Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/06 bl. 3
  • Hulle het ’n voorbeeld van getrouheid gestel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle het ’n voorbeeld van getrouheid gestel
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Toon waardering vir ons pioniers
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Ondersteun die pioniers
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Die seëninge van die pionierbediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 7/06 bl. 3

Hulle het ’n voorbeeld van getrouheid gestel

1 In 1937 is daar begin met ’n nuwe vorm van die voltydse diens—die spesiale pionierdiens. Bekwame manne en vroue, ervare in die Christelike bediening, het gewillig toewysings aanvaar om te dien waar die organisasie hulle ook al heen gestuur het. Nou, dekades later, stel spesiale pioniers steeds ’n navolgenswaardige voorbeeld van getrouheid.—Heb. 6:12.

2 Hulle het die voortou geneem: Spesiale pioniers het van die begin af aan die spits van die predikingswerk gestaan deur die draagbare grammofoon by die huisbewoner se deur te gebruik. Hulle het ook opnames gebruik as die grondslag vir Bybelbesprekings tydens herbesoeke. Dit is in groot stede gedoen waar gemeentes reeds gestig is. Later is spesiale pioniers na gebiede gestuur waar daar meer Koninkryksverkondigers nodig was. Hulle het teruggegaan na alle belangstellendes en Bybelstudies gehou. As gevolg van hulle ywerige inspanning is honderde nuwe gemeentes gestig. Hulle onvermoeide evangelisasie het bygedra tot die ontsaglike uitbreiding van die organisasie wat ons vandag sien (Jes. 60:22). Spesiale pioniers speel steeds ’n belangrike rol in die verkondiging van die goeie nuus “in die hele skepping wat onder die hemel is”.—Kol. 1:23.

3 Navolgenswaardig: Party spesiale pioniers is al dekades lank in die voltydse bediening. Deur die jare heen is hierdie lojale manne en vroue se geloof deur verskillende omstandighede gelouter (1 Pet. 1:6, 7). Hulle was bereid om materiële geriewe prys te gee sodat hulle kon dien op plekke waar daar ’n spesiale behoefte was. Party is nou al gevorderd in jare en sukkel met swak gesondheid, of hulle ondervind ander moeilike omstandighede (2 Kor. 4:16, 17). Tog ‘bly hulle floreer in die grysheid’ (Ps. 92:14). Hulle stel hulle vertroue in Jehovah en geniet sy seën.—Ps. 34:8; Spr. 10:22.

4 Spesiale pioniers verdien beslis ons hartlike lof. As jy die voorreg het om spesiale pioniers in julle gemeente te hê, kan jy die geleentheid benut om tyd saam met hulle deur te bring en by hulle ondervindinge baat te vind. Toon waardering vir hulle diens as getroue Koninkryksverkondigers. Word versterk deur hulle standvastigheid. Almal wat hulle geloof navolg, kan eweneens Jehovah se guns en seën geniet omdat ‘hy behae het in dié wat getrou handel’.—Spr. 12:22.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel