Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwbr17 Mei bl. 1
  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek
  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek (2017)
  • Onderhofies
  • 1-7 MEI
  • 8-14 MEI
  • 15-21 MEI
  • 22-28 MEI
  • 29 MEI–4 JUNIE
Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek (2017)
mwbr17 Mei bl. 1

Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek

1-7 MEI

SKATTE UIT GOD SE WOORD | JEREMIA 32-34

“’n Teken dat Israel herstel sou word”

(Jeremia 32:6-9) En Jeremia het gesê: “Die woord van Jehovah het tot my gekom en gesê: 7 ‘Kyk, Hanaʹmel, die seun van Sallum, jou oom aan vaderskant, kom na jou toe om te sê: “Koop vir jou my stuk grond wat in Aʹnatot is, want die terugkoopreg behoort aan jou om dit te koop.”’” 8 Na ’n ruk het Hanaʹmel, die seun van my oom aan vaderskant, volgens die woord van Jehovah na my toe gekom in die Voorhof van die Lyfwag en vir my gesê: “Koop asseblief my stuk grond wat in Aʹnatot is, wat in die land van Benjamin is, want die erfbesitreg is joune, en die terugkoopreg is joune. Koop dit vir jou.” Daarop het ek geweet dat dit die woord van Jehovah was. 9 Toe het ek by Hanaʹmel, die seun van my oom aan vaderskant, die stuk grond gekoop wat in Aʹnatot was. En ek het vir hom die geld begin afweeg: sewe sikkels en tien silwerstukke.

(Jeremia 32:15) Want só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: ‘Huise en grond en wingerde sal weer in hierdie land gekoop word.’”

it-1-E 105 ¶2

Anatot

Jeremia het uit Anatot gekom, maar hy was onder sy eie volk nie as ’n profeet geëer nie, want hulle het sy lewe bedreig omdat hy Jehovah se boodskap van waarheid verkondig het (Jer 1:1; 11:21-23; 29:27). Jehovah het derhalwe rampspoed vir die stad voorspel, en dit het op die bestemde tyd plaasgevind toe Babilon die land verwoes het (Jer 11:21-23). Voor die val van Jerusalem het Jeremia sy wetlike regte gebruik om sy neef se stuk grond in Anatot te koop as ’n teken dat daar ’n terugkeer uit ballingskap sou wees (Jer 32:7-9). Onder die eerste groep wat saam met Serubbabel uit ballingskap teruggekeer het, was 128 manne uit Anatot; en Anatot is een van die stede wat weer bewoon is. Dus is Jeremia se profesie vervul.—Esr 2:23; Ne 7:27; 11:32.

8-14 MEI

SKATTE UIT GOD SE WOORD | JEREMIA 35-38

“Ebed-Meleg—’n Voorbeeld van moed en goedhartigheid”

(Jeremia 38:4-6) En die vorste het vir die koning begin sê: “Laat hierdie man asseblief doodgemaak word, want so maak hy die hande van die krygsmanne wat in hierdie stad oorgebly het en die hande van die hele volk slap, deur volgens hierdie woorde met hulle te praat. Want hierdie man soek nie die vrede van hierdie volk nie, maar rampspoed.” 5 Toe het koning Sedekiʹa gesê: “Kyk! Hy is in julle hande. Want daar is hoegenaamd niks waarin die koning die oorhand oor julle kan kry nie.” 6 Toe het hulle Jeremia geneem en hom in die reënput van Malkiʹa, die seun van die koning, gegooi, wat in die Voorhof van die Lyfwag was. En hulle het Jeremia met toue laat afsak. En in die reënput was daar geen water nie, maar modder; en Jeremia het in die modder begin wegsink.

it-2-E 1228 ¶3

Sedekia

Toe die vorste later gevra het dat Jeremia doodgemaak moet word omdat hy volgens hulle die moraal van die mense verswak het, het Sedekia gesê: “Kyk! Hy is in julle hande. Want daar is hoegenaamd niks waarin die koning die oorhand oor julle kan kry nie.” Dit het gewys dat Sedekia ’n baie swak heerser was. Maar na die tyd het Sedekia Ebed-Meleg toegelaat om Jeremia te red en het hy vir hom gesê om 30 manne saam te neem om hom te help. Later het Sedekia weer persoonlik met Jeremia gepraat. Hy het hom daarvan verseker dat hy die profeet nie sou doodmaak of hom sou oorgee aan dié wat sy lewe soek nie. Maar Sedekia was bang dat die Jode wat na die Galdeërs oorgeloop het, sou wraak neem, en daarom het hy nie Jeremia se goddelike raad aanvaar om hom aan die vorste van Babilon oor te gee nie. En om verder te wys hoe bang hy was, het hy gevra dat Jeremia nie vir die agterdogtige vorste moet sê waaroor hy en die koning gepraat het nie.—Jer 38:1-28.

Soek na geestelike skatte

(Jeremia 35:19) Daarom, só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: “Daar sal vir Joʹnadab, die seun van Regab, nie ’n man ontbreek wat altyd voor my sal staan nie.”

it-2-E 759

Regabiete

Jehovah was bly oor hulle eerbiedige gehoorsaamheid. Hulle onwankelbare gehoorsaamheid aan ’n aardse vader het verskil van die Judeërs se ongehoorsaamheid aan hulle Skepper (Jer 35:12-16). God het hierdie wonderlike belofte aan die Regabiete gemaak: “Daar sal vir Joʹnadab, die seun van Regab, nie ’n man ontbreek wat altyd voor my sal staan nie.”—Jer 35:19.

15-21 MEI

SKATTE UIT GOD SE WOORD | JEREMIA 39-43

“Jehovah sal elkeen volgens sy werke vergeld”

(Jeremia 39:4-7) En net toe Sedekiʹa, die koning van Juda, en al die krygsmanne hulle sien, het hulle begin vlug en in die nag uit die stad uitgegaan met die pad na die tuin van die koning, deur die poort tussen die twee mure; en hulle het uitgegaan met die pad na die Aʹraba. 5 En ’n krygsmag van die Galdeërs het hulle agternagesit, en hulle het Sedekiʹa in die woestynvlaktes van Jeʹrigo ingehaal. Toe het hulle hom geneem en hom gebring na Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, in Ribla, in die land Hamat, sodat hy regterlike beslissings oor hom kon uitspreek. 6 En die koning van Babilon het die seuns van Sedekiʹa voor sy oë in Ribla doodgemaak, en die koning van Babilon het al die edeles van Juda doodgemaak. 7 En hy het die oë van Sedekiʹa verblind, waarna hy hom met koperboeie gebind het om hom na Babilon te bring.

it-2-E 1228 ¶4

Sedekia

Die val van Jerusalem. Uiteindelik (607 VHJ) in “die elfde jaar van koning Sedekiʹa, op die negende dag van die vierde maand”, is daar tot in Jerusalem deurgebreek. Koning Sedekia en die krygsmanne het in die nag gevlug. Koning Sedekia is in die woestynvlaktes van Jerigo ingehaal en na Nebukadnesar in Ribla geneem. Sedekia se seuns is voor sy oë doodgemaak. Omdat hy omtrent 32 jaar oud was, moes sy seuns nog redelik jonk gewees het. Nadat Sedekia gesien het hoe sy seuns doodgemaak is, is sy oë verblind en is hy met koperboeie gebind en na Babilon geneem waar hy in die tronk gesterf het.—2Kn 25:2-7; Jer 39:2-7; 44:30; 52:6-11; vergelyk Jer 24:8-10; Ese 12:11-16; 21:25-27.

(Jeremia 40:1-6) Die woord wat van Jehovah tot Jeremia gekom het nadat Nebusaraʹdan, die hoof van die lyfwag, hom uit Rama weggestuur het, toe hy hom laat haal het terwyl hy met handboeie gebind was onder al die ballinge van Jerusalem en van Juda, wat in ballingskap na Babilon weggevoer sou word. 2 Toe het die hoof van die lyfwag Jeremia geneem en vir hom gesê: “Jehovah jou God het hierdie rampspoed teen hierdie plek gespreek, 3 sodat Jehovah dit waar sou laat word en sou doen net soos hy gespreek het, omdat julle teen Jehovah gesondig het en sy stem nie gehoorsaam het nie. En dit het oor julle gekom. 4 En nou, kyk! ek het jou vandag losgemaak van die handboeie wat aan jou hande was. As dit goed is in jou oë om saam met my na Babilon te gaan, kom, en ek sal my oog op jou hou. Maar as dit sleg is in jou oë om saam met my na Babilon te gaan, laat dit staan. Kyk! Die hele land is voor jou. Waarheen dit ook al goed en reg is in jou oë om te gaan, gaan daarheen.” 5 En hy het nog nie besluit om terug te keer nie, toe het Nebusaraʹdan gesê: “Keer tog terug na Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, die seun van Safan, wat die koning van Babilon oor die stede van Juda aangestel het, en woon by hom onder die volk; of gaan waarheen dit ook al reg is in jou oë om te gaan.”En die hoof van die lyfwag het hom toe voedsel en ’n geskenk gegee en hom laat gaan. 6 En Jeremia het by Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, in Mispa gekom en by hom gaan woon onder die volk wat in die land oorgebly het.

it-2-E 482

Nebusaradan

Op bevel van Nebukadnesar het Nebusaradan Jeremia vrygestel en vriendelik met hom gepraat. Hy het Jeremia die keuse gegee om te besluit wat hy wou doen en selfs aangebied om na hom om te sien en hom van kos te voorsien. Nebusaradan was ook ’n woordvoerder vir die koning van Babilon toe hy Gedalja as goewerneur oor die oorblywende Jode aangestel het (2Kn 25:22; Jer 39:11-14; 40:1-7; 41:10). Ongeveer vyf jaar later, in 602 VHJ, het Nebusaradan die ander Jode wat waarskynlik na die omliggende gebiede gevlug het in ballingskap weggevoer.—Jer 52:30.

Soek na geestelike skatte

(Jeremia 43:6, 7) ja, die manne en die vrouens en die kindertjies en die dogters van die koning en elke siel wat Nebusaraʹdan, die hoof van die lyfwag, laat agterbly het by Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, die seun van Safan, asook die profeet Jeremia en Barug, die seun van Neriʹa. 7 En hulle het uiteindelik in Egipteland gekom, want hulle het nie die stem van Jehovah gehoorsaam nie; en hulle het geleidelik tot by Tagpanʹhes gekom.

it-1-E 463 ¶4

Chronologie

Jerusalem is die laaste keer beleër in die 9de jaar van Sedekia (609 VHJ), en die stad het in sy 11de jaar geval (607 VHJ). Dit het ooreengekom met die 19de jaar van Nebukadnesar se werklike koningskap (as ons begin tel van die jaar van sy troonbestyging in 625 VHJ) (2Kn 25:1-8). In die vyfde maand van daardie jaar (die maand Ab, wat ooreenkom met dele van Julie en Augustus) is die stad aan die brand gesteek, die mure afgebreek en die meeste mense in ballingskap weggevoer. Maar “party van die geringes van die land” is toegelaat om agter te bly. Hulle het daar gebly totdat Gedalja, wat deur Nebukadnesar aangestel was, vermoor is. Daarna het hulle na Egipte gevlug en Juda is heeltemal woes gelaat (2Kn 25:9-12, 22-26). Dit was in die sewende maand Etanim (of Tisjri, wat ooreenkom met September en Oktober). Die 70 jaar van verwoesting moes dus omtrent 1 Oktober 607 VHJ begin het en in 537 VHJ geëindig het. Teen die sewende maand van die laasgenoemde jaar het die eerste van die Jode wat teruggekeer het, in Juda aangekom. Dit was 70 jaar na die begin van die algehele verwoesting van die land.—2Kr 36:21-23; Esr 3:1.

22-28 MEI

SKATTE UIT GOD SE WOORD | JEREMIA 44-48

Soek na geestelike skatte

(Jeremia 48:13) En die Moabiete sal beskaamd moet staan oor Kamos, net soos die huis van Israel beskaamd gestaan het oor Bet-El, hulle vertroue.

it-1-E 430

Kamos

Toe die profeet Jeremia rampspoed vir Moab voorspel het, het hy gesê dat hulle vernaamste god Kamos, asook sy priesters en vorste in ballingskap weggevoer sou word. Die Moabiete sou beskaamd staan omdat hulle god magteloos was net soos die Isrealiete van die tienstammeryk skaam was oor Bet-El, waarskynlik as gevolg van hulle kalfaanbidding.—Jer 48:7, 13, 46.

(Jeremia 48:42) “‘En Moab sal beslis verdelg word, sodat hy nie meer ’n volk is nie, want teen Jehovah het hy hom baie groot gehou.

it-2-E 422 ¶2

Moab

Die akkurate vervulling van die profesieë oor Moab kan nie ontken word nie. Die Moabiete het eeue gelede ophou bestaan as ’n nasie (Jer 48:42). Moabitiese stede soos Nebo, Hesbon, Aroër, Bet-Gamul en Baäl-Meon is nou net puinhope. Baie ander plekke is vandag nie meer bekend nie.

29 MEI–4 JUNIE

SKATTE UIT GOD SE WOORD | JEREMIA 49-50

“Jehovah seën dié wat nederig is en straf dié wat verwaand is”

(Jeremia 50:29-32) “ROEP boogskutters teen Babilon op, almal wat die boog trap. Slaan rondom teen hom kamp op. Laat niemand ontkom nie. Vergeld hom volgens sy dade. Doen aan hom volgens alles wat hy gedoen het. Want teen Jehovah het hy vermetel gehandel, teen die Heilige van Israel. 30 Daarom sal sy jong manne op sy openbare pleine val, en selfs al sy krygsmanne sal in dié dag tot swye gebring word”, is die woord van Jehovah. 31 “Kyk! Ek is teen jou, o Vermetelheid”, is die woord van die Soewereine Heer, Jehovah van die leërs, “want jou dag sal kom, die tyd dat ek aandag aan jou sal skenk. 32 En Vermetelheid sal beslis struikel en val, en hy sal niemand hê om hom op te help nie. En ek sal ’n vuur in sy stede aansteek, en dit sal sy hele omgewing verteer.”

it-1-E 54

Teenstander

Wanneer God se volk ontrou was, het hy toegelaat dat hulle teenstanders hulle plunder en verslaan (Ps 89:42; Klg 1:5, 7, 10, 17; 2:17; 4:12). Hulle vyande het egter die verkeerde gevolgtrekking gemaak wanneer hulle hierdie oorwinnings behaal het. Hulle het geglo dat hulle hierdie oorwinnings self behaal het en hulle gode daarvoor geprys. Hulle het nie gedink dat hulle rekenskap sal moet gee van hoe hulle Jehovah se volk behandel het nie (De 32:27; Jer 50:7). Daarom moes Jehovah hierdie trotse en grootpraterige teenstanders verneder (Jes 1:24; 26:11; 59:18; Na 1:2); en hy het dit gedoen ter wille van sy heilige naam.—Jes 64:2; Ese 36:21-24.

Soek na geestelike skatte

(Jeremia 49:1, 2) Oor die kinders van Ammon het Jehovah die volgende gesê: “Het Israel geen kinders nie, of het hy geen erfgenaam nie? Waarom het Malkam Gad in besit geneem en het sy volk in Israel se stede gaan woon?” 2 “‘Daarom, kyk! daar kom dae’, is die woord van Jehovah, ‘en ek sal die alarmsein van die oorlog teen Rabba van die kinders van Ammon laat hoor; en hy sal beslis ’n puinhoop word, ’n verlate woesteny, en sy afhanklike dorpe sal met vuur aan die brand gesteek word.’“‘En Israel sal dié in besit neem wat hom in besit geneem het’, het Jehovah gesê.

it-1-E 94 ¶6

Ammoniete

Nadat die noordelike koninkryk van Israel deur Tiglat-Pileser III en een van sy opvolgers weggevoer is (2Kn 15:29; 17:6), het die Ammoniete waarskynlik begin om die gebied van die stam van Gad te beset, waarvoor hulle sonder welslae teen Jefta geveg het. (Vergelyk Ps 83:4-8.) In Jehovah se profetiese boodskap deur Jeremia word die Ammoniete gestraf omdat hulle die Gadiete se erfenis in besit geneem het, en hulle word gewaarsku dat Ammon en sy god Malkam (Milkom) vernietig sal word (Jer 49:1-5). Gedurende die laaste jare van die Judese koninkryk onder koning Jojakim het die Ammoniete selfs verder gegaan deur rowerbendes na Juda te stuur om hulle te teister.—2Kn 24:2, 3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel