Die Bybel—weet jy wat die boodskap daarin is?
● Die Bybel is die boek met die grootste verspreiding in die hele geskiedenis. Mense van alle kulture het gevind dat die boodskap daarin ’n bron van vertroosting en hoop is en dat die raad wat dit bevat, prakties is vir die alledaagse lewe. Maar baie mense weet maar min van hierdie voortreflike boek.
Die brosjure Die Bybel—Wat is die boodskap daarin? met sy pragtige illustrasies sal jou ’n beknopte oorsig van die Bybel gee en kan jou help om dit te verstaan. Die eerste twee dele beskryf hoe God in die begin vir die mensdom ’n paradys voorsien het en hoe hulle dit verloor het. Later leer ons van die Skepper se voorneme om die Paradys te herstel deur middel van God se Koninkryk, ’n hemelse regering in die hande van Jesus Christus.
Die daaropvolgende dele handel oor Jesus—sy bediening, sy wonderwerke, sy dood en sy opstanding. Ons leer ook van Jesus se moedige vroeë volgelinge en hulle geïnspireerde geskrifte, wat deel van die Bybel geword het wat ons vandag ken.
Dit is gepas dat die 26 dele van die brosjure afsluit met die pragtige tema: “Die Paradys word herstel!” Die kleurvolle voorlaaste bladsy het die titel: “Die Bybel se boodskap—’n oorsig.” Daar sal jy ’n opsomming vind van sewe belangrike verwikkelinge in die verwesenliking van God se voorneme met die mensdom.
Jy kan hierdie brosjure met 32 bladsye aanvra deur eenvoudig hierdie koepon in te vul en dit na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief hierdie brosjure by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.