Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 10/8 bl. 31
  • Hoe hulle lippe lees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe hulle lippe lees
  • Ontwaak!—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Geskied God se wil vandag?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Waarom toon my ouers nie groter belangstelling in my nie?
    Ontwaak!—1992
  • Sedelike waardes wat werklik verrykend is
    Ontwaak!—2013
  • God wil jou help
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Sien nog
Ontwaak!—2002
g02 10/8 bl. 31

Hoe hulle lippe lees

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN BRITTANJE

TWEE vermeende terroriste wat in ’n openbare park met mekaar gepraat het, is met ’n videokamera afgeneem. Niemand kon hoor wat hulle sê nie—tog het die polisie hulle in hegtenis geneem, en hulle is daarna tot baie jare tronkstraf gevonnis. Hulle opgeneemde gesprek is gelees deur ’n lipleser wat in Brittanje as ’n deskundige getuie erken word en as ’n “kragtige geheime wapen” van die Britse polisie beskryf word.

Omdat ek meer oor die kuns van liplees wou uitvind, het ek Mike en Christina gaan besoek. Christina is al van driejarige ouderdom af doof. Sy was later in ’n skool vir dowes, waar sy geleer is om te liplees. Mike het homself leer liplees, ’n vermoë wat hy ontwikkel het nadat hy met Christina getroud is.

Hoe moeilik is dit om te liplees? “Jy moet op die vorm en beweging van die lippe, die tong en die onderkaak let”, sê Mike. Christina voeg by: “Jy moet stip kyk na die persoon wat met jou praat, en namate jou lipleesvermoë verbeter, let jy ook op gesigsuitdrukkings en lyftaal.”

Ek het geleer dat een van die grootste foute wat die spreker kan maak, is om te skreeu of lipbewegings te oordryf. Sulke vertrekkings kan verwarrend en selfverydelend wees. ’n Goeie lipleser kan selfs aksente herken. Maar dit alles is natuurlik nie maklik nie! Hearing Concern, ’n organisasie wat hulle daarop toelê om mense te leer liplees, sê onomwonde: “Om te liplees, verg oefening, oefening en nogmaals oefening.”

Christina erken dat sy soms verleë voel wanneer sy vind dat sy onbewus na ’n gesprek op ’n bus of trein “luister”. Al wat sy kan doen, is om dadelik weg te kyk. Maar haar vermoë kan ’n beskerming wees. Christina kyk nie meer na sokker op die televisie nie, omdat sy al so dikwels ontsteld was oor wat sy party van die spelers kon sien sê.

Min mense sal ooit die vaardighede van die “geheime wapen” van die Britse polisie verkry. Maar selfs eenvoudige liplees kan ná ernstige gehoorverlies ’n nuttige kuns wees om aan te leer.

[Prent op bladsy 31]

Christina

[Prent op bladsy 31]

Mike

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel