Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/05 bl. 3
  • Alle soorte mense sal gered word

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Alle soorte mense sal gered word
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Sien jy net die uiterlike?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Sien jy net die uiterlike raak?
    Ons Koninkryksbediening—1999
  • Moenie oordeel volgens wat jy sien nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Beskou jy ander soos Jehovah hulle beskou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2005
km 4/05 bl. 3

Alle soorte mense sal gered word

1. Waarvan hang ons posisie voor God af?

1 God se onverdiende goedhartigheid het die weg tot redding gebaan. Dit is Jehovah se wil dat “alle soorte mense gered moet word en tot juiste kennis van die waarheid moet kom” (1 Tim. 2:3, 4). Ons posisie voor God hang nie af van ons ras, sosiale status, vermoëns of uiterlike nie, maar van ons beoefening van geloof in Jesus se losprysoffer (Joh. 3:16, 36). As God se medewerkers moet ons ontslae raak van enige vooroordeel, wat ons hart kan laat neig om mense te verwerp wat Jehovah bereid is om aan te neem.

2, 3. Wat kan ons help om mense nie volgens hulle voorkoms te oordeel nie?

2 Moenie oordeel nie: Jehovah kyk na mense se innerlike sonder enige kwaadwilligheid of vooroordeel (1 Sam. 16:7). Hy sien ook wat hulle kán wees. Hy beskou dus diegene wat hom wil behaag as begeerlik (Hag. 2:7). Beskou ons ander soos God hulle beskou?

3 Party mense wat ons in die bediening ontmoet, se voorkoms is moontlik vir ons skokkend. Miskien is hulle slordig of onbeskeie aangetrek, het hulle ’n onversorgde baard of ringe deur hulle neus of lippe. Party is dalk haweloos. Ander behandel ons miskien sleg. Ons moet hulle nie oordeel as mense wat waarskynlik nooit aanbidders van Jehovah sal word nie, maar eerder ’n positiewe gesindheid hê, “want ook ons was eens onverstandig, ongehoorsaam [en] mislei” (Tit. 3:3). As ons dit besef, sal ons gretig wees om vir almal te getuig, selfs vir diegene wat dalk weens hulle voorkoms onwaardig lyk.

4, 5. Wat leer ons uit die voorbeelde van Jesus en Paulus?

4 Eerste-eeuse voorbeelde: Jesus Christus het tyd geneem om diegene te help vir wie ander miskien gedink het daar geen hoop is nie (Luk. 8:26-39). Hoewel hy nooit verkeerde gebruike vergoelik het nie, het hy geweet dat mense in ’n verkeerde lewenswyse vasgevang kan word (Luk. 7:37, 38, 44-48). Hy het dus begrip getoon en is “ontroer deur innige jammerte vir hulle, want hulle was soos skape sonder ’n herder” (Mark. 6:34). Kan ons sy voorbeeld in ’n groter mate navolg?

5 Die apostel Paulus is gestenig, geslaan en in die gevangenis gegooi (Hand. 14:19; 16:22, 23). Het sulke wrede ondervindinge hom verbitterd gemaak en hom tot die slotsom laat kom dat hy sy tyd mors onder sekere nasies en etniese groepe? Glad nie. Hy het geweet dat daar onder alle etniese groepe opregtes van hart is en was vasbeslote om hulle te vind. Is dit hoe ons diegene in ons gebied beskou wat uit verskillende agtergronde en kulture kom?

6. Watter uitwerking kan ons gesindheid hê op nuwelinge by gemeentelike vergaderinge?

6 Verwelkom ander vandag: Baie van God se knegte is bly dat hulle in die gemeente verwelkom is deur broers en susters wat verder as die uiterlike gekyk het. ’n Man met vuil klere, ’n onversorgde baard en hare wat op sy skouers hang, het by ’n Koninkryksaal in Duitsland opgedaag. Hy het ’n slegte reputasie gehad. Nogtans is hy hartlik verwelkom by die vergadering. Hy was so beïndruk dat hy ’n week later weer gegaan het. Binne ’n kort tydjie het hy sy voorkoms opgeknap, opgehou rook en met die vrou getrou met wie hy ’n verhouding gehad het. Kort voor lank het hulle en hulle kinders Jehovah as ’n verenigde gesin gedien.

7. Hoe kan ons ons onpartydige God navolg?

7 Mag ons, in navolging van ons onpartydige God, almal nooi om by God se onverdiende goedhartigheid baat te vind.

[Lokteks op bladsy 3]

“God [is] nie partydig . . . nie, maar in elke nasie is die mens wat hom vrees en regverdigheid beoefen, vir hom aanneemlik.”—Hand. 10:34, 35.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel