Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 8/07 bl. 4
  • Skep ’n liefdevolle atmosfeer in die huis

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Skep ’n liefdevolle atmosfeer in die huis
  • Ontwaak!—2007
  • Soortgelyke materiaal
  • Ouers – Leer julle kinders om Jehovah lief te hê
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Hoe om ’n geestelike sterk gesin te bou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Hoe om opregte liefde aan te kweek
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Leer julle kinders om Jehovah lief te hê
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Ontwaak!—2007
g 8/07 bl. 4

Stap 2

Skep ’n liefdevolle atmosfeer in die huis

Waarom is hierdie stap nodig? Kinders het liefde nodig en kwyn weg daarsonder. In die 1950’s het die antropoloog M. F. Ashley Montagu geskryf: “Wat die menslike organisme die nodigste het vir sy ontwikkeling, is om met liefde gevoed te word; die bron van feitlik alle gesondheid is om liefde te ervaar, veral gedurende die eerste ses lewensjare.” Moderne navorsers beaam Montagu se gevolgtrekking dat “kinders ernstig geknou word wanneer hulle nie genoeg liefde ontvang nie”.

Die uitdaging: Die lewe in hierdie liefdelose, selfsugtige wêreld plaas druk op gesinsbande (2 Timoteus 3:1-5). Egpare vind dalk dat die finansiële en emosionele eise om kinders groot te maak, bestaande huweliksprobleme vererger. Meningsverskille in die huwelik oor hoe om die kinders te dissiplineer of te beloon, kan byvoorbeeld die spanning vergroot tussen twee mense wat dit reeds moeilik vind om met mekaar te kommunikeer.

Die oplossing: Beplan om gereeld tyd saam as ’n gesin deur te bring. Egpare moet ook beplan om tyd alleen saam deur te bring (Amos 3:3). Maak verstandige gebruik van die tyd nadat die kinders gaan slaap het. Moenie toelaat dat die TV julle beroof van hierdie kosbare oomblikke nie. Hou die romanse in julle huwelik lewendig deur mekaar gereeld van julle liefde te verseker (Spreuke 25:11; Hooglied 4:7-10). Moenie mekaar heeltyd “verwyt” nie, maar wees elke dag op die uitkyk na geleenthede om jou huweliksmaat te prys.—Psalm 103:9, 10; Spreuke 31:28.

Sê vir jou kinders dat jy hulle liefhet. Jehovah God het die voorbeeld vir ouers gestel deur sy liefde vir sy Seun, Jesus, openlik te verklaar (Matteus 3:17; 17:5). Fleck, ’n vader wat in Oostenryk woon, sê: “Ek het gevind dat kinders amper soos party blomme is. Net soos hierdie plantjies na die son draai om lig en warmte te kry, is kinders afhanklik van hulle ouers vir liefde en vir die versekering dat hulle gewaardeerde lede van die gesin is.”

Hetsy jy getroud of ’n enkelouer is, as jy jou gesin help om ’n liefde vir mekaar en vir God aan te kweek, sal jou gesinslewe verbeter.

Maar wat sê God se Woord oor hoe jy jou gesag as ouer moet uitoefen?

[Lokteks op bladsy 4]

“Liefde . . . is ’n volmaakte band van eenheid.” —Kolossense 3:14

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel