Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
Aankondiging
Nuwe taal beskikbaar: Betsileo
  • Vandag

Maandag 27 Oktober

Mans [moet] hulle vrouens liefhê soos hulle eie liggame. – Ef. 5:28.

Jehovah verwag dat ’n man sy vrou moet liefhê en na haar fisiese, emosionele en geestelike behoeftes moet omsien. As jy leer om jou denkvermoë te ontwikkel, vrouens te respekteer en betroubaar te wees, sal dit jou help as ’n huweliksmaat. Nadat jy getrou het, sal jy dalk ’n pa word. Wat kan jy by Jehovah leer oor hoe om ’n goeie pa te wees? (Ef. 6:4). Jehovah het openlik vir sy Seun, Jesus, gesê dat hy hom liefhet en dat hy hom goedgekeur het (Matt. 3:17). As jy ’n pa word, maak seker dat jy jou kinders gereeld verseker dat jy hulle liefhet. Prys hulle dikwels vir die goeie dinge wat hulle doen. Pa’s wat Jehovah se voorbeeld navolg, help hulle kinders om volwasse Christenmans en -vrouens te word. Jy kan nou vir hierdie rol voorberei deur liefdevol te sorg vir ander in jou gesin en in die gemeente en deur te leer om vir hulle te sê dat jy hulle liefhet en waardeer. – Joh. 15:9. w23.12 28-29 ¶17-18

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025

Dinsdag 28 Oktober

[Jehovah] gee julle stabiliteit. – Jes. 33:6.

As getroue knegte van Jehovah ondervind ons probleme en siektes net soos alle ander mense. Ons word dalk ook teëgestaan of vervolg deur dié wat God se volk haat. Al beskerm Jehovah ons nie teen sulke probleme nie, belowe hy wel om ons te help (Jes. 41:10). Met sy hulp kan ons ons vreugde behou, goeie besluite maak en lojaal aan hom bly selfs deur die moeilikste situasies. Jehovah belowe om ons te gee wat die Bybel “die vrede van God” noem (Fil. 4:​6, 7). Hierdie vrede verwys na die kalmte en rustigheid van verstand en hart wat ons geniet omdat ons ’n kosbare verhouding met hom het. Hierdie vrede ‘oortref alle denke’; dit is wonderliker as wat ons ons kan voorstel. Het jy al ooit verbasend kalm gevoel nadat jy intens tot Jehovah gebid het? Daardie gevoel is “die vrede van God”. w24.01 20 ¶2; 21 ¶4

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025

Woensdag 29 Oktober

Ek sal Jehovah loof. Met alles wat binne-in my is, sal ek sy heilige naam loof. – Ps. 103:1.

Liefde vir God motiveer mense om sy naam heelhartig te loof. Koning Dawid het geweet dat ons eintlik Jehovah self loof wanneer ons Jehovah se naam loof. Jehovah se naam sluit sy reputasie in, so dit laat ons dink aan al sy pragtige eienskappe en sy wonderlike dade. Dawid wou sy Vader se naam as heilig beskou en dit loof. Hy wou dit doen met “alles wat binne-in” hom is – dit wil sê heelhartig. Net so het die Leviete die leiding daarin geneem om Jehovah te loof. Hulle het nederig erken dat hulle woorde nooit die lof wat Jehovah se heilige naam verdien, heeltemal kon uitdruk nie (Neh. 9:5). Sulke nederige, opregte lof het Jehovah se hart beslis bly gemaak. w24.02 9 ¶6

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel