Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/07 bl. 1
  • ‘Spreek die woord van God onbevrees’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Spreek die woord van God onbevrees’
  • Ons Koninkryksbediening—2007
  • Soortgelyke materiaal
  • Verkondig die goeie nuus met vrymoedigheid
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Volg Jesus na—Preek met vrymoedigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Hou aan om God se woord met vrymoedigheid te spreek
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Verkondig die goeie nuus met vrymoedigheid
    Ons Koninkryksbediening—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2007
km 4/07 bl. 1

‘Spreek die woord van God onbevrees’

1 Huiwer jy soms om vir jou geloof op te kom wanneer jy by die skool of by die werk die geleentheid kry om dit te doen? Is dit vir jou ’n uitdaging om informeel te getuig vir familielede en bure of miskien vir vreemdelinge? Wat sal ons almal help om gepaste geleenthede te benut om “die woord van God onbevrees te spreek”?—Fil. 1:14.

2 Moenie huiwer nie: Sal jy huiwer om ’n goeie vriend of ’n familielid wat vals beskuldig word, te verdedig? Jehovah, ons beste Vriend, is deur die eeue heen heeltemal verkeerd voorgestel. Ons het die unieke voorreg om ten behoewe van ons groot God te getuig! (Jes. 43:10-12). Innige liefde vir Jehovah kan ons help om gevoelens van selfbewustheid of vrees te oorkom en kan ons beweeg om vir die waarheid op te kom deur vrymoedig te getuig.—Hand. 4:26, 29, 31.

3 Onthou dat ons boodskap goeie nuus is. Diegene wat daarop ag slaan, sal blywende voordele geniet. Wanneer ons aan die waarde van die predikingswerk dink en nie aan onsself of ons teenstanders nie, sal dit ons help om met vrymoedigheid te getuig.

4 Ander se voorbeeld: Ons kan krag put uit die getroue lewenswandel van ander wat die woord van God onbevrees gespreek het. Byvoorbeeld, Henog het Jehovah se oordeel teen goddelose sondaars moedig verkondig (Jud. 14, 15). Noag het getrou getuig vir mense wat onverskillig was (Matt. 24:37-39). Eerste-eeuse Christene wat “ongeleerde en gewone mense” was, het ondanks teenstand aangehou om die predikingswerk te doen (Hand. 4:13, 18-20). In Die Wagtoring en Ontwaak! is daar dikwels lewensverhale van diegene wat in ons tyd mensevrees oorkom het en ywerige evangeliedienaars geword het deur geloof in Jehovah te beoefen.

5 Ons kan moed skep deur te dink aan die lewenswandel van getroue knegte van die ou tyd wat moeilike situasies die hoof gebied het (1 Kon. 19:2, 3; Mark. 14:66-71). “Deur middel van ons God [het hulle] die vrymoedigheid bymekaargeskraap” en onbevrees gespreek. Ons kan dit ook doen!—1 Tess. 2:2.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel