Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 12/8 bl. 32
  • “Drome van die Paradys”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Drome van die Paradys”
  • Ontwaak!—2002
Ontwaak!—2002
g02 12/8 bl. 32

“Drome van die Paradys”

Verlede jaar het die takkantoor van Jehovah se Getuies in Papoea-Nieu-Guinee ’n brief ontvang van ’n Ontwaak!-leser wat in Lae, Morobe-provinsie, woon. Hy het verduidelik:

“Ek moet erken dat ek vyf jaar gelede (toe ek in Port Moresby was) ’n baie goeie besluit geneem het om die Ontwaak! te lees, wat deur julle organisasie uitgegee word. Sedert 1997 het ek elke nommer gelees. My huis is vol van hierdie tydskrifte.

“Ek het baie geleer. My woordeskat, my algemene kennis, my grammatika en my begrip van die Skepper het baie uitgebrei. Ek het verdraagsamer, bedagsamer teenoor ander en meer doelgerig geword, en ek het groter waardering vir plante en diere gekry. Ek beveel aan dat meer mense die Ontwaak! asook julle ander publikasies lees.”

Die skrywer het ten slotte gesê: “Ek glo dat ons drome van die Paradys beslis oornag ’n werklikheid sal word as almal in hierdie wêreld Jehovah se Getuies word. Hou aan met die goeie werk.”

Die publikasies van Jehovah se Getuies vestig die aandag op die Bybel se belofte dat hierdie huidige stelsel van dinge binnekort vervang sal word met ’n nuwe wêreld wat deur God se Koninkryk ingelui sal word. Die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei toon dat hierdie Koninkryk die oplossing vir die mensdom se probleme is.

Jy kan hierdie boek met 192 bladsye aanvra sodat jy dit self kan ondersoek. Jy kan dit doen deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei by my af.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel