Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwbr19 Mei bl. 1-2
  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek
  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek (2019)
  • Onderhofies
  • 6-12 MEI
  • 20-26 MEI
  • 27 MEI – 2 JUNIE
Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek (2019)
mwbr19 Mei bl. 1-2

Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek

6-12 MEI

SKATTE UIT GOD SE WOORD | 2 KORINTIËRS 4-6

“Ons gee nie moed op nie”

(2 Korintiërs 4:17) Want al is die verdrukking kortstondig en lig, bewerk dit vir ons ’n heerlikheid wat van al hoe meer oortreffende gewig en ewig is;

it-1-E 724-725

Volharding

Dit is ook belangrik dat ons nooit moet vergeet van die Christelike hoop nie, die ewige lewe waar daar geen sonde sal wees nie. Selfs al maak ons vervolgers ons dood, kan hulle nie hierdie hoop van ons wegneem nie (Ro 5:4, 5; 1Te 1:3; Op 2:10). Die swaarkry en lyding van vandag sal soos ’n druppel in die emmer wees as dit vergelyk word met die vervulling van daardie wonderlike hoop (Ro 8:18-25). Enige lyding en swaarkry, maak nie saak hoe erg dit op daardie stadium is nie, is “kortstondig en lig” as dit met die ewigheid vergelyk word (2Kor 4:16-18). Iemand wat in gedagte hou dat beproewinge net tydelik is en wat stewig aan die hoop vashou wat ons as Christene het, sal nie moed opgee en dalk selfs ontrou word aan Jehovah God nie.

20-26 MEI

SKATTE UIT GOD SE WOORD | 2 KORINTIËRS 11-13

Soek na geestelike skatte

(2 Korintiërs 13:12) Groet mekaar met ’n heilige kus.

it-2-E 177

Soen

Die “heilige kus”. Vroeë Christene het mekaar met ’n “heilige kus” (Ro 16:16; 1Kor 16:20; 2Kor 13:12; 1Te 5:26) of ’n “liefdeskus” (1Pe 5:14) gegroet. Persone van dieselfde geslag het mekaar moontlik so gegroet. Hierdie soengroet waarmee vroeë Christene mekaar gegroet het, is dalk dieselfde as dié waarmee die eertydse Hebreërs mekaar gegroet het. Al gee die Bybel geen besonderhede hieroor nie, was die “heilige kus” of “liefdeskus” waarskynlik ’n teken van die heilsame liefde en eenheid in die Christengemeente. – Joh 13:34, 35.

27 MEI – 2 JUNIE

SKATTE UIT GOD SE WOORD | GALASIËRS 1-3

“Ek het hom van aangesig tot aangesig teëgestaan”

(Galasiërs 2:11-14) Toe Sefas egter na Antiogiʼë gekom het, het ek hom van aangesig tot aangesig teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het. 12 Want voordat sekere manne van Jakobus af daar aangekom het, het hy altyd saam met mense van die nasies geëet; maar toe hulle daar aankom, het hy hom onttrek en hom afgesonder uit vrees vir dié van die besnede klas. 13 Die res van die Jode het ook by hom aangesluit in hierdie geveins, sodat selfs Barʼnabas deur hulle geveins meegesleep is. 14 Maar toe ek sien dat hulle nie reguit wandel volgens die waarheid van die goeie nuus nie, het ek voor hulle almal vir Sefas gesê: “As jy, hoewel jy ’n Jood is, soos die nasies lewe en nie soos die Jode nie, hoe is dit dat jy mense van die nasies dwing om volgens die Joodse gebruik te lewe?”

it-2-E 587

Petrus het ’n rukkie hierna self na Siriese Antiogië gekom en met die nie-Joodse Christene geassosieer. Maar toe sekere Jode uit Jerusalem daar aangekom het, het hy klaarblyklik voor mensevrees geswig en hom aan die nie-Jode onttrek. Deur dit te doen, het Petrus nie na die leiding van die gees geluister nie, want vir God het vleeslike verskille nie saak gemaak nie. Selfs Barnabas het in hierdie strik getrap. Toe Paulus dit sien, het hy Petrus moedig in die openbaar tereggewys omdat sy optrede nadelig sou wees en sou keer dat die Christelike geloof vooruitgang maak.—Ga 2:11-14.

Soek na geestelike skatte

(Galasiërs 3:1) O onverstandige Galasiërs, wie het julle onder ’n bose invloed gebring, julle voor wie se oë Jesus Christus openlik uitgebeeld is as aan die paal gehang?

it-1-E 880

Galasiërs, Brief aan die

Paulus se uitroep “O onverstandige Galasiërs” bewys geensins dat hy net ’n sekere etniese groep in gedagte gehad het wat uitsluitlik van Galliese afkoms in die noordelike deel van Galasië was nie (Ga 3:1). Paulus het eerder sekeres in die gemeente bestraf omdat hulle toegelaat het dat hulle beïnvloed word deur die Judaïseerders onder hulle. Hierdie Jode het die Mosaïese reëling gebruik om hulle eie regverdigheid te soek in plaas van die ‘regverdigheid deur geloof’ waarvoor die nuwe verbond voorsiening gemaak het (2:15 – 3:14; 4:9, 10). “Die gemeentes van Galasië” (1:2) vir wie Paulus geskryf het, het uit verskillende rasse bestaan. Daar was Jode en nie-Jode, en die nie-Jode het bestaan uit besnede proseliete en onbesnede heidene, waarvan party waarskynlik ook van Keltiese afkoms was (Han 13:14, 43; 16:1; Ga 5:2). Hy het hulle gesamentlik as Galatiese Christene aangespreek omdat die gebied waar hulle gewoon het as Galasië bekend gestaan het. Paulus se brief was spesifiek gerig aan diegene wat hy goed geken het in die suidelike deel van hierdie Romeinse provinsie, en nie aan algehele vreemdelinge in die noordelike deel wat hy waarskynlik nooit besoek het nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel