Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwbr19 April bl. 1-2
  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek
  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek (2019)
  • Onderhofies
  • 8-14 APRIL
  • 22-28 APRIL
  • 29 APRIL – 5 MEI
Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek (2019)
mwbr19 April bl. 1-2

Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek

8-14 APRIL

SKATTE UIT GOD SE WOORD | 1 KORINTIËRS 10-13

Soek na geestelike skatte

(1 Korintiërs 11:5, 6) maar elke vrou wat met ’n onbedekte hoof bid of profeteer, doen haar hoof skande aan, want dit is een en dieselfde asof sy ’n vrou met ’n geskeerde hoof is. 6 Want as ’n vrou haar nie bedek nie, laat haar hare dan ook afgesny word; maar as dit vir ’n vrou ’n skande is as haar hare afgesny of geskeer is, laat sy haar dan bedek.

(1 Korintiërs 11:10) Daarom behoort die vrou ’n teken van gesag op haar hoof te hê weens die engele.

w15-E 2/15 30

Vrae van lesers

Moet ’n vroulike Koninkryksverkondiger ’n hoofbedekking dra as sy ’n Bybelstudie in die teenwoordigheid van ’n manlike verkondiger hou?

▪ In ’n “Vrae van lesers”-artikel wat in Die Wagtoring van 15 Julie 2002 verskyn het, het dit gesê dat ’n suster ’n hoofbedekking moet dra wanneer sy ’n Bybelstudie in die teenwoordigheid van ’n manlike verkondiger hou, of hy nou gedoop is of nie. Verdere ondersoek het gewys dat dit nodig is om hierdie riglyn aan te pas.

Die suster moet beslis ’n hoofbedekking dra as die manlike verkondiger wat by haar is wanneer sy ’n gevestigde Bybelstudie hou, gedoop is. So wys sy respek vir Jehovah se hoofskapreëling in die Christengemeente omdat sy ’n rol vervul wat gewoonlik die verantwoordelikheid van die broer sou wees (1 Kor. 11:5, 6, 10). Anders kan sy die broer vra om die studie te hou, as hy bekwaam is en dit kan doen.

Maar as ’n suster ’n gevestigde Bybelstudie hou en ’n ongedoopte manlike verkondiger, wat nie haar man is nie, gaan saam met haar, word daar nie skriftuurlik van haar vereis om ’n hoofbedekking te dra nie. Tog sal party susters se gewete hulle beweeg om selfs in hierdie situasie ’n hoofbedekking te dra.

22-28 APRIL

SKATTE UIT GOD SE WOORD | 1 KORINTIËRS 14-16

Soek na geestelike skatte

(1 Korintiërs 15:53) Want hierdie verderflike moet hom met onverderflikheid beklee, en hierdie sterflike moet hom met onsterflikheid beklee.

it-1-E 1197-1198

Onverderflikheid

Jesus se mede-erfgename sal dieselfde opstanding as hy kry in die sin dat hulle nie net tot ewige lewe as geesskepsele opgewek sal word nie, maar ook onsterflikheid en onverderflikheid sal kry. Hulle het met verderflike menseliggame gelewe, getrou gedien en gesterf, maar ontvang nou onverderflike geesliggame, soos Paulus duidelik sê in 1 Korintiërs 15:42-54. Onsterflikheid verwys klaarblyklik na die gehalte van die lewe wat hulle het, naamlik dat dit oneindig en onvernietigbaar is, terwyl onverderflikheid blykbaar verwys na die organisme of liggaam wat God vir hulle gee, wat in wese onverganklik en onvernietigbaar is. Dit lyk dus asof God hulle die vermoë gee om hulleself onafhanklik van uitwendige energiebronne aan die lewe te hou, in teenstelling met sy ander skepsele, of hulle nou vleeslike of geesskepsele is. Dit is ’n treffende bewys van God se vertroue in hulle. Maar hierdie onafhanklike en onvernietigbare toestand beteken nie dat hulle nie meer onder God se beheer is nie; hulle, net soos hulle Hoof Christus Jesus, onderwerp hulle steeds aan hulle Vader se wil en leiding. – 1Kor 15:23-28; sien “immortality”; “soul” in it-1-E en it-2-E.

29 APRIL – 5 MEI

SKATTE UIT GOD SE WOORD | 2 KORINTIËRS 1-3

Soek na geestelike skatte

(2 Korintiërs 1:22) Hy het ook sy seël op ons gedruk en ons die pand van wat gaan kom, dit wil sê die gees, in ons harte gegee.

w16.04-E 32

Vrae van lesers

Wat is die “pand” en die “seël” wat elke gesalfde Christen by God kry? – 2 Kor. 1:21, 22.

▪ Pand: Volgens een naslaanwerk was die Griekse woord wat in 2 Korintiërs 1:22 met “pand” vertaal word “’n tegniese wetlike en kommersiële woord”. Dit beteken “eerste paaiement, deposito, ’n kontantbetaling of ’n waarborg, wat ’n deel van die koopprys vooruit betaal. Dit het die persoon se wetlike aanspraak op die spesifieke item verseker of ’n kontrak wettig gemaak.” In die geval van gesalfdes beskryf 2 Korintiërs 5:1-5 dat die volle betaling, of beloning, beteken dat hulle onverderflike hemelse liggame verkry. Die beloning sluit ook in dat hulle die geskenk van onsterflikheid ontvang. – 1 Kor. 15:48-54.

Iets soortgelyks word in moderne Grieks gebruik wanneer daar van ’n verloofring gepraat word. Dit is ’n gepaste illustrasie vir diegene wat deel van Christus se figuurlike vrou gaan word. – 2 Kor. 11:2; Op. 21:2, 9.

▪ Seël: In die verlede is ’n seël as ’n handtekening gebruik om te bewys dat iets aan iemand behoort, dat dit eg is of om ’n ooreenkoms wettig te maak. Die gesalfdes word figuurlik deur die heilige gees “verseël”, of gebrandmerk, om te wys dat hulle aan God behoort (Ef. 1:13, 14). Maar hierdie verseëling word nie permanent gemaak tot ’n rukkie voordat die persoon getrou sterf of ’n rukkie voordat die groot verdrukking begin nie. – Ef. 4:30; Op. 7:2-4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel