Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwbr20 Maart bl. 1-4
  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek
  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek (2020)
  • Onderhofies
  • 2-8 MAART
  • 16-22 MAART
  • 23-29 MAART
  • 30 MAART – 5 APRIL
Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek (2020)
mwbr20 Maart bl. 1-4

Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek

2-8 MAART

SKATTE UIT GOD SE WOORD | GENESIS 22-23

Soek na geestelike skatte

(Genesis 22:12) Toe het hy gesê: “Moenie die seun seermaak nie en moet niks aan hom doen nie, want nou weet ek dat jy God vrees omdat jy jou seun, jou enigste seun, nie van my teruggehou het nie.”

it-1-E 853 ¶5-6

Voorkennis, voorbestemming

Selektiewe gebruik van voorkennis. Die alternatief vir predestinasie, wat die selektiewe gebruik van God se voorkennis is, sal moet ooreenstem met God se eie regverdige standaarde en ook met wat hy oor homself in sy Woord openbaar. In teenstelling met die teorie van predestinasie, is daar verskeie tekste wat wys dat God eers na ’n situasie kyk wat op daardie oomblik plaasvind, dit dan ondersoek en daarna ’n besluit neem wat op daardie ondersoek gebaseer is.

Genesis 11:5-8 wys dat God na die aarde gekyk het en gesien het wat by Babel gebeur en toe, op daardie oomblik, besluit het wat hy gaan doen om daardie goddelose projek stop te sit. Nadat Sodom en Gomorra goddeloos geword het, het Jehovah vir Abraham vertel van sy besluit om dit (deur middel van sy engele) te ondersoek. Hy het gesê: “Ek sal . . . sien of die klagte wat ek gehoor het, waar is en of hulle dade werklik so goddeloos is. Ek wil uitvind of dit so is of nie” (Ge 18:20-22; 19:1). God het gesê dat hy ‘Abraham wou leer ken’, en nadat Abraham sover gegaan het as om Isak te probeer offer, het Jehovah gesê: “Want nou weet ek dat jy God vrees omdat jy jou seun, jou enigste seun, nie van my teruggehou het nie.” – Ge 18:19; 22:11, 12; vergelyk Ne 9:7, 8; Ga 4:9.

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

it-1-E 604 ¶5

Hoe kon Abraham voor die dood van Christus as regverdig beskou word?

So ook is Abraham weens sy geloof, tesame met werke, “as regverdig beskou [gesien, erken of gereken]” (Ro 4:20-22). Dit beteken nie dat hy en ander getroue manne uit voor-Christelike tye volmaak of sonder sonde was nie. Maar omdat hulle geloof gehad het in God se belofte oor die “nageslag” en hulle hulle bes probeer het om God te gehoorsaam is hulle nie, soos die res van die mensdom, deur God as onregverdig gesien nie (Ge 3:15; Ps 119:2, 3). Anders as die res van die mensdom wat van God vervreemd was, het Jehovah hulle liefdevol as onskuldig beskou (Ps 32:1, 2; Ef 2:12). Omdat hulle geloof so sterk was, kon God saam met sulke onvolmaakte mense werk en hulle seën en nog steeds getrou bly aan sy eie volmaakte standaarde van geregtigheid (Ps 36:10). Maar hierdie onvolmaakte mense het besef dat hulle van sonde losgekoop moet word en het gewag vir God se tyd om dit te doen. – Ps 49:7-9; Heb 9:26.

16-22 MAART

SKATTE UIT GOD SE WOORD | GENESIS 25-26

“Esau verkoop sy geboortereg”

(Genesis 25:27, 28) Toe die seuns groter geword het, het Esau ’n uitstekende jagter geword, ’n man van die veld, maar Jakob het ’n rustige geaardheid gehad en het in tente gewoon. 28 Isak was liewer vir Esau, want hy het vir hom wildsvleis gebring, terwyl Rebekka liewer was vir Jakob.

it-1-E 1242

Jakob

Jakob was anders as sy pa se gunstelingseun Esau. Esau was ’n wilde, rustelose, swerwende jagter. Maar Jakob word beskryf as ’n man met “’n rustige geaardheid [Hebr., tam]” wat “in tente gewoon” het, wat ’n stil lewe as ’n herder gelei het en wat vertrou kon word om na huishoudelike sake om te sien. Hy was sy ma se gunsteling (Ge 25:27, 28). Hierdie Hebreeuse woord tam word op ander plekke gebruik om dié te beskryf wat God se goedkeuring het. Byvoorbeeld, “bloeddorstige manne haat onskuldige mense”, maar Jehovah gee die versekering: “Die toekoms van so ’n [onskuldige] man sal vreedsaam wees” (Spr 29:10; Ps 37:37). Die getroue en lojale man Job “het ’n rein lewe [Hebr., tam] gelei en was ’n man van integriteit”. – Job 1:1, 8; 2:3.

(Genesis 25:29, 30) Eenkeer was Jakob besig om ’n bredie te kook toe Esau van die veld teruggekom het en baie moeg was. 30 Toe het Esau vir Jakob gesê: “Gee my asseblief gou van die rooi bredie wat jy daar het, want ek is doodmoeg!” Daarom is hy Edom genoem.

(Genesis 25:31-34) Jakob het geantwoord: “Verkoop eers jou reg as eersgeborene aan my!” 32 Esau het toe gesê: “Ek is op die punt om dood te gaan! Hoe gaan ’n geboortereg my help?” 33 Jakob het gesê: “Sweer eers vir my!” Hy het dus vir hom gesweer en sy reg as eersgeborene aan Jakob verkoop. 34 Toe het Jakob vir Esau brood en lensiebredie gegee. Hy het geëet en gedrink, en hy het opgestaan en weggegaan. So het Esau gewys dat hy geen waardering vir die geboortereg het nie.

it-1-E 835

Eersgeborene, eersteling

Van die vroegste tye af het die eersgebore seun ’n geëerde posisie in die gesin gehad, en hy het die volgende hoof van die huishouding geword. Hy het ’n dubbele deel geërf van alles wat sy pa gehad het (De 21:17). Josef het by ’n maaltyd vir Ruben ’n sitplek gegee volgens sy reg as die eersgeborene (Ge 43:33). Maar die Bybel eer nie altyd die eersgeborene deur die seuns volgens hulle geboorte op te noem nie. Die eerste plek word dikwels aan die belangrikste of getrouste seun gegee eerder as aan die eersgeborene. – Ge 6:10; 1Kr 1:28; vergelyk Ge 11:26, 32; 12:4; sien “BIRTHRIGHT” en “INHERITANCE” in it-1-E.

Soek na geestelike skatte

(Genesis 26:7) Wanneer die manne van die plek hom gevra het oor sy vrou, het hy gesê: “Sy is my suster.” Hy was bang om te sê: “Sy is my vrou,” want hy het gesê: “Die manne van die plek sal my dalk doodmaak as gevolg van Rebekka,” want sy was baie mooi.

it-2-E 245 ¶6

Leuen

Die Bybel veroordeel definitief opsetlike leuens wat met slegte bedoelings vertel word, maar dit beteken nie dat ’n persoon verplig is om al die informasie te gee aan mense wat nie die reg het om dit te weet nie. Jesus Christus het gesê: “Moenie wat heilig is, vir die honde gee nie, en moet ook nie julle pêrels voor die varke gooi nie, sodat hulle dit nie onder hulle pote sal vertrap en omdraai en julle verskeur nie” (Mt 7:6). Dit is hoekom Jesus nie altyd al die informasie of direkte antwoorde op sekere vrae gegee het wanneer dit onnodige skade sou veroorsaak nie (Mt 15:1-6; 21:23-27; Joh 7:3-10). Daarom moet ons dieselfde beskouing hê van wat Abraham, Isak, Ragab en Elisa gedoen het toe hulle mense wat Jehovah nie aanbid het nie in die verkeerde rigting gestuur of hulle nie die volle waarheid vertel het nie. – Ge 12:10-19; hfst. 20; 26:1-10; Jos 2:1-6; Jak 2:25; 2Kn 6:11-23.

23-29 MAART

SKATTE UIT GOD SE WOORD | GENESIS 27-28

(Genesis 27:27-29) Toe het hy nader gekom en hom gesoen, en hy kon die reuk van sy klere ruik. Daarna het hy hom geseën en gesê: “Die reuk van my seun is soos die geur van die veld wat Jehovah geseën het. 28 Mag die ware God jou die dou van die hemel gee en die vrugbare grond van die aarde en ’n oorvloed van graan en nuwe wyn. 29 Laat volke jou dien en laat nasies laag voor jou buig. Word die meester van jou broers, en laat die seuns van jou ma laag voor jou buig. Mag almal wat jou vervloek, vervloek wees, en mag almal wat jou seën, geseënd wees.”

it-1-E 341 ¶6

Seën

In ’n aartsvaderlike gemeenskap het ’n pa sy seuns gewoonlik kort voor sy dood geseën. Dit was ’n baie belangrike saak waaraan daar groot waarde geheg is. Daarom het Isak vir Jakob geseën, omdat hy gedink het dat dit Esau, sy eersgeborene, is. Voordat Esau daar aangekom het, het Isak guns en voorspoed op Jakob uitgespreek en Jehovah ongetwyfeld gevra om die seën uit te voer omdat Isak self blind en oud was (Ge 27:1-4, 23-29; 28:1, 6; Heb 11:20; 12:16, 17). Later het Isak hierdie seën wetend bevestig en vergroot (Ge 28:1-4). Voordat Jakob doodgegaan het, het hy eers Josef se twee seuns geseën en toe sy eie seuns (Ge 48:9, 20; 49:1-28; Heb 11:21). Voor Moses se dood het hy die hele nasie Israel op ’n soortgelyke manier geseën (De 33:1). In al hierdie gevalle bewys die resultate dat hulle woorde profeties was. Partykeer sou die persoon wat so ’n seën uitspreek sy hand op die kop sit van die een wat die seën ontvang. – Ge 48:13, 14.

30 MAART – 5 APRIL

SKATTE UIT GOD SE WOORD | GENESIS 29-30

“Jakob trou”

(Genesis 29:21-26) Toe het Jakob vir Laban gesê: “Gee my vrou vir my, want die tyd is verby, en laat my by haar slaap.” 22 En Laban het al die mense van die plek laat bymekaarkom en ’n feesmaal gehou. 23 Maar gedurende die aand het hy sy dogter Lea geneem en haar na hom toe gebring sodat hy by haar sou slaap. 24 Laban het ook sy diensmeisie Silpa vir sy dogter Lea gegee. 25 Die volgende oggend het Jakob gesien dat dit Lea was! Daarom het hy vir Laban gesê: “Wat het u aan my gedoen? Het ek nie vir Ragel by u gewerk nie? Hoekom het u my bedrieg?” 26 Laban het geantwoord: “Dit is nie ons gewoonte hier om die jonger vrou voor die eersgeborene te gee nie.

it-2-E 341 ¶3

Die huwelik

Viering. Al het troues in Israel geen formele seremonie gehad nie, is dit nog steeds op ’n baie vreugdevolle manier gevier. Op haar troudag het die bruid gewoonlik allerhande voorbereidings by haar huis getref. Eers het sy gebad en lekkerruik-olie aan haar vel gesmeer. (Vergelyk Rut 3:3; Ese 23:40.) Partykeer het haar diensmeisies haar gehelp om borsbande aan te trek, sowel as ’n wit kleed wat oor die algemeen ryklik geborduur was, afhangende van haar finansiële status (Jer 2:32; Op 19:7, 8; Ps 45:13, 14). As sy kon, het sy haar met ornamente en juwele versier (Jes 49:18; 61:10; Op 21:2) en haar dan bedek met ’n fyn kledingstuk, ’n tipe sluier wat van kop tot toon gehang het (Jes 3:19, 23). Dit wys hoekom Laban vir Jakob so maklik kon bedrieg en hoekom Jakob nie geweet het dat Laban vir hom Lea in plaas van Ragel gee nie (Ge 29:23, 25). Rebekka het haar kop met ’n sluier bedek toe sy Isak gaan ontmoet het (Ge 24:65). Dit het gesimboliseer dat die bruid onderdanig is aan die bruidegom – aan sy gesag. – 1Kor 11:5, 10.

(Genesis 29:27, 28) Vier die huweliksweek met hierdie vrou. Daarna sal hierdie ander vrou ook vir jou gegee word as jy nog sewe jaar vir my werk.” 28 Jakob het dit gedoen en die huweliksweek met haar gevier, en daarna het hy sy dogter Ragel vir hom as vrou gegee.

Soek na geestelike skatte

(Genesis 30:3) Toe het sy gesê: “Hier is my slavin Bilha. Slaap by haar, sodat sy namens my kinders kan hê. Dan kan ek deur middel van haar ook kinders hê.”

it-1-E 50

Aanneming

Ragel en Lea het die kinders wat Jakob by hulle diensmeisies gehad het as hulle eie seuns gesien omdat hulle diensmeisies “namens” hulle kinders gehad het (Ge 30:3-8, 12, 13, 24). Hierdie kinders het ’n erfdeel ontvang, net soos die kinders van Jakob se wettige vrouens. Hulle was natuurlike seuns van die pa en omdat die slavinne aan die vrouens behoort het, het Ragel en Lea eiendomsreg ten opsigte van hierdie kinders gehad.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel