Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 6/8 bl. 6-7
  • Veranderende norme met die verloop van die geskiedenis

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Veranderende norme met die verloop van die geskiedenis
  • Ontwaak!—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Verskeie norme in die verlede
  • Die verskillende sedelike norme van vandag
  • Die mens het sy eie sedestandaarde bepaal
  • Sedelike standaarde is noodsaaklik
    Ontwaak! – 2019
  • Verlore in ’n see van veranderende waardes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Waarop stuur sedes af?
    Ontwaak!—1993
  • Sedelike norme wat geluk bring
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 6/8 bl. 6-7

Veranderende norme met die verloop van die geskiedenis

“’NSTEL reëls wat ’n mens in jou persoonlike en sosiale lewe volg (of moet volg).” Dit is hoe die Franse Encyclopædia Universalis die woord “sedes” definieer.

Hierdie definisie is in werklik op almal van toepassing. Dit sluit die gelowige in wat die beginsels van sy godsdiens volg en ook die persoon wat nie enige etiese stelsel of godsdiens aanhang nie maar wel volgens sekere beginsels leef. Selfs die anargis, wat beweer dat hy “nòg God nòg baas” het, het sy norme gekies, al is dit net die reg om sy eie besluite te neem.

Maar wat is die grondslag van hierdie norme? Waarop is sulke sedekeuses gegrond? Verander hulle met die verloop van tyd?

Verskeie norme in die verlede

“Spartaans” is ’n woord wat in baie tale gebruik word om ’n gebrek aan gerief te beskryf. Die uitdrukking slaan op die harde toestande waaronder jong burgers van die eertydse Griekse stad Sparta opgelei is. Hulle is reeds in hul vroeë kinderjare van hul ouers geskei en moes stipte gehoorsaamheid leer. Die doel van hierdie opleiding was om modelsoldate van hulle te maak.

Ander nasies het ander norme gevolg. Eertydse Israel het byvoorbeeld die wette gehad wat God aan Moses gegee het. Daardie wette het dieet-, fisiese, sedelike en geestelike beperkinge ingesluit. Die Israeliete moes uitsluitlik Jehovah God dien.

Wat geslagsedelikheid betref, het die Mosaïese Wet hoerery, egbreuk, homoseksualiteit en bestialiteit streng veroordeel. Die doel hiervan was om die Israeliete van hulle buurnasies af te sonder, nie net wat hulle godsdiens betref het nie maar ook hulle sedes. Dit was omdat baie van die nasies rondom Israel verdorwe, skadelike seksaanbidding beoefen het, met inbegrip van manlike en vroulike tempelprostitusie. Party het selfs hulle eie kinders as offerandes aan hulle valse gode gebring.

In die eerste eeu G.J. het ’n gebod deur die raad van Christenapostels en Christen- ouere manne in Jerusalem Christene opdrag gegee om basies dieselfde geslagsedes as die Jode te volg. Dit het hulle beveel om hulle ‘van hoerery te onthou’. Volgens Vigouroux se Dictionnaire de la Bible was hierdie opdrag van onskatbare waarde, want op daardie tydstip was hoerery ’n algemene gebruik onder die heidene.—Handelinge 15:29.

Die uiteenlopendheid van sedestandaarde het deur die hele geskiedenis heen voortgeduur, met afwisselende periodes van verdraagsaamheid en strenger etiese reëls. Homoseksualiteit, wat in die Middeleeue streng veroordeel is, is min of meer geduld gedurende die Renaissance in Europa. In Switserland het Calvyn, toe hy hom gedurende die Hervorming in Genève gevestig het, ’n tydperk van onbuigsame sedelike strengheid ingelui. Daarenteen het die Franse Revolusie, sowat 200 jaar later, norme gewettig wat vantevore verwerp is. Dit het ’n nuwe “sedelike vryheid” voorgestaan en dit makliker gemaak om ’n egskeiding te verkry.

Die verskillende sedelike norme van vandag

Vandag het mense, selfs binne dieselfde gemeenskap, verskillende sedestandaarde. Daar is diegene wat streng sedereëls voorstaan, terwyl ander sedelike “vryheid” voorstaan.

Sedelike gedragsreëls het vinnig verander. “Egbreuk het vir die meeste Franse ’n definitiewe betekenis. Dit is negatief en in stryd met goeie sedes”, sê die Franse boek Francoscopie. Maar dieselfde bron sê dat talle ander “huweliksontrou nie meer as ’n ontvlugting beskou nie maar as ’n reg, ’n reg wat nie die liefde wat ’n paartjie vir mekaar het in twyfel moet trek nie, maar dit eerder moet verryk en versterk”.

Aborsie is nog ’n gebied waarop etiese beginsels vinnig verander het. Hoewel aborsie steeds ’n misdaad in sekere lande is, word dit in ander geduld—selfs vereis. Dit is interessant om daarop te let dat die Franse Mediese Vereniging aborsie as ’n misdaad beskou het totdat dit in 1974 gewettig is. Vandag beskou talle Franse dit as sedelik aanvaarbaar.

Maar waarop is sulke sedes gegrond? Moet ons sedestandaarde bloot relatief wees en na gelang van omstandighede verander?

Die mens het sy eie sedestandaarde bepaal

Deur die eeue heen het filosowe talle idees voorgestel om sulke vrae te probeer beantwoord. Sommige het ’n ‘universele stel sedes’ voorgestel maar kan nie saamstem oor wie se definisie van sedes die standaard moet wees nie.

Ander het gemeen dat besorgdheid oor jou medemens jou gedrag moet bepaal. Maar wat een persoon as geskikte besorgdheid oor ander beskou, verskil dalk hemelsbreed van hoe iemand anders dit beskou. Byvoorbeeld: Talle slawebesitters het dit eeue lank as geskikte besorgdheid beskou om hulle slawe van voedsel en huisvesting te voorsien, maar die slawe het geskikte besorgdheid gelykgestel met hulle vrylating uit slawerny.

Daar bestaan geen twyfel nie dat filosowe se groot verskeidenheid van dikwels botsende beskouings oor sedestandaarde baie mense verwar het. Hulle idees het nie enige gemeenskaplike standaard vir sedelikheid voortgebring nie, en hulle filosofering het die mensdom ook nie na vrede en eenheid gelei nie. Hulle baie en botsende idees het eerder daartoe gelei dat al hoe meer mense tot die slotsom gekom het dat jou eie standaard vir sedelikheid net so goed soos dié van die “deskundiges” is.

Dit is waarom baie vandag die beskouing van die Franse filosoof Jean-Paul Sartre huldig, wat gemeen het dat die mens self oor sedelike kwessies moet besluit. Hierdie denkwyse word selfs deur talle kerkgangers gehuldig. Katolieke owerhede is byvoorbeeld bekommerd omdat talle Katolieke nie meer die kerk se leerstellings oor geslagsake volg nie en voorbehoedmiddels gebruik wat deur die kerk veroordeel word.

Die les van die geskiedenis is dat mense verskillende sedelike gedragsreëls opgestel het, maar dat sulke gedragsreëls mettertyd bevraagteken, verander of vergeet is. Die Bybelbeginsels wat vroeër in hierdie artikel gemeld is, is egter nie onderhewig aan die grille van filosowe of veranderende gemeenskappe nie. Watter waarde het sulke Bybelbeginsels vandag? Is dit moontlik om daarvolgens te leef?

[Lokteks op bladsy 7]

‘HUWELIKSONTROU WORD NIE MEER AS ’N ONTVLUGTING BESKOU NIE MAAR AS ’N REG’

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel