-
Hoe om studies met die Leer Bybel-boek te beginKoninkryksbediening — 2006 | Maart
-
-
Hoe om studies met die Leer Bybel-boek te begin
Baie van ons sal graag ’n Bybelstudie hou as ons net die studie kan begin. Die nuwe boek Wat leer die Bybel werklik? kan ons hiermee help. Die doel van die voorwoord op bladsye 3-7 is om die huisbewoner met behulp van die publikasie by ’n Bybelbespreking te betrek. Selfs dié met beperkte ondervinding in die bediening sal dit maklik kan gebruik om studies te begin.
◼ Jy kan hierdie benadering probeer deur bladsy 3 te gebruik:
Nadat jy melding gemaak het van ’n nuusbrokkie of probleem wat mense in jou gebied kwel, kan jy die huisbewoner se aandag vestig op die vetgedrukte vrae op bladsy 3 en hom vra wat hy daarvan dink. Blaai dan na bladsye 4-5.
◼ Of dalk verkies jy om te begin deur die aandag op bladsye 4-5 te vestig:
Jy kan sê: “Sou dit nie wonderlik wees as die veranderinge wat hier geïllustreer word, werklik plaasvind nie?” Of jy kan vra: “Watter van hierdie beloftes sou jy graag vervul wou sien?” Luister aandagtig na die antwoord.
As die huisbewoner in een van die tekste belangstel, kan jy hom wys wat die Bybel oor die onderwerp leer deur te kyk na die paragrawe in die boek waar daardie teks bespreek word. (Sien die venster op hierdie bladsy van die byvoegsel.) Bespreek die materiaal net soos jy tydens ’n Bybelstudie sou doen. Dit kan in vyf tot tien minute tydens die eerste besoek by die deur gedoen word.
◼ ’n Ander benadering is om uit te vind wat die persoon dink deur bladsy 6 te gebruik:
Vestig die huisbewoner se aandag op die vrae onderaan die bladsy en vra: “Het jy al ooit oor enige van hierdie vrae gewonder?” As hy belangstelling in een van die vrae toon, kan jy na die paragrawe in die boek blaai waar die vraag beantwoord word. (Sien die venster op hierdie bladsy van die byvoegsel.) Terwyl julle die inligting saam bespreek, hou jy in werklikheid ’n Bybelstudie.
◼ Bladsy 7 kan gebruik word om ’n demonstrasie van ’n Bybelstudie in te lei:
Lees die eerste drie sinne op die bladsy. Blaai dan na hoofstuk 3 en demonstreer ’n studie met behulp van paragrawe 1-3. Reël om terug te kom sodat die antwoorde op die vrae in paragraaf 3 bespreek kan word.
◼ Hoe om ’n herbesoek te reël:
Aan die einde van die eerste studie kan jy reël om die bespreking voort te sit. Jy kan eenvoudig sê: “Ons het in net ’n paar minute gesien wat die Bybel oor ’n belangrike onderwerp leer. Volgende keer kan ons praat oor [noem ’n vraag wat bespreek sal word]. Kan ek volgende week weer dieselfde tyd terugkom?”
Namate Jehovah se vasgestelde tyd nader kom, gaan hy voort om ons toe te rus vir die taak wat ons moet verrig (Matt. 28:19, 20; 2 Tim. 3:17). Laat ons hierdie wonderlike nuwe instrument goed benut om Bybelstudies te begin.
-
-
Hoe om die Leer Bybel-boek aan te biedKoninkryksbediening — 2006 | Maart
-
-
Hoe om die Leer Bybel-boek aan te bied
Hierdie byvoegsel bevat ’n verskeidenheid voorstelle om die Leer Bybel-boek aan te bied. Om dit werklik doeltreffend te gebruik, moet jy dit in jou eie woorde stel, jou benadering aanpas by die mense in jou gebied en vertroud raak met gesprekspunte in die boek. Ander aanbiedings wat prakties vir jou gebied is, kan ook gebruik word.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005, bl. 8.
Armageddon
◼ “Wanneer mense die woord ‘Armageddon’ hoor, dink baie aan grootskaalse vernietiging. Sou dit jou verbaas om uit te vind dat Armageddon eintlik iets is om na uit te sien? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Openbaring 16:14, 16.] Kyk na hierdie kommentaar oor hoe die lewe ná Armageddon sal wees.” Blaai na bladsye 82-4 en lees paragraaf 21.
Behuising
◼ “Op baie plekke het dit moeiliker geword om ’n ordentlike, bekostigbare blyplek te kry. Dink jy dat daar eendag behoorlike behuising vir almal sal wees? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Jesaja 65:21, 22 en paragraaf 20 op bladsy 34.] Hierdie publikasie verduidelik hoe hierdie belofte van God vervul sal word.”
Bybel
◼ “Mense praat dikwels van die Bybel as God se Woord. Het jy al ooit gewonder hoe ’n boek wat deur mense op skrif gestel is, tereg die Woord van God genoem kan word? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan 2 Petrus 1:21 en paragraaf 5 op bladsye 19-20.] Hierdie publikasie verskaf die Bybel se antwoorde op hierdie vrae.” Wys vir die persoon die vrae op bladsy 6.
◼ “Deesdae het mense toegang tot meer inligting as ooit tevore. Maar waar dink jy kan ons betroubare raad vind wat ons kan help om gelukkige, suksesvolle lewens te lei? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan 2 Timoteus 3:16, 17 en paragraaf 12 op bladsy 23.] Hierdie publikasie verduidelik hoe ons kan lewe op ’n manier wat God se goedkeuring wegdra en ons tot voordeel strek.” Wys vir die persoon die tabel en die prent op bladsye 122-3.
Dood/opstanding
◼ “Baie mense wonder wat werklik by die dood gebeur. Dink jy dat dit vir ons moontlik is om te weet? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Prediker 9:5 en paragrawe 5-6 op bladsye 58-9.] Hierdie boek verduidelik ook wat die Bybel se belofte van ’n opstanding sal beteken vir dié wat gesterf het.” Wys vir die persoon die prent op bladsy 75.
◼ “Wanneer ’n geliefde sterf, is dit net natuurlik dat ’n mens die persoon weer wil sien. Dink jy nie ook so nie? [Wag vir ’n antwoord.] Baie het vertroosting gevind in die Bybel se belofte van ’n opstanding. [Lees Johannes 5:28, 29 en paragrawe 16-17 op bladsy 72.] Hierdie hoofstuk beantwoord ook hierdie vrae.” Wys vir die persoon die inleidende vrae op bladsy 66.
Ewige lewe
◼ “Die meeste mense wil graag goeie gesondheid hê en ’n lang lewe geniet. Maar sou jy vir ewig wou lewe as jy kon? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Openbaring 21:3, 4 en paragraaf 17 op bladsy 54.] Hierdie boek bespreek hoe ons die ewige kan lewe verkry en hoe die lewe sal wees wanneer daardie belofte ’n werklikheid word.”
Gebed
◼ “Het jy al ooit gewonder hoe God gebede verhoor? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan 1 Johannes 5:14, 15 en paragrawe 16-18 op bladsye 170-2.] Hierdie hoofstuk verduidelik ook waarom ons tot God moet bid en wat ons moet doen om deur hom verhoor te word.”
Gesin
◼ “Almal van ons wil graag ’n gelukkige gesinslewe geniet, nie waar nie? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel praat van iets wat almal in die gesin kan doen om tot gesinsgeluk by te dra, naamlik om God na te volg in die betoning van liefde.” Lees Efesiërs 5:1, 2 en paragraaf 4 op bladsy 135.
Godsdiens
◼ “Baie mense begin nou om die wêreld se godsdienste as ’n oorsaak van die mensdom se probleme te beskou, eerder as ’n oplossing daarvoor. Dink jy dat godsdiens mense in die regte rigting lei? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Matteus 7:13, 14 en paragraaf 5 op bladsye 145-6.] Hierdie hoofstuk bespreek ses kenmerke van die soort aanbidding wat God se goedkeuring wegdra.” Wys vir die persoon die lys op bladsy 147.
Jehovah God
◼ “Baie mense wat in God glo, wil graag nader aan hom voel. Het jy geweet dat die Bybel ons nooi om nader aan hom te kom? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Jakobus 4:8a en paragraaf 20 op bladsy 16.] Hierdie publikasie is voorberei om mense te help om met behulp van hulle eie Bybel meer van God te leer.” Wys vir die persoon die inleidende vrae op bladsy 8.
◼ “Baie mense bid vir God se naam om geheilig te word. Het jy al ooit gewonder wat daardie naam is? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Psalm 83:18 en paragrawe 2-3 op bladsy 195.] Hierdie boek verduidelik wat die Bybel werklik leer omtrent Jehovah God en sy voorneme vir die mensdom.”
Jesus Christus
◼ “Mense in alle wêrelddele het al van Jesus Christus gehoor. Party sê dat hy maar net ’n uitsonderlike man was. Ander aanbid hom as God die Almagtige. Dink jy dit maak saak wat ons omtrent Jesus Christus glo?” Wag vir ’n antwoord. Lees dan Johannes 17:3 en paragraaf 3 op bladsye 37-8. Vestig die aandag op die inleidende vrae onder die hoofstuktitel.
Oorlog/vrede
◼ “Mense in alle wêrelddele smag na vrede. Dink jy dat die hoop op wêreldvrede net ’n droom is? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Psalm 46:8, 9.] Hierdie publikasie verduidelik hoe God sy voorneme sal vervul en wêreldvrede sal teweegbring.” Wys vir die persoon die prent op bladsy 35, en bespreek paragrawe 17-21 op bladsye 34-6.
Tragedie/lyding
◼ “Wanneer ’n tragedie plaasvind, twyfel baie of God werklik vir mense omgee en hulle lyding raaksien. Het jy al ooit daaroor gewonder? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan 1 Petrus 5:7 en paragraaf 11 op bladsye 11-12.] Hierdie publikasie verduidelik hoe God die mensdom se lyding heeltemal sal uitwis.” Wys die inleidende vrae op bladsy 106.
[Venster op bladsy 5]
Maniere waarop ons die bydraereëling kan meld
“As jy vandag ’n klein bydrae vir ons wêreldwye werk wil gee, sal ek dit met graagte aanvaar.”
“Hoewel ons lektuur kosteloos aangebied word, aanvaar ons wel beskeie bydraes vir ons wêreldwye werk.”
“Jy wonder dalk hoe ons dit kan bekostig om hierdie werk te doen. Dit is omdat ons wêreldwye werk deur vrywillige bydraes ondersteun word. As jy vandag ’n klein bydrae wil gee, sal ek dit met graagte aanvaar.”
-
-
(1) Vraag, (2) teks en (3) hoofstukKoninkryksbediening — 2006 | Maart
-
-
(1) Vraag, (2) teks en (3) hoofstuk
’n Eenvoudige manier om Wat leer die Bybel werklik? aan te bied, is om (1) ’n beskouingsvraag te opper, (2) ’n gepaste teks te lees en (3) die aandag te vestig op ’n hoofstuk in die boek wat daardie onderwerp bespreek deur die inleidende vrae onder die hoofstuktitel te lees. As die huisbewoner belangstelling toon, sal jy dalk ’n Bybelstudie kan demonstreer deur die eerste paar paragrawe van daardie hoofstuk te gebruik. Hierdie benadering kan gebruik word om ’n studie te begin tydens die eerste besoek of tydens ’n herbesoek.
◼ “Dink jy dit is moontlik vir nietige mense om ons almagtige Skepper te leer ken soos die Bybel hier sê?” Lees Handelinge 17:26, 27 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 1.
◼ “In die lig van die uitdagings waarvoor ons vandag te staan kom, dink jy dat dit moontlik is om die vertroosting en hoop te vind wat hier beskryf word?” Lees Romeine 15:4 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 2.
◼ “Sou jy hierdie veranderinge teweegbring as jy die mag gehad het om dit te doen?” Lees Openbaring 21:4 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 3.
◼ “Dink jy dat ons kinders ooit die toestande sal kan geniet wat in hierdie eertydse lied opgeteken is?” Lees Psalm 37:10, 11 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 3.
◼ “Dink jy dat die dag ooit sal kom wanneer hierdie woorde vervul sal word?” Lees Jesaja 33:24 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 3.
◼ “Het jy al ooit gewonder of die dooies weet wat die lewendes doen?” Wag vir ’n antwoord. Lees dan Prediker 9:5 en vestig die aandag op hoofstuk 6.
◼ “Dink jy dit is moontlik dat ons eendag ons geliefdes wat gesterf het, weer sal sien, soos Jesus in hierdie verse gesê het?” Lees Johannes 5:28, 29 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 7.
◼ “Wat dink jy sal nodig wees sodat God se wil op die aarde kan geskied soos in die hemel, soos in hierdie welbekende gebed gemeld word?” Lees Matteus 6:9, 10 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 8.
◼ “Dink jy ons lewe in die tydperk wat in hierdie profesie beskryf word?” Lees 2 Timoteus 3:1-4 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 9.
◼ “Baie mense wonder waarom dit lyk asof die mensdom se probleme al hoe erger word. Het jy al ooit hieraan gedink as ’n moontlike rede?” Lees Openbaring 12:9 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 10.
◼ “Wou jy al ooit die antwoord op ’n vraag soos dié weet?” Lees Job 21:7 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 11.
◼ “Dink jy dat die toepassing van hierdie Bybelraad mense sal help om ’n gelukkige gesinslewe te geniet?” Lees Efesiërs 5:33 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 14.
’n Bybelstudie mag gerapporteer word wanneer dit twee keer gehou is nadat die studiereëling gedemonstreer is en daar rede is om te glo dat die studie sal voortgaan.
-