Sy het dit geleer in die Ontwaak!
PERLA, ’n agtjarige meisie in graad twee, woon in die Mexikaanse staat Veracruz. Eendag het haar onderwyseres gevra of enigiemand weet hoe lank ’n walvis is. Eers het niemand geantwoord nie. Toe het Perla haar hand opgesteek en gesê: “Die gryswalvis kan 14 meter lank word en 16 ton weeg.”
Die onderwyseres het verbaas gevra: “Waar het jy dit geleer?”
“In die Ontwaak!” het sy geantwoord. “Ek kan dit vir Juffrou wys, as ek mag.” Perla hou gewoonlik onlangse nommers van die Ontwaak! in haar skooltas om vir ander te wys. Sy het toevallig die Ontwaak! van 8 September 2003 met die artikel “’n Interessante ontmoeting met gryswalvisse” by haar gehad.
Perla se onderwyseres was bly om ’n eksemplaar van die tydskrif te ontvang. Sy het dit nie net gelees nie, maar wou dit ook hou. Ander leerlinge wou ook die tydskrif hê, en Perla het dus vir nege van hulle elk ’n eksemplaar gekry. Perla het al baie lof ontvang van haar onderwyseres, vir wie sy elke twee weke ’n Ontwaak! neem.
Kort ná hierdie ondervinding het Perla ’n streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies bygewoon. Voordat Perla na die byeenkoms toe is, het haar onderwyseres gesê dat sy gerus vir haar ’n geskenk van die byeenkoms af kan saambring. Perla het dus vir haar ’n eksemplaar van die boek Leer by die Groot Onderwyser geneem, wat daardie somer vrygestel is.
Later het die onderwyseres vir ’n paar van haar leerlinge gesê: “Perla stel ’n goeie voorbeeld, want sy stel nie net in haar skoolboeke belang nie, maar lees ook ander nuttige inligting en vertel ons selfs daarvan.”