-
Jehovah verhoor ’n opregte gebedDie Wagtoring — 2008 | Oktober 15
-
-
17. Voor watter kritieke situasie staan die mensdom, en aan watter woorde sal ons binnekort dink?
17 Ons weet natuurlik dat die stryd nog nie oor is nie. En ons gaan voort om die goeie nuus te verkondig—selfs aan teenstanders (Matt. 24:14, 21). Maar die geleentheid wat sulke teenstanders nou het om berou te toon en redding te verkry, sal binnekort tot ’n einde kom. Die heiliging van Jehovah se naam is baie belangriker as die redding van mense. (Lees Esegiël 38:23.) Wanneer die nasies saamspan in die voorspelde aardwye poging om God se volk te vernietig, sal ons aan hierdie woorde van die psalmis se gebed dink: “Laat hulle tog vir altyd beskaamd staan en ontsteld wees, en laat hulle verleë word en vergaan.”—Ps. 83:17.
18, 19. (a) Wat wag op hardnekkige teenstanders van Jehovah se soewereiniteit? (b) Watter uitwerking het die naderende finale regverdiging van Jehovah se soewereiniteit op jou?
18 ’n Vernederende einde wag op hardnekkige teenstanders van Jehovah se soewereiniteit. God se Woord openbaar dat diegene wat “die goeie nuus . . . nie gehoorsaam nie”—en om dié rede by Armageddon tereggestel word—“ewige vernietiging” sal ondergaan (2 Tess. 1:7-9). Hulle vernietiging en die oorlewing van diegene wat Jehovah in waarheid aanbid, sal oortuigende bewys wees dat Jehovah die enigste ware God is. Hierdie groot oorwinning sal nie in die nuwe wêreld vergeet word nie. Diegene wat in die “opstanding van die regverdiges [en] die onregverdiges” terugkom, sal leer van Jehovah se groot daad (Hand. 24:15). In die nuwe wêreld sal hulle oortuigende bewys sien van hoe verstandig dit is om onder Jehovah se soewereiniteit te lewe. En sagmoediges onder hulle sal gou oortuig raak dat Jehovah die enigste ware God is.
-
-
“Dit is inderdaad God se allerheiligste en groot naam”Die Wagtoring — 2008 | Oktober 15
-
-
“Dit is inderdaad God se allerheiligste en groot naam”
Dit is wat Nicholas van Cusa gesê het in ’n preek wat hy in 1430 gelewer het.a Hy het baie belangstellings gehad en het byvoorbeeld Grieks, Hebreeus, filosofie, teologie, wiskunde en sterrekunde bestudeer. Op die ouderdom van 22 het hy ’n doktor in die kanonieke reg van die Rooms-Katolieke Kerk geword. In 1448 is hy as ’n kardinaal aangestel.
Nicholas van Cusa het ongeveer 550 jaar gelede ’n verpleeginrigting gestig vir die bejaardes in Kues, nou Bernkastel-Kues, ’n dorpie 130 kilometer suid van Bonn, in Duitsland. Hierdie selfde gebou bevat nou Cusa se biblioteek van meer as 310 manuskripte. Een daarvan is die Codex Cusanus 220 waarin Cusa se preek van 1430 gevind kan word. In hierdie preek, In principio erat verbum (In die begin was die Woord) het Nicholas van Cusa die Latynse spelling Iehoua vir Jehovah gebruik.b Bladsy 56 bevat die volgende verklaring aangaande God se naam: “Dit is godgegewe. Dit is die Tetragrammaton, d.w.s. die naam wat uit vier letters bestaan. . . . Dit is inderdaad God se allerheiligste en groot naam.” Nicholas van Cusa se verklaring stem ooreen met die feit dat God se naam in die oorspronklike teks van die Hebreeuse Geskrifte voorkom.—Eks. 6:3.
Hierdie kodeks uit die vroeë 15de eeu is een van die oudste bestaande dokumente waarin die Tetragrammaton met “Iehoua” weergegee word. Hierdie skriftelike getuienis is verdere bewys dat vorme van God se naam soortgelyk aan “Jehovah” al eeue lank die algemeenste vertaling van God se naam in die letterkunde is.
-