons van plan om ’n voorgestelde aanbieding feitlik woord vir woord te gebruik, is daar nog steeds geen plaasvervanger vir goeie voorbereiding nie. Ons moet die artikel of hoofstuk wat ons wil gebruik, sorgvuldig lees en na gedagtes soek wat belangstelling kan wek. Sluit dit dan by die aanbieding in. Ons kan ons publikasies net geesdriftig aanbied as ons met die uitstekende inligting daarin vertroud is.

5. Waarom sal ons dalk ’n ander aanbieding voorberei, en hoe kan ons dit doen?

5 Ander benaderings: Mag ons net die benaderings in die voorgestelde aanbiedings gebruik? Nee. As jy gemakliker voel met ’n ander benadering of teks, kan jy dit gebruik. Veral met die tydskrifte moet jy op die uitkyk wees na geleenthede om die aandag te vestig op sekondêre artikels wat dalk vir mense in julle gebied van besondere belang sal wees. Wanneer velddiensaanbiedings by die Diensvergadering gedemonstreer moet word, kan julle reëlings tref om die benadering te demonstreer wat in julle gebied werk. So kan almal gehelp word om die goeie nuus op ’n doeltreffende wyse aan te bied.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel