Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 8/10 bl. 30
  • Ons beskou die Wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die Wêreld
  • Ontwaak!—2010
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Is vuurwapens ’n beskerming?
  • Monnike dra lipstiffie
  • Treine slegs vir vroue
  • Vuurwapens—’n weg van die dood
    Ontwaak!—1990
  • Vuurwapens—’n leefwyse
    Ontwaak!—1990
  • Vuurwapens—nie net vir mans nie
    Ontwaak!—1990
  • Kalkutta—florerende stad van kontraste
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—2010
g 8/10 bl. 30

Ons beskou die Wêreld

Die Internasionale Agentskap vir Kankernavorsing het die klassifikasie van sonbrandtoestelle wat ultravioletstrale gebruik, verhoog van “moontlik kankerverwekkend vir mense” tot “kankerverwekkend vir mense”.—THE LANCET ONCOLOGY, BRITTANJE.

In Argentinië wou 9 uit elke 10 swanger vroue nie swanger geword het nie.—CLARÍN, ARGENTINIË.

“Die wetenskaplike ontdekking van nuwe spesies is redelik algemeen. Bioloë identifiseer elke dag ongeveer 50 spesies. Byna 17 000 nuwe plante en diere is in 2006 alleen benoem—dit is ongeveer 1% van die 1,8 miljoen spesies wat al benoem is.”—TIME, VSA.

Is vuurwapens ’n beskerming?

Beskerm ’n vuurwapen die persoon wat dit dra wanneer hy aangeval word? In ’n studie wat deur die Universiteit van Pennsilvanië se Mediese Fakulteit, VSA, gedoen is, is daar bevind dat dit gewoonlik nie die geval is nie. Nadat navorsers voorvalle uitgesluit het waarby die polisie betrokke was, waar mense hulleself geskiet het en waar iemand onopsetlik geskiet is, het hulle gevind dat “die moontlikheid om tydens ’n aanval geskiet te word, 4,5 keer groter is vir [iemand wat ’n vuurwapen dra] as vir diegene wat nie ’n vuurwapen besit nie”. Die studie het erken dat party vuurwapeneienaars hulle suksesvol met hulle eie wapens verdedig, maar dat die kanse om dit te doen, skraal is. Die idee dat die besit van ’n vuurwapen “beskerming bied teen ’n gevaarlike omgewing, moet bespreek en deeglik heroorweeg word”, het die verslag gesê.

Monnike dra lipstiffie

Nuwe monnike in Thailand “skend die reputasie van die konserwatiewe Boeddhistiese geloof” deur lipstiffie te dra, hulle klede te styf om hulle vas te maak, “met ’n oordrewe geswaai van die heupe te stap en handsakke te dra”, sê ’n nuusberig uit Bangkok. Besorgdheid oor die gedrag van homoseksuele nuwelinge het godsdiensowerhede beweeg om voor te stel dat monnike opgelei moet word in sake van dekorum. ’n Vooraanstaande Boeddhistepriester het verduidelik dat homoseksualiteit op sigself nie verbied is onder monnike nie, “anders sou meer as die helfte van hulle van hulle amp onthef word”.

Treine slegs vir vroue

Vroue wat op Indië se oorvol treine reis, word al jare lank deur manlike passasiers beledig, betas, geknyp, aangestaar en oor die algemeen geteister. In reaksie op toenemende klagtes het die regering besluit om in sommige gevalle geen mans op treine toe te laat nie, berig die koerant The Telegraph van Kolkata. Die gevolg is dat daar nou in Indië se vier grootste stede—Nieu-Delhi, Moembaai, Tsjennai en Kolkata—’n beperkte aantal “Treine vir Dames” uitsluitlik vir vroue beskikbaar gestel word. Passasiers is glo baie bly hieroor.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel