Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 10/22 bl. 32
  • ‘Julle woorde en dade stem ooreen’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Julle woorde en dade stem ooreen’
  • Ontwaak!—1992
Ontwaak!—1992
g92 10/22 bl. 32

‘Julle woorde en dade stem ooreen’

Jehovah se Getuies het takkantore in byna honderd lande oor die hele wêreld. Verlede jaar het ’n man van Beaconbaai in Suid-Afrika ’n brief van waardering aan die Wagtoringgenootskap se takkantoor in dié land geskryf. Hy het gesê:

“Ek is nie ’n Getuie nie, maar lees gereeld Die Wagtoring en die Ontwaak! Ek vind hulle werklik baie bemoedigend. Julle dek ’n groot verskeidenheid onderwerpe in hierdie tydskrifte en julle uiteensetting van die materiaal is baie duidelik en professioneel.

“Ek koester hoë agting vir die Getuies se sedes en gedrag. Julle is die enigste Christelike geloof waarvan ek weet wie se lidmate se woorde en dade altyd ooreenstem. Mag julle voorspoedig wees in julle werk.”

In onlangse jare was Jehovah se Getuies só voorspoedig in hulle werk dat meer as 30 van hulle takkantore wêreldwyd nou Die Wagtoring en die Ontwaak! druk. Verlede jaar is daar altesaam byna 700 miljoen van hierdie tydskrifte gedruk, byna 16 miljoen eksemplare van elke nommer van Die Wagtoring en meer as 13 miljoen eksemplare van elke nommer van die Ontwaak!

As jy meer inligting of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 skryf of aan die naaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel