‘Wandel deur geloof, nie deur aanskouing nie’
Kort voor die beleëring en uiteindelike vernietiging van Jerusalem het die apostel Paulus geskryf dat Christene, as goeie soldate van Christus, ontberinge moet verwag en nie prioriteit moet gee aan hulle eie gerief en genot nie (2 Tim. 2:3, 4). Rampspoed sal binnekort hierdie goddelose wêreld tref, en daarom moet ons sterk geloof hê om op geestelike dinge gefokus te bly (2 Kor. 4:18; 5:7). Kyk na die video ‘Wandel deur geloof, nie deur aanskouing nie’. (Gaan na jw.org/af en kyk onder PUBLIKASIES > VIDEO’S.) Let op hoe oormatige gehegtheid aan materiële dinge ’n dodelike strik vir Naham en Abital geword het. Beantwoord daarna die volgende vrae.
(1) Wat was “die walglike ding” wat in die eerste eeu “in ’n heilige plek” gestaan het, en wat moes Christene wat in Jerusalem gewoon het, vasbeslote wees om te doen? (Matt. 24:15, 16). (2) Waarom het dit geloof geverg om uit die stad te vlug? (3) Watter opofferings moes hulle maak om te vlug? (4) Waarom het Naham en Abital getalm? (Matt. 24:17, 18). (5) Voor watter bykomende toets van geloof het Ragel te staan gekom toe hulle Jerusalem verlaat het? (Matt. 10:34-37; Mark. 10:29, 30). (6) Hoe het Etan ’n uitstekende voorbeeld van geloof en vertroue in Jehovah gestel? (7) Watter ontberinge het Christene in Pella ondervind? (8) Hoe het Naham en Abital se geloof geleidelik verswak? (9) Hoe het Jehovah vir die Christene in Pella gesorg? (Matt. 6:33; 1 Tim. 6:6-8). (10) Hoe kan ons Abraham en Sara navolg terwyl ons die einde van hierdie stelsel van dinge tegemoetgaan? (Heb. 11:8-10). (11) Hoe het Naham en Abital hulleself oortuig om na Jerusalem terug te gaan, en waarom was hulle denkwyse verkeerd? (Luk. 21:21). (12) Hoe was die lewe werklik in Jerusalem toe Naham en Abital teruggegaan het? (13) Waarom moet ons nou ons geloof versterk—voordat die einde van hierdie stelsel van dinge kom?—Luk. 17:31, 32; 21:34-36.
Om deur geloof te wandel, beteken dat ons (1) op Jehovah se leiding vertrou, (2) toelaat dat sy leiding ons voetstappe rig en (3) toon dat geestelike dinge vir ons belangriker is as materiële dinge. Mag ons vasbeslote wees om deur geloof te wandel, vol vertroue in die belofte: “Die wêreld gaan verby en so ook sy begeerte, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.”—1 Joh. 2:17.