LIED 42
Die gebed van God se kneg
Gedrukte weergawe
1. Vader Jehovah, groot en almagtig,
ons vra u, God, om u groot naam te heilig.
Mag u beloofde Koninkryk kom,
seëninge bring vir die hele mensdom.
Niks en niemand sal kan keer
dat u wil geskied, o Heer.
2. Dankie, o God, vir elke voorsiening.
Gawes van u ontvang ons met waardering.
U is die Bron van lewe en lig.
U gee ons kennis, wysheid en insig.
Mag ons altyd dankbaar bly
dat u ons so rig en lei.
3. In hierdie wêreld het ons verdrukking.
Maar ons ontvang u liefde en vertroosting.
Dankie dat u ons laste help dra.
Vader, u hoor as ons u vir hulp vra.
Met u hulp bly ons getrou,
kan ons ons beloftes hou.
(Sien ook Ps. 36:9; 50:14; Joh. 16:33; Jak. 1:5.)