Lied 8
Die Heer se Aandmaal
Gedrukte weergawe
1. Jehovah, ons hemelse Vader,
dit is so ’n heilige nag!
Ja, op Nisan veertien is u glorie gesien,
U liefde, reg, wysheid en mag.
Dis toe dat die Paaslam geslag is,
en Israel, u volk, is bevry.
Later lê onse Heer toe sy siel vir ons neer
dat ons ewige lewe kan kry.
2. Vanaand het ons voor u vergader;
U knegte buig ned’rig die hoof.
Onse dank wil ons toon voor u hemelse troon,
U heilige naam wil ons loof.
Mag ons altyd hierdie Gedenkmaal,
in hart en verstand trou bewaar.
Mag ons dan elke dag met ons heel lewenskrag
ons geloof in ons Redder verklaar.
(Sien ook Luk. 22:14-20; 1 Kor. 11:23-26.)