Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 4/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2004
  • Hoe jy kan help
    Ontwaak!—2001
  • Wat is die oorsake?
    Ontwaak!—2001
  • Depressie onder tieners—Waarom? Wat kan help?
    Ontwaak!—2017
Sien nog
Ontwaak!—2002
g02 4/22 bl. 30

Van ons lesers

Tienerdepressie Ek was so bly om die Ontwaak!-voorbladartikels “Hulp vir tieners met depressie” (8 September 2001) te ontvang! Ek sukkel al jare lank met hierdie siekte. Dankie vir hierdie helpende hand in ’n moeilike tyd.

L. D., Frankryk

Ek is ’n pediatriese verpleegster. Baie mense onderskat die omvang van depressie, maar nie julle nie. Ek het honderd eksemplare van hierdie tydskrif bestel. Ek is van plan om hulle aan al die pediatriese en geestesgesondheidswerkers in hierdie gebied te gee.

B. P., Verenigde State

Ek het ’n aantal familielede wat volgens dokters depressie of bipolêre versteuring het. Wanneer hierdie toestande as siektes eerder as swakhede erken word, help dit baie om mense wat daaraan ly, se waardigheid te herstel. Die wenke wat julle gee, sal ons almal help om medelydend en ondersteunend te wees.

C. M., Kanada

Die oomblik toe ek hierdie tydskrif in die hande gekry het, het ek dit begin lees. Ek het trane van blydskap gestort oor die feit dat jongmense julle na aan die hart lê en dat julle 12 bladsye aan die onderwerp gewy het. Baie dankie!

M. M., Oostenryk

Hierdie artikel het my werklik gehelp om te kalmeer en my hart te laat bedaar. Dit het my ook bewus gemaak van die feit dat ek nie die enigste een is wat hierdie siekte het nie. Ek bid dat Jehovah almal wat aan depressie ly, sal vertroos en help.

Y. T., Japan

Ek gaan altyd ’n voorraad van hierdie nommer byderhand hou. Dit is presies wat ons tieners nodig het, en ek glo dat dit baie van hulle en hulle ouers sal help om ’n toestand wat julle tereg as ’n siekte beskryf, te kan hanteer. Dit sal heel moontlik lewens red.

R. F., Verenigde State

Dit het my vertroos om te weet dat hierdie emosionele pyn nie die gevolg van die een of ander geestelike gebrek is nie. Dit het my hart verbly, en ek het gehuil toe ek gelees het: “Jehovah is naby die gebrokenes van hart.”—Psalm 34:18.

A. I., Japan

Ek is 16, en het jare lank herhaalde aanvalle van depressie gehad. Hierdie tydskrif is presies wat ek nodig gehad het! Die artikels het my die nodige raad gegee.

L. B., Australië

Ek was ’n tiener wat aan depressie gely het, en ek het nooit vir my ouers of enigiemand anders vertel dat ek my eie lewe wou neem nie. Dit was ’n ernstige fout. Dit is belangrik om hulp te kry wanneer jy aan depressie ly. Dankie dat julle toon dat julle vir jongmense omgee en oor hulle besorg is.

S.G.C., Verenigde State

Staal Ek werk in die staalbedryf, en ek het die artikel “’n Harde werker wat sag kan werk” (8 September 2001) vir my tegniese direkteur aangebied. Hy het gesê dat die artikel duidelik en akkuraat is, sonder te veel tegniese terme, al handel dit oor ’n ingewikkelde onderwerp. Sulke artikels stel ons in staat om ander te help om met die Ontwaak! bekend te raak.

G. B., Italië

Omdat ek pas klaar is met beroepsopleiding om metaalmateriaal te toets, was ek nie juis lus om ’n artikel oor staalvervaardiging te lees nie. Maar die manier waarop julle so ’n breë en baie ingewikkelde onderwerp benader het, het my absoluut gefassineer.

M. F., Duitsland

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel