Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 1/11 bl. 6
  • Die probleem met godsdiens

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die probleem met godsdiens
  • Ontwaak!—2011
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Verdeel deur godsdiens
  • Godsdiens in die politiek
  • ’n Plofbare mengsel
  • Is enige godsdiens goed genoeg?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Sal godsdiens ooit vrede bevorder?
    Ontwaak!—2011
  • Hoe valse godsdiens mense die verkeerde idee van God gee
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Waarom in ander godsdienste belangstel?
    Die mensdom se soeke na God
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 1/11 bl. 6

Die probleem met godsdiens

OM TE sê dat godsdiens die hoofoorsaak van alle konflik is, impliseer dat daar minder oorloë sou wees as godsdiens nie bestaan het nie. Is dit ’n geldige redenasie? Kan ons van oorloë ontslae raak deur bloot van godsdiens ontslae te raak? Ongeag wat jou antwoord is, een feit kan nie betwis word nie: Godsdiens het die mensdom nie verenig nie. Kyk na ’n paar redes waarom dit die geval is.

Verdeel deur godsdiens

Die mensdom word deur godsdiens verdeel, met verskeie vername godsdienste wat voortdurend in ’n stryd met mekaar gewikkel is. Is daar enige rede om te glo dat Boeddhiste, Christene, Hindoes, Jode en Moslems ooit in vrede sal kan saamlewe?

Ongelukkig is dit ook so dat daar versplintering binne elkeen van hierdie vername godsdienste is. Byvoorbeeld, volgens een skatting is die Christendom in meer as 30 000 gelowe verdeel. Ook Islam word verdeel deur teenstrydige opvattings. Volgens ’n nuusagentskap in die Midde-Ooste, het ’n Moslemgeleerde, Mohsen Hojjat, onlangs erken dat “onenigheid onder Moslems die grondoorsaak van probleme in die Islamitiese wêreld is”. Ander invloedryke godsdienste, soos Boeddhisme, Hindoeïsme en Judaïsme, is eweneens in talle teenstrydige sektes versplinter.

Godsdiens in die politiek

Godsdiens het blykbaar ’n invloed op feitlik elke aspek van die sekulêre lewe. Die nuustydskrif The Economist sê: “Godsdienstige mense lug hulle opinie al hoe meer op allerhande gebiede, insluitende die sakewêreld. Godsdiens steek ook kop uit in die ekonomie.” Dit het eerder ’n verdelende as ’n verenigende invloed op mense. Maar daar is iets wat ’n skadeliker invloed het, en dit hou verband met godsdiens se lang geskiedenis van inmenging in die politiek.

In ’n onlangse verslag, waarna daar in die vorige artikel verwys is, het ’n groep geskiedkundiges gemeld dat “godsdiens veel eerder ’n oorsaak van oorlog sal wees wanneer godsdiens en die staatsowerhede intieme bondgenote word of noue bande het”. En hierin vind ons nog ’n onweerlegbare feit: Godsdiens was, en is tot vandag toe, ineengestrengel met politieke en militêre entiteite.

’n Plofbare mengsel

In baie lande het die vernaamste godsdienste simbole van patriotiese groepe en rassegroepe geword. Gevolglik kan die verskil tussen nasionalistiese haat, rassevooroordeel, etniese wedywering en godsdiensvyandigheid skaars onderskei word. Hierdie plofbare mengsel bevat die nodige elemente om ons wêreld uitmekaar te skeur.

Die ironie van dit alles is dat baie godsdienste beweer dat hulle die God van die Bybel, die Skepper, verteenwoordig. Maak dit enigsins sin dat ’n almagtige, alwyse, liefdevolle Skepper enigiets te doen sal hê met verdelende en bloedskuldige godsdienste?

[Prent op bladsy 6]

Duisende Getuies van Jehovah is al opgesluit omdat hulle besluit het om neutraal te bly

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel