Lied 80
Goedheid
1. O, die goedheid van Jehovah
sal ons altyd vreugde gee.
Hy’s ons Vader in die hemel,
hy is goed in al sy weë.
Hy toon guns en gee genade,
meer as wat ons ooit verdien.
Hy is ons aanbidding waardig;
hy’s die God wat ons graag dien.
2. Na Gods beeld is ons geskape;
daarom kan ons deugde toon
Soos die goedheid van ons Vader,
wat oorvloedig in hom woon.
Mag Gods goedheid in ons toeneem,
sodat ons dit kan weerspieël.
Mag ons altyd sy hart bly maak
en hom dien met hart en siel.
3. Dis nie net aan broers en susters
dat ons goedheid moet betoon.
As ons goed bly doen aan almal,
sal Jehovah ons beloon.
Ons verkondig God se boodskap,
hoop dat almal dit aanvaar.
So kan ons dan God se goedheid
in ons lewe openbaar.
(Sien ook Ps. 103:10; Mark. 10:18; Gal. 5:22; Ef. 5:9.)