Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb20 September bl. 7
  • Kan jy van jou tyd en energie gee?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy van jou tyd en energie gee?
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
  • Soortgelyke materiaal
  • Help met ’n teokratiese bouprojek
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
  • Koninkryksaalbouwerk—’n belangrike aspek van heilige diens
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Iets nuuts in internasionale konstruksie
    Ontwaak!—1991
  • “Julle móét dit eenvoudig doen”
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
mwb20 September bl. 7

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Kan jy van jou tyd en energie gee?

’n Broer glimlag terwyl hy ’n metaalpyp by ’n bouprojek sny.

Soos Jesaja voorspel het, groei die aardse deel van Jehovah se organisasie soos nog nooit tevore nie (Jes 54:2). Daarom moet nuwe Koninkryksale, Byeenkomssale en takfasiliteite gebou word. Later het hierdie geboue instandhouding nodig, en party moet uiteindelik opgeknap word. Watter geleenthede gee dit ons om van ons tyd en energie vir Jehovah te gee?

  • Ons kan help om die Koninkryksaal skoon te maak wanneer dit ons velddiensgroep se beurt is

  • Ons kan aanbied om opleiding te kry vir die instandhouding van ons Koninkryksaal

  • Ons kan die DC-50-aansoekvorm invul vir projekte van die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie sodat ons van tyd tot tyd met bou- en instandhoudingsprojekte in ons omgewing kan help

  • Ons kan ’n A-19-aansoekvorm invul vir die Vrywilligerprogram en aanbied om vir ’n week of langer in ons takkantoor se gebied by Bethel of by ’n ander takfasiliteit te help

KYK NA DIE VIDEO ’N NUWE BOUPROJEK WORD BEPLAN – UITTREKSEL, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe is video’s vanaf 2014 al hoe meer gebruik?

  • Watter projek word beplan om al die video’s te kan voorsien wat ons in ons aanbidding nodig het, en hoe lank gaan hierdie bouprojek duur?

  • Hoe kan vrywilligers met hierdie projek help?

  • Hoekom moet ons ’n aansoekvorm (DC-50) invul en help met projekte vir die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie in ons omgewing as ons met die bouwerk by Ramapo wil help?

  • Watter bewyse is daar dat Jehovah in beheer is van hierdie projek?

  • Hoe kan ons hierdie projek ondersteun, al kan ons nie self met die bouwerk help nie?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel