Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • nwt bl. 1894-1895
  • B1 Die Bybel se boodskap

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • B1 Die Bybel se boodskap
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Ná 4026 VHJ
  • 1943 VHJ
  • Ná 1070 VHJ
  • 29 HJ
  • 33 HJ
  • Omtrent 1914 HJ
  • Toekoms
  • ’n Eertydse profesie wat jou raak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Jehovah openbaar sy voorneme
    God se Koninkryk regeer!
  • Die slang se saad—Hoe is dit aan die kaak gestel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Die deurlopende harmonie van die Bybel
    Die Bybel—God se woord of die mens s’n?
Sien nog
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
B1 Die Bybel se boodskap

B1

Die Bybel se boodskap

Gedrukte weergawe

Jehovah God het die reg om te regeer. Sy manier van regeer is die beste. Sy voorneme met die aarde en die mensdom sal vervul word.

Adam en Eva in die tuin van Eden, en ’n slang in ’n boom

Ná 4026 VHJ

“Die slang” bevraagteken Jehovah se reg om te regeer en die manier waarop hy regeer. Jehovah belowe om ’n “nageslag”, of ’n “saad”, voort te bring wat die slang, Satan, uiteindelik sal vernietig (Genesis 3:1-5, 15, voetnoot). Maar Jehovah gee mense tyd om oor hulleself te regeer onder die invloed van die slang.

Abraham hoor God se belofte

1943 VHJ

Jehovah sê vir Abraham dat die beloofde “nageslag” een van sy nakomelinge sal wees. – Genesis 22:18.

Koning Dawid

Ná 1070 VHJ

Jehovah verseker koning Dawid en later sy seun Salomo dat die beloofde “nageslag” deur hulle geslagslyn sal kom. – 2 Samuel 7:12, 16; 1 Konings 9:3-5; Jesaja 9:6, 7.

Jesus toe hy gedoop is

29 HJ

Jehovah identifiseer Jesus as die beloofde “nageslag” wat die Erfgenaam van Dawid se troon is. – Galasiërs 3:16; Lukas 1:31-33; 3:21, 22.

Jesus toe hy gesterf het

33 HJ

Die slang, Satan, skakel die beloofde “nageslag” ’n kort rukkie uit deur Jesus te laat doodmaak. Jehovah wek Jesus op tot lewe in die hemel en aanvaar die waarde van Jesus se volmaakte lewe. So word die grondslag gelê om sondes te vergewe en Adam se nakomelinge die ewige lewe te gee. – Genesis 3:15; Handelinge 2:32-36; 1 Korintiërs 15:21, 22.

Die slang, Satan, word na die aarde neergegooi soos belowe in Openbaring

Omtrent 1914 HJ

Jesus gooi die slang, Satan, uit die hemel neer na die aarde, en Satan word ’n kort tydjie tot die aarde beperk. – Openbaring 12:7-9, 12.

Jesus heers oor die aarde vanaf sy hemelse troon soos belowe in Openbaring

Toekoms

Jesus hou Satan 1 000 jaar lank gevange en vernietig hom dan. So word sy kop simbolies vergruis. Jehovah se oorspronklike voorneme met die aarde en die mensdom word vervul, sy naam word van oneer gereinig en sy manier van regeer word geregverdig. – Openbaring 20:1-3, 10; 21:3, 4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel