Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwbr20 Oktober bl. 1-11
  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek
  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek (2020)
  • Onderhofies
  • 5-11 OKTOBER
  • 12-18 OKTOBER
  • 19-25 OKTOBER
  • 26 OKTOBER–1 NOVEMBER
Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek (2020)
mwbr20 Oktober bl. 1-11

Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek

5-11 OKTOBER

SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 31-32

“Vlug vir afgodediens”

(Eksodus 32:1) Intussen het die volk gesien dat Moses lank neem om van die berg af te kom. Daarom het die volk om Aäron bymekaargekom en vir hom gesê: “Maak vir ons ’n god wat voor ons uit sal gaan, want ons weet nie wat geword het van hierdie Moses, die man wat ons uit Egipte uitgelei het nie.”

w09 5/15 11 ¶11

Beur voort tot volwassenheid—“Die groot dag van Jehovah is naby”

Dit kan ’n uitdaging wees om toe te pas wat ons uit die Skrif geleer het, veral onder moeilike omstandighede. Byvoorbeeld, kort nadat Jehovah die kinders van Israel uit slawerny in Egipte bevry het, het hulle “met Moses begin rusie maak” en aangehou “om Jehovah op die proef te stel”. Waarom? Weens ’n gebrek aan drinkwater (Eks. 17:1-4). Minder as twee maande nadat hulle ’n verbond met God gesluit het en ingestem het om “al die woorde wat Jehovah gespreek het”, te doen, het hulle sy wet oor afgodediens verbreek (Eks. 24:3, 12-18; 32:1, 2, 7-9). Was dit omdat hulle bang geword het weens Moses se lang afwesigheid terwyl hy op die berg Horeb instruksies ontvang het? Het hulle miskien gedink dat die Amalekiete hulle weer sou aanval en dat die Israeliete hulpeloos sou wees sonder Moses, wie se omhoog gehoue hande hulle vroeër ’n oorwinning besorg het? (Eks. 17:8-16). Dit is moontlik, maar hoe dit ook al sy, die Israeliete het “geweier om gehoorsaam te word” (Hand. 7:39-41). Paulus het Christene aangespoor om ‘hulle uiterste bes te doen’ om nie ‘in dieselfde patroon van ongehoorsaamheid te verval’ wat die Israeliete geopenbaar het toe hulle bang was om die Beloofde Land binne te gaan nie.—Heb. 4:3, 11.

(Eksodus 32:4-6) Daarna het hy die goud by hulle geneem, en hy het dit met ’n beitel gevorm en ’n beeld van ’n kalf daarvan gemaak. Hulle het begin sê: “Dít is julle God, o Israel, wat julle uit Egipte uitgelei het.” 5 Toe Aäron dit sien, het hy ’n altaar voor die beeld gebou. Aäron het toe uitgeroep: “Môre is daar ’n fees vir Jehovah.” 6 En hulle het die volgende dag vroeg opgestaan en brandoffers begin offer en vrede-offers begin aanbied. Daarna het die volk gaan sit om te eet en te drink. Toe het hulle opgestaan om fees te vier.

w12 10/15 25 ¶12

Gehoorsaam God en vind baat by sy geswore beloftes

Jehovah het onmiddellik sy kant van die Wetsverbond begin nakom deur reëlings te tref vir ’n tent van aanbidding en ’n priesterdom wat dit vir sondige mense moontlik gemaak het om hom te nader. Maar Israel het hulle toewyding aan God gou vergeet en “het die Heilige van Israel bedroef” (Ps. 78:41). Byvoorbeeld, terwyl Moses verdere instruksies op die berg Sinai ontvang het, het die Israeliete ongeduldig geraak en geloof in God begin verloor omdat hulle gedink het dat Moses hulle verlaat het. Hulle het dus ’n goue beeld van ’n kalf gemaak en gesê: “Dit is jou God, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het” (Eks. 32:1, 4). Daarna het hulle ’n fees gehou wat hulle “’n fees vir Jehovah” genoem het, en hulle het voor hulle mensgemaakte beeld neergebuig en offerandes daaraan gebring. Toe Jehovah dit sien, het hy vir Moses gesê: “Hulle het gou van die weg afgewyk wat ek hulle beveel het om te gaan” (Eks. 32:5, 6, 8). Van toe af het Israel ongelukkig daarvoor bekend geword dat hulle geloftes aan God doen, maar dit later verbreek.—Num. 30:2.

(Eksodus 32:9, 10) Jehovah het verder vir Moses gesê: “Ek het gesien dat hierdie volk ’n hardkoppige volk is. 10 Moet my nie probeer keer nie. Laat ek hulle vernietig, want ek is woedend, en laat ek jou ’n groot nasie maak.”

w18.07 20 ¶14

“Wie is aan Jehovah se kant?”

Die volk het geweet dat afgodediens ’n ernstige sonde teen Jehovah is (Eks. 20:3-5). Maar kort voor lank het hulle ’n goue kalf begin aanbid! Al was die Israeliete openlik ongehoorsaam, het hulle hulleself op die een of ander manier daarvan oortuig dat hulle nog steeds aan Jehovah se kant is. Aäron het selfs hulle kalfaanbidding “’n fees vir Jehovah” genoem! Hoe het Jehovah gereageer? Hy het gevoel dat hulle hom verraai het. Jehovah het vir Moses gesê dat die volk “verderflik gehandel” het en dat hulle ‘afgewyk het van die weg wat Hy hulle beveel het’. Jehovah het so kwaad geword vir die Israeliete dat hy selfs daaraan gedink het om die hele nasie te vernietig. — Eks. 32:5-10.

Soek na geestelike skatte

(Eksodus 31:17) Dit is ’n permanente teken tussen my en die Israeliete, want in ses dae het Jehovah die hemel en die aarde gemaak, en op die sewende dag het hy opgehou werk en gerus.’”

w19.12 3 ¶4

‘Daar is ’n vasgestelde tyd’ vir werk en rus

Beteken die feit dat Jehovah en Jesus hard werk dat dit nie vir ons nodig is om te rus nie? Glad nie. Jehovah word nooit moeg nie, en daarom is dit nie vir hom nodig om te rus nie. Die Bybel sê wel dat nadat Jehovah die hemel en aarde gemaak het, het “hy gerus en voortgegaan om hom te verkwik” (Eks. 31:17). Maar dit beteken blykbaar dat Jehovah opgehou het om dinge te maak en tyd geneem het om dit te geniet. En alhoewel Jesus hard gewerk het toe hy op die aarde was, het hy nog steeds die tyd geneem om te rus en etes saam met sy vriende te geniet. – Matt. 14:13; Luk. 7:34.

(Eksodus 32:32, 33) As u wil, vergewe asseblief hulle sonde. Maar as u nie wil nie, wis my dan asseblief uit u boek uit wat u geskryf het.” 33 Maar Jehovah het vir Moses gesê: “Slegs die persoon wat teen my gesondig het, sal ek uit my boek uitwis.

w87 9/1 29

Vrae van lesers

Maar die feit dat ’n persoon goedgekeur word en onthou sal word (deurdat sy naam “in die boek van die lewe” geskryf is), beteken nie dat hy verseker is van die ewige lewe, asof dit voorbestem of onveranderbaar is nie. Moses het Jehovah omtrent die Israeliete gevra: “Nou dan, as U tog maar hulle sonde wou vergewe! En so nie, delg my dan maar uit u boek wat U geskryf het!” God het geantwoord: “Wie teen My gesondig het, dié sal Ek uitdelg uit my boek” (Exodus 32:32, 33). Ja, selfs nadat God iemand goedgekeur en in sy “boek” neergeskryf het, kan die individu ongehoorsaam word of sy geloof prysgee. As dit gebeur, sal God “sy naam . . . uitwis uit die boek van die lewe”.—Openbaring 3:5.

Bybelleesgedeelte

(Eksodus 32:15-35) Moses het toe omgedraai en teen die berg afgeklim met die twee tablette van die Getuienis in sy hande. Daar was op albei kante van die tablette geskryf, aan die voorkant en aan die agterkant. 16 Die tablette was die werk van God, en die skrif wat op die tablette gegraveer was, was die skrif van God. 17 Toe Josua die geraas van die volk begin hoor omdat hulle so geskree het, het hy vir Moses gesê: “Dit klink of daar oorlog in die kamp is.” 18 Maar Moses het gesê: “Dit klink nie soos ’n oorwinningslied nie, en dit klink nie soos ’n gehuil omdat hulle ’n geveg verloor het nie. Dit is ’n ander soort singery wat ek hoor.” 19 Toe Moses naby die kamp kom en die kalf en die danse sien, het hy woedend geword, en hy het die tablette aan die voet van die berg stukkend gegooi. 20 Hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het en dit met vuur verbrand en dit fyngemaal totdat dit poeier was. Toe het hy dit in die water gegooi en die Israeliete dit laat drink. 21 En Moses het vir Aäron gevra: “Wat het hierdie volk aan jou gedoen dat jy so ’n groot sonde oor hulle gebring het?” 22 Aäron het geantwoord: “Moenie woedend wees nie, my heer. Jy weet goed dat die volk geneig is om te doen wat sleg is. 23 Hulle het vir my gesê: ‘Maak vir ons ’n god wat voor ons uit sal gaan, want ons weet nie wat geword het van hierdie Moses, die man wat ons uit Egipte uitgelei het nie.’ 24 Daarom het ek vir hulle gesê: ‘Enigiemand wat goud het, moet dit afhaal en vir my gee.’ Toe het ek dit in die vuur gegooi, en hierdie kalf het uitgekom.” 25 Moses het gesien dat die volk handuit geruk het, omdat Aäron dit toegelaat het, en hulle het hulle skandelik gedra voor hulle teenstanders. 26 Toe het Moses by die ingang van die kamp gaan staan en gesê: “Wie is aan Jehovah se kant? Kom na my toe!” En al die Leviete het om hom bymekaargekom. 27 Hy het toe vir hulle gesê: “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, gesê het: ‘Elkeen van julle moet sy swaard neem en deur die hele kamp gaan, van ingang tot ingang, en sy broer, sy buurman en sy vriend doodmaak.’” 28 Die Leviete het gedoen wat Moses gesê het. Sowat 3 000 mans is dus op daardie dag doodgemaak. 29 Toe het Moses gesê: “Sonder julle vandag af vir Jehovah, want elkeen van julle het teen sy eie seun en sy eie broer opgetree. Vandag sal hy julle seën.” 30 Die volgende dag het Moses vir die volk gesê: “Julle het ’n baie groot sonde gepleeg, en nou sal ek na Jehovah toe opklim om te sien of ek vir julle sonde versoening kan doen.” 31 Daarna het Moses na Jehovah toe teruggekeer en gesê: “Hierdie volk het ’n baie groot sonde gepleeg! Hulle het vir hulle ’n god van goud gemaak! 32 As u wil, vergewe asseblief hulle sonde. Maar as u nie wil nie, wis my dan asseblief uit u boek uit wat u geskryf het.” 33 Maar Jehovah het vir Moses gesê: “Slegs die persoon wat teen my gesondig het, sal ek uit my boek uitwis. 34 Gaan dan nou, lei die volk na die plek waarvan ek met jou gepraat het. My engel sal voor jou uit gaan, en op die dag waarop ek rekenskap eis, sal ek hulle straf vir hulle sonde.” 35 Toe het Jehovah die volk met ’n plaag begin tref omdat hulle die kalf gemaak het – die kalf wat Aäron gemaak het.

12-18 OKTOBER

SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 33-34

“Jehovah se liefdevolle eienskappe”

(Eksodus 34:5) Jehovah het toe in die wolk neergedaal en daar by hom gaan staan en die naam van Jehovah uitgeroep.

it-2-E 466-467

Name

The material creation testifies to God’s existence, but it does not reveal God’s name. (Ps 19:1; Ro 1:20) For an individual to know God’s name signifies more than a mere acquaintance with the word. (2Ch 6:33) It means actually knowing the Person—his purposes, activities, and qualities as revealed in his Word. (Compare 1Ki 8:41-43; 9:3, 7; Ne 9:10.) This is illustrated in the case of Moses, a man whom Jehovah ‘knew by name,’ that is, knew intimately. (Ex 33:12) Moses was privileged to see a manifestation of Jehovah’s glory and also to ‘hear the name of Jehovah declared.’ (Ex 34:5) That declaration was not simply the repetition of the name Jehovah but was a statement about God’s attributes and activities. “Jehovah, Jehovah, a God merciful and gracious, slow to anger and abundant in loving-kindness and truth, preserving loving-kindness for thousands, pardoning error and transgression and sin, but by no means will he give exemption from punishment, bringing punishment for the error of fathers upon sons and upon grandsons, upon the third generation and upon the fourth generation.” (Ex 34:6, 7) Similarly, the song of Moses, containing the words “for I shall declare the name of Jehovah,” recounts God’s dealings with Israel and describes his personality.—De 32:3-44.

(Eksodus 34:6) Jehovah het voor hom verbygegaan en uitgeroep: “Jehovah, Jehovah, ’n God wat genadig is en medelye betoon, wat nie gou kwaad word nie en vol lojale liefde en waarheid is,

w09 5/1 18 ¶3-5

Toe Jehovah homself beskryf het

Die eerste ding wat Jehovah oor homself openbaar, is dat hy “’n barmhartige en genadige God” is (Vers 6). Volgens een geleerde dui die Hebreeuse woord wat met “barmhartig” weergegee word, op God se “tere medelye, soos dié van ’n vader vir sy kinders”. Die woord wat met “genadig” weergegee word, is verwant aan ’n werkwoord wat “’n opregte reaksie beskryf van iemand wat iets het om te gee aan ’n behoeftige persoon”. Jehovah wil klaarblyklik hê dat ons moet weet dat hy vir sy aanbidders sorg soos ouers vir hulle kinders sorg—met tere liefde en groot besorgdheid oor hulle behoeftes.—Psalm 103:8, 13.

Vervolgens sê Jehovah dat hy “nie gou toornig word nie” (Vers 6). Hy word nie maklik kwaad vir sy aardse knegte nie. Hy is eerder geduldig met hulle en verdra hulle tekortkominge, terwyl hy hulle tyd gee om hulle sondige weë te verander.—2 Petrus 3:9.

God sê verder dat hy “oorvloedig is in liefderyke goedhartigheid en waarheid” (Vers 6). Liefderyke goedhartigheid, of lojale liefde, is ’n kosbare eienskap waardeur Jehovah ’n vaste, onfeilbare band met sy volk vorm (Deuteronomium 7:9). Jehovah is ook ’n bron van waarheid. Hy kan nie bedrieg nie en kan ook nie bedrieg word nie. Aangesien hy “die God van waarheid” is, kan ons volle vertroue hê in alles wat hy sê, insluitende sy beloftes vir die toekoms.—Psalm 31:5.

(Eksodus 34:7) wat lojale liefde aan duisende betoon, wat ongehoorsaamheid en oortreding en sonde vergewe. Maar hy sal beslis nie die skuldiges ongestraf laat bly nie, want hy bring straf vir die oortreding van vaders oor kinders en oor kleinkinders, oor die derde geslag en oor die vierde geslag.”

w09 5/1 18 ¶6

Toe Jehovah homself beskryf het

Nog ’n groot waarheid wat Jehovah wil hê dat ons omtrent hom moet weet, is dat hy “ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe” (Vers 7). Hy is “vergewensgesind” teenoor berouvolle sondaars (Psalm 86:5). Terselfdertyd vergoelik Jehovah nooit slegtheid nie. Hy verduidelik dat hy “geensins vrystelling van straf [sal] gee nie” (Vers 7). Die heilige en regverdige God sal moedswillige sondaars nie ongestraf laat bly nie. Vroeër of later sal die gevolge van hulle sondige optrede hulle inhaal.

Soek na geestelike skatte

(Eksodus 33:11) Jehovah het direk met Moses gepraat, net soos een man met ’n ander man sou praat. Wanneer hy na die kamp teruggekeer het, het Josua, die seun van Nun, sy dienaar en helper, nie die tent verlaat nie.

(Eksodus 33:20) Maar hy het bygevoeg: “Jy kan nie my gesig sien nie, want geen mens kan my sien en lewe nie.”

w04 3/15 27 ¶5

Glanspunte uit die boek Eksodus

33:11, 20—Hoe het God “van aangesig tot aangesig” met Moses gepraat? Hierdie uitdrukking dui op ’n intieme gesprek tussen twee persone. Moses het met God se verteenwoordiger gepraat en deur hom het hy mondelings Jehovah se voorskrifte ontvang. Maar Moses het Jehovah nie gesien nie, want “geen mens kan [God] sien en nogtans lewe nie”. Trouens, Jehovah het nie persoonlik met Moses gepraat nie. Die Wet “is deur middel van engele deur die hand van ’n middelaar oorgedra”, sê Galasiërs 3:19.

(Eksodus 34:23, 24) “Drie keer per jaar moet al die mans onder julle voor die ware Heer, Jehovah, die God van Israel, verskyn. 24 Want ek sal die nasies voor julle uit verdryf, en ek sal julle gebied vergroot, en niemand sal julle land begeer wanneer julle drie keer per jaar opgaan om voor Jehovah julle God te verskyn nie.

w98 9/1 20 ¶5

Stel die belangrikste sake eerste!

Elke manlike Israeliet en proseliet in die land is beveel om drie maal per jaar voor Jehovah te verskyn. Baie gesinshoofde het gereël dat hulle vrou en kinders hulle vergesel, aangesien hulle besef het dat die hele gesin geestelik baat sou vind by hierdie geleenthede. Maar wie sou hulle huis en hulle landerye beskerm teen vyandige aanvalle terwyl die gesin weg was? Jehovah het beloof: “Niemand [sal] jou land . . . begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God, drie maal in die jaar” (Exodus 34:24). Dit het geloof vereis van die Israeliete om te glo dat hulle nie materiële verliese sou ly as hulle geestelike belange eerste stel nie. Het Jehovah sy woord gehou? Hy het beslis!

Bybelleesgedeelte

(Eksodus 33:1-16) Jehovah het verder vir Moses gesê: “Vertrek van hier af, jy en die volk wat jy uit Egipte uitgelei het. Gaan na die land wat ek aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed belowe het deur te sê: ‘Ek sal dit aan julle nageslag gee.’ 2 Ek sal ’n engel voor julle uit stuur en die Kanaäniete, die Amoriete, die Hetiete, die Perissiete, die Hewiete en die Jebusiete verdryf. 3 Gaan na ’n land wat oorloop van melk en heuning. Maar ek sal nie saam met julle gaan nie, want julle is ’n hardkoppige volk, en ek sal julle dalk op die pad vernietig.” 4 Toe die volk hierdie harde woorde hoor, het hulle begin treur, en nie een van hulle het juwele of mooi klere gedra nie. 5 Jehovah het vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete: ‘Julle is ’n hardkoppige volk. Ek kan binne ’n oomblik deur julle kamp gaan en julle vernietig. Moet dus nie juwele of mooi klere dra terwyl ek besluit wat ek met julle gaan doen nie.’” 6 Van die berg Horeb af het die Israeliete dus nie meer hulle juwele gedra nie. 7 En Moses het sy tent geneem en dit buite die kamp opgeslaan, ’n hele ent van die kamp af, en hy het dit ’n tent van samekoms genoem. Elkeen wat Jehovah vir leiding wou vra, het uitgegaan na die tent van samekoms, wat buite die kamp was. 8 Sodra Moses na die tent uitgegaan het, het die hele volk opgestaan en het elkeen by die ingang van sy tent gaan staan, en hulle het Moses dopgehou totdat hy in die tent ingegaan het. 9 Sodra Moses in die tent ingegaan het, het die wolkkolom afgekom en by die ingang van die tent gaan staan terwyl God met Moses gepraat het. 10 Wanneer die hele volk die wolkkolom by die ingang van die tent sien staan het, het elkeen van hulle opgestaan en by die ingang van sy tent neergebuig. 11 Jehovah het direk met Moses gepraat, net soos een man met ’n ander man sou praat. Wanneer hy na die kamp teruggekeer het, het Josua, die seun van Nun, sy dienaar en helper, nie die tent verlaat nie. 12 En Moses het vir Jehovah gesê: “Kyk, u sê vir my: ‘Lei hierdie volk,’ maar u het my nie laat weet wie u saam met my sal stuur nie. Wat meer is, u het gesê: ‘Ek ken jou by naam, en jy geniet ook my goedkeuring.’ 13 Asseblief, as ek u goedkeuring geniet, maak dan u weë aan my bekend, sodat ek u kan ken en kan aanhou om u goedkeuring te geniet. Onthou ook dat hierdie nasie u volk is.” 14 Toe het God gesê: “Ek sal self saam met jou gaan en ek sal jou rus gee.” 15 Moses het vir hom gesê: “As u nie self saamgaan nie, moet u ons nie hiervandaan laat wegtrek nie. 16 Hoe sal mense weet dat ek en u volk u goedkeuring geniet? Net as u saam met ons gaan, sal dit duidelik wees dat ek en u volk anders is as enige ander volk op die aarde.”

19-25 OKTOBER

SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 35-36

“Toegerus om Jehovah se werk te doen”

(Eksodus 35:25, 26) Al die vrouens wat vaardighede gehad het, het met hulle hande gespin, en hulle het gebring wat hulle gespin het: blou garing, pers wol, helderrooi materiaal en fyn linne. 26 En al die vrouens wat vaardighede gehad het en wie se hart hulle beweeg het, het die bokhaar gespin.

w14 12/15 4 ¶4

Jehovah seën ’n gewillige gees ryklik

Wat Jehovah se hart die meeste verbly het, was nie die materiële gawes nie, maar die gewillige gees van diegene wat ware aanbidding op hierdie manier ondersteun het. Hulle is ook beweeg om van hulle tyd te gee en om met die werk te help. “Al die vroue wat wys van hart was, het met hulle hande gespin”, sê die verslag. Ja, “al die vroue wie se hart hulle met wysheid gedring het, het die bokhaar gespin”. Wat meer is, Jehovah het Besaleël vervul met “wysheid, begrip en kennis en elke soort vakmanskap”. Trouens, God het Besaleël en Oholiab die vaardighede gegee wat nodig was om al die werk te doen wat hy hulle beveel het om te doen.—Eks. 35:25, 26, 30-35.

(Eksodus 35:30-35) Toe het Moses vir die Israeliete gesê: “Kyk, Jehovah het Besaʹleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, gekies. 31 Hy het hom met die gees van God gevul en hom wysheid, begrip en kennis van elke soort ambag gegee 32 om kunstige ontwerpe te maak, om met goud, silwer en koper te werk, 33 om stene te sny en te set en om allerhande soorte kunstige houtvoorwerpe te maak. 34 En hy het dit in sy hart gesit om ander te leer, hy en Ohoʹliab, die seun van Ahiʹsamag, van die stam van Dan. 35 Hy het hulle die vaardighede gegee om al die werk te doen van ’n ambagsman, ’n borduurder, ’n maker van weefstof en ’n wewer van blou garing, pers wol, helderrooi materiaal en fyn linnedraad. Hierdie manne sal elke soort werk doen en allerhande ontwerpe maak.

w11 12/15 18 ¶6

Getroues van die ou tyd—Gelei deur God se gees

Die ondervinding van Moses se tydgenoot Besaleël openbaar baie oor hoe God se gees werksaam kan wees. (Lees Eksodus 35:30-35.) Besaleël is aangestel om die leiding te neem in die vervaardiging van die nodige toebehore vir die tabernakel. Het hy voor hierdie ontsaglike projek kennis van die ambagte gehad? Moontlik, maar na alle waarskynlikheid was sy laaste werk om bakstene vir die Egiptenaars te maak (Eks. 1:13, 14). Hoe sou Besaleël dan sy ingewikkelde taak uitvoer? Jehovah “het hom vervul met die gees van God wat wysheid, begrip en kennis en elke soort vakmanskap betref, en om planne te ontwerp . . . om allerhande kunstige artikels te maak”. Enige natuurlike aanleg wat Besaleël moontlik gehad het, is deur die heilige gees vergroot. Dieselfde is waar van Oholiab. Besaleël en Oholiab het ongetwyfeld goed geleer, want hulle het nie net hulle pligte uitgevoer nie, maar het ook ander geleer wat om te doen. Ja, God het dit in hulle hart gegee om ander te leer.

(Eksodus 36:1, 2) “Besaʹleël moet saam met Ohoʹliab werk, en saam met elke vaardige man aan wie Jehovah wysheid en begrip gegee het sodat hulle sal weet hoe om al die werk in verband met die heilige diens te doen net soos Jehovah beveel het.” 2 Moses het Besaʹleël en Ohoʹliab toe geroep, sowel as elke vaardige man aan wie Jehovah wysheid gegee het, elkeen wie se hart hom beweeg het om die werk vrywillig te doen.

w11 12/15 19 ¶7

Getroues van die ou tyd—Gelei deur God se gees

Nog ’n bewys dat Besaleël en Oholiab deur God se gees gelei is, is die verbasende duursaamheid van hulle werk. Wat hulle gemaak het, was sowat 500 jaar later nog in gebruik (2 Kron. 1:2-6). In teenstelling met hedendaagse vervaardigers het Besaleël en Oholiab glad nie daarin belanggestel om hulle handtekening of handelsmerk op hulle werk aan te bring nie. Jehovah is al die eer gegee vir wat hulle gedoen het.—Eks. 36:1, 2.

Soek na geestelike skatte

(Eksodus 35:1-3) Moses het later die hele gemeenskap van Israel bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Dít is die dinge wat Jehovah beveel het gedoen moet word: 2 Ses dae lank mag werk gedoen word, maar die sewende dag moet vir julle iets heiligs word, ’n sabbat, ’n spesiale rusdag vir Jehovah. Enigiemand wat op daardie dag werk doen, moet doodgemaak word. 3 Julle mag nie op die Sabbatdag in enige van julle woonplekke vuur maak nie.”

w05 5/15 23 ¶14

Leer ken Jehovah se weë

Gee voorkeur aan geestelike sake. Die nasie Israel moes nie toelaat dat hulle so besig raak daarmee om in hulle fisiese behoeftes te voorsien dat hulle nie tyd het om aandag aan geestelike bedrywighede te skenk nie. Die Israeliete moes nie hulle lewe net aan alledaagse strewes wy nie. Jehovah het elke week tyd opsygesit wat hy bepaal het heilig sou wees, tyd wat uitsluitlik vir bedrywighede in verband met die aanbidding van die ware God gebruik moes word (Eksodus 35:1-3; Numeri 15:32-36). Daar moes elke jaar ook nog tyd opsygesit word vir vasgestelde heilige byeenkomste (Levitikus 23:4-44). Dit sou geleenthede bied om oor Jehovah se magtige dade te praat, aan sy weë herinner te word en waardering aan hom te toon vir al sy goedheid. As die volk hulle toegewydheid so aan Jehovah sou toon, sou hulle godvrugtige vrees en liefde toeneem en sou dit hulle help om in sy weë te wandel (Deuteronomium 10:12, 13). Die heilsame beginsels wat in daardie instruksies vervat is, strek Jehovah se hedendaagse knegte tot voordeel.—Hebreërs 10:24, 25.

(Eksodus 35:21) Daarna het almal wie se hart hulle beweeg het en wie se gees hulle aangedryf het, gekom en hulle bydrae vir Jehovah gebring wat gebruik moes word vir die tent van samekoms, vir alles wat nodig was vir die diens daar en vir die heilige klere.

w00 11/1 29 ¶1

Oorvloedige vrygewigheid bring vreugde mee

Stel jou net voor hoe die Israeliete gevoel het. Geslagte het as gevolg van bittere slawerny en ontberings gely. Nou was hulle vry en het hulle baie materiële besittings gehad. Hoe sou hulle daaroor voel om van hierdie besittings weg te gee? Hulle kon gevoel het dat hulle dit verdien het en die reg gehad het om dit te hou. Maar toe hulle gevra is om finansieel by te dra om rein aanbidding te ondersteun, het hulle dit gedoen—en nie onwillig of op ’n suinige wyse nie! Hulle het nie vergeet dat Jehovah dit vir hulle moontlik gemaak het om daardie materiële dinge te besit nie. Daarom het hulle oorvloedig van hulle silwer en goud en vee gegee. Hulle was ‘gewillig in hulle hart’. Hulle ‘hart het hulle opgewek’. ‘Hulle gees het hulle aangedryf.’ Dit was waarlik ’n “vrywillige offergawe aan die HERE”.—Exodus 25:1-9; 35:4-9, 20-29; 36:3-7.

Bybelleesgedeelte

(Eksodus 35:1-24) Moses het later die hele gemeenskap van Israel bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Dít is die dinge wat Jehovah beveel het gedoen moet word: 2 Ses dae lank mag werk gedoen word, maar die sewende dag moet vir julle iets heiligs word, ’n sabbat, ’n spesiale rusdag vir Jehovah. Enigiemand wat op daardie dag werk doen, moet doodgemaak word. 3 Julle mag nie op die Sabbatdag in enige van julle woonplekke vuur maak nie.” 4 Moses het toe vir die hele gemeenskap van Israel gesê: “Dít is wat Jehovah beveel het: 5 ‘Julle moet ’n bydrae vir Jehovah insamel. Laat elkeen wat ’n gewillige hart het, ’n bydrae vir Jehovah bring: goud, silwer, koper, 6 blou garing, pers wol, helderrooi materiaal, fyn linne, bokhaar, 7 rooigekleurde ramsvelle, robbevelle, akasiahout, 8 olie vir die lampe, balsem vir die salfolie en vir die geurige reukwerk, 9 oniksstene en ander stene om in die efod en in die borsstuk te set. 10 “‘Laat almal onder julle kom wat vaardighede het, en laat hulle alles maak wat Jehovah beveel het, 11 naamlik die tabernakel met sy tent en sy bedekking, sy hakies en sy paneelrame, sy stawe, sy pilare en sy voetstukke; 12 die Ark en sy pale, die deksel en die gordyn wat as die skerm dien; 13 die tafel en sy pale en al sy voorwerpe en die offerbrode; 14 die lampstaander om lig te gee, sy voorwerpe, sy lampe en die olie vir die lampe; 15 die reukwerkaltaar en sy pale; die salfolie en die geurige reukwerk; die skerm vir die tabernakel se ingang; 16 die brandofferaltaar en sy koperrooster, sy pale en al sy voorwerpe; die kom en sy voetstuk; 17 die hangende gordyne van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke; die skerm van die ingang van die voorhof; 18 die tentpenne van die tabernakel en die tentpenne van die voorhof en hulle toue; 19 die fyngeweefde klere vir diens in die heiligdom, die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns vir hulle priesterlike diens.’” 20 Toe het die hele gemeenskap van Israel van Moses af weggegaan. 21 Daarna het almal wie se hart hulle beweeg het en wie se gees hulle aangedryf het, gekom en hulle bydrae vir Jehovah gebring wat gebruik moes word vir die tent van samekoms, vir alles wat nodig was vir die diens daar en vir die heilige klere. 22 Hulle het bly kom, die mans en die vrouens, elkeen wat ’n gewillige hart gehad het, en hulle het borsspelde, oorringe, ringe en ander juwele sowel as allerhande goue voorwerpe gebring. Hulle het almal hulle offers van goud vir Jehovah aangebied. 23 En almal wat blou garing, pers wol, helderrooi materiaal, fyn linne, bokhaar, rooigekleurde ramsvelle en robbevelle gehad het, het dit gebring. 24 Almal wat silwer en koper wou bydra, het dit as ’n bydrae vir Jehovah gebring, en almal wat akasiahout vir enige deel van die werk gehad het, het dit gebring.

26 OKTOBER–1 NOVEMBER

SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 37-38

“Tabernakel-altare en die rol daarvan in ware aanbidding”

(Eksodus 37:25) Hy het toe die reukwerkaltaar van akasiahout gemaak. Dit was vierkantig, ’n el lank, ’n el breed en twee el hoog. Die horings was deel van die altaar.

it-1-E 82 ¶3

Altar

Altar of incense. The altar of incense (also called “the altar of gold” [Ex 39:38]) was likewise made of acacia wood, the top and sides being overlaid with gold. A border of gold ran around the top. The altar measured 44.5 cm (17.5 in.) square and 89 cm (2.9 ft) high, and also had “horns” extending out from the four top corners. Two gold rings were made for the insertion of the carrying poles made of acacia overlaid with gold, and these rings were placed underneath the gold border on opposite sides of the altar. (Ex 30:1-5; 37:25-28) A special incense was burned on this altar twice daily, in the morning and in the evening. (Ex 30:7-9, 34-38) The use of a censer, or a fire holder, is elsewhere mentioned for burning incense, and evidently such was employed also in connection with the altar of incense. (Le 16:12, 13; Heb 9:4; Re 8:5; compare 2Ch 26:16, 19.) The position of the altar of incense was within the tabernacle just before the curtain of the Most Holy so that it is spoken of as being “before the ark of the testimony.”—Ex 30:1, 6; 40:5, 26, 27.

(Eksodus 37:29) Hy het ook die heilige salfolie en die suiwer, geurige reukwerk met vaardigheid gemeng.

it-1-E 1195

Incense

The sacred incense prescribed for use in the wilderness tabernacle was made of costly materials that the congregation contributed. (Ex 25:1, 2, 6; 35:4, 5, 8, 27-29) In giving the divine formula for this fourfold mixture, Jehovah said to Moses: “Take to yourself perfumes: stacte drops and onycha and perfumed galbanum and pure frankincense. There should be the same portion of each. And you must make it into an incense, a spice mixture, the work of an ointment maker, salted, pure, something holy. And you must pound some of it into fine powder and put some of it before the Testimony in the tent of meeting, where I shall present myself to you. It should be most holy to you people.” Then, to impress upon them the exclusiveness and holiness of the incense, Jehovah added: “Whoever makes any like it to enjoy its smell must be cut off from his people.”—Ex 30:34-38; 37:29.

(Eksodus 38:1) Hy het die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Dit was vierkantig, vyf el lank, vyf el breed en drie el hoog.

it-1-E 82 ¶1

Altar

Tabernacle Altars. With the setting up of the tabernacle, two altars were constructed according to divine pattern. The altar of burnt offering (also called “the altar of copper” [Ex 39:39]) was made of acacia wood in the form of a hollow chest, apparently without top or bottom. It was 2.2 m (7.3 ft) square and 1.3 m (4.4 ft) high with “horns” projecting from the upper four corners. All its surfaces were overlaid with copper. A grating, or network, of copper was placed below the altar’s rim “down within,” “toward the center.” Four rings were placed at the four extremities near the grating, and these appear to be the same rings through which the two copper-sheathed acacia-wood poles were passed for carrying the altar. This might mean that a slot was cut through two sides of the altar allowing for a flat grating to be inserted, with the rings extending out on both sides. There is considerable difference of opinion among scholars on the subject, and many consider it likely that two sets of rings were involved, the second set, for insertion of the carrying poles, being attached directly to the outside of the altar. Copper equipment was made in the form of cans and shovels for the ashes, bowls for catching the blood of the animals, forks for handling the flesh, and fire holders.—Ex 27:1-8; 38:1-7, 30; Nu 4:14.

Soek na geestelike skatte

(Eksodus 37:1) Besaʹleël het toe die Ark van akasiahout gemaak. Dit was twee en ’n half el lank en een en ’n half el breed en een en ’n half el hoog.

(Eksodus 37:10) Hy het toe die tafel van akasiahout gemaak. Dit was twee el lank, een el breed en een en ’n half el hoog.

(Eksodus 37:25) Hy het toe die reukwerkaltaar van akasiahout gemaak. Dit was vierkantig, ’n el lank, ’n el breed en twee el hoog. Die horings was deel van die altaar.

it-1-E 36

Acacia

The acacia has many long thorns extending out from the widely spreading branches. These branches usually interlace with those of the neighboring acacias to form tangled thickets; this fact doubtless explains why the plural form shit·timʹ is almost always used in the Bible record. The acacia may grow to heights of 6 to 8 m (20 to 26 ft), but often is bushlike in appearance. It has soft, feathery leaves and is covered with pleasingly fragrant yellow blossoms, producing curved tapering pods as its fruit. The rough, black bark covers a very hard, fine-grained, heavy wood that is immune to insect attack. These characteristics and its availability in the desert made the acacia especially well suited as a building material for the tabernacle and its furnishings. It was employed to construct the ark of the covenant (Ex 25:10; 37:1), the table of showbread (Ex 25:23; 37:10), altars (Ex 27:1; 37:25; 38:1), poles for carrying these items (Ex 25:13, 28; 27:6; 30:5; 37:4, 15, 28; 38:6), pillars for the curtain and screen (Ex 26:32, 37; 36:36), and the panel frames (Ex 26:15; 36:20) and their connecting bars (Ex 26:26; 36:31).

(Eksodus 38:8) Toe het hy die koperkom en sy kopervoetstuk gemaak. Hy het dit gemaak van die spieëls van die vrouens wat georganiseer is om by die ingang van die tent van samekoms te dien.

w15 4/1 15 ¶4

Het jy geweet?

Anders as die glasspieëls van vandag, was spieëls in Bybeltye oor die algemeen gemaak van metaal wat blink gepoleer is—gewoonlik brons, maar moontlik ook koper, silwer, goud of elektrum. Die eerste keer dat spieëls in die Bybel genoem word, is in verband met die bou van die tabernakel, Israel se eerste sentrum van aanbidding. Vroue het spieëls gegee, waaruit ’n heilige koperkom en die voetstuk daarvan gemaak is (Eksodus 38:8). Die spieëls is waarskynlik gesmelt om vir hierdie doel gebruik te word.

Bybelleesgedeelte

(Eksodus 37:1-24) Besaʹleël het toe die Ark van akasiahout gemaak. Dit was twee en ’n half el lank en een en ’n half el breed en een en ’n half el hoog. 2 Hy het die binnekant en die buitekant daarvan met suiwer goud oorgetrek en ’n goue randversiering daarom gemaak. 3 Daarna het hy vier goue ringe daarvoor gegiet, wat bo die vier pote vasgesit is, met twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant. 4 Hy het toe pale van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek. 5 Toe het hy die pale deur die ringe aan die kante van die Ark gesteek om die Ark mee te dra. 6 Hy het die deksel van suiwer goud gemaak. Dit was twee en ’n half el lank en een en ’n half el breed. 7 Hy het toe twee gerubs van goud gemaak. Hy het hulle met ’n hamer gevorm, en hulle was weerskante bo-op die deksel. 8 Een gerub was aan die een kant, en die ander gerub was aan die ander kant. Hy het die gerubs gemaak, en hulle was weerskante bo-op die deksel. 9 Die twee gerubs het hulle vlerke na bo uitgesprei, bo-oor die deksel. Hulle koppe was na mekaar toe, en hulle gesigte het na die deksel afgekyk. 10 Hy het toe die tafel van akasiahout gemaak. Dit was twee el lank, een el breed en een en ’n half el hoog. 11 En hy het dit met suiwer goud oorgetrek en ’n goue randversiering daarom gemaak. 12 Daarna het hy ’n rand van ’n handbreedte om die tafel gemaak, en aan daardie rand het hy ’n goue randversiering reg rondom gemaak. 13 Verder het hy vier goue ringe daarvoor gegiet en die ringe aan die vier hoeke vasgesit waar die vier pote was. 14 Die ringe was naby die rand, en die pale waarmee die tafel gedra is, is deur die ringe gesteek. 15 Toe het hy die pale waarmee die tafel gedra is, van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek. 16 Daarna het hy die voorwerpe wat op die tafel was – sy skottels, sy bekers en sy bakke en kanne waaruit drankoffers gegooi sou word – van suiwer goud gemaak. 17 Toe het hy die lampstaander van suiwer goud gemaak. Hy het dit met ’n hamer gevorm. Die lampstaander se voetstuk, steel, kelke, knoppe en bloeisels was alles een stuk. 18 Ses arms het uit die steel van die lampstaander gekom: drie arms uit die een kant en drie arms uit die ander kant. 19 Drie kelke in die vorm van amandelblomme was aan die een stel arms, met knoppe en bloeisels wat mekaar afwissel, en drie kelke in die vorm van amandelblomme was aan die ander stel arms, met knoppe en bloeisels wat mekaar afwissel. Dit is hoe die ses arms gemaak is wat uit die steel van die lampstaander gekom het. 20 En aan die steel van die lampstaander was daar vier kelke in die vorm van amandelblomme, met knoppe en bloeisels wat mekaar afwissel. 21 Daar was ’n knop onder die eerste twee arms wat uit die steel gekom het, en ’n knop onder die volgende twee arms en ’n knop onder die laaste twee arms. Dit is hoe al ses arms was wat uit die steel van die lampstaander gekom het. 22 Die knoppe en die arms en die hele lampstaander het uit een stuk suiwer goud bestaan. Dit is met ’n hamer gevorm. 23 Toe het hy die sewe lampe en die snuiters en die vuurbakkies van suiwer goud gemaak. 24 Hy het die lampstaander en al sy voorwerpe van ’n talent suiwer goud gemaak.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel