Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 12/11 bl. 12-13
  • Die Kersboom se voor-Christelike oorsprong

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Kersboom se voor-Christelike oorsprong
  • Ontwaak!—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat sê die Bybel oor Kersfees?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Wat het geword van die tradisionele Kersfees?
    Ontwaak!—1993
  • Die oorsprong van die hedendaagse kersfees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Kan ’n heidense vakansiedag Christelik gemaak word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 12/11 bl. 12-13

Die Kersboom se voor-Christelike oorsprong

IN BAIE wêrelddele is die immergroen Kersboom ’n bekende simbool gedurende feesvierings en in die handelswêreld. Die diepgewortelde godsdienstige betekenis van die boom kan tot ver in die mensegeskiedenis teruggevoer word.

Dit kan duidelik gesien word in die Bohuslänprovinsie aan die weskus van Swede en in die nabygeleë Østfoldprovinsie in Noorweë. Meer as 75 000 rotsgraverings is op sowat 5 000 verskillende plekke in hierdie gebiede gevind. Volgens argeoloë is baie van hierdie rotsgraverings tussen omstreeks 1 800 en 500 VHJ gemaak.a

Hierdie merkwaardige graverings openbaar iets omtrent die opvattings van mense wat lank voor die geboorte van Jesus van Nasaret gelewe het. Party navorsers meen byvoorbeeld dat immergroen bome, soos sparre, in vroeë tye as heilige simbole gebruik is in gebiede wat vandag in Swede en Noorweë geleë is.

Waarom het mense wat in hierdie verre noordelike kusgebiede van die wêreld gewoon het, rotsgraverings van sparre gemaak? Party geleerdes meen dat dit deels was omdat hierdie soort bome klaarblyklik skaars was in die voor-Christelike tye toe die graverings gemaak is. Dit is te verstane dat mense gefassineer sou wees deur ’n boom wat permanent groen, of “lewend”, bly terwyl dit lyk asof ander bome in die koue weer sterf.

In baie kulture regoor die wêreld is bome as simbole van lewe, oorlewing en onsterflikheid beskou. Hierdie feit help moontlik ook om te verklaar waarom daar in die omgewing van Bohuslän en Østfold rotsgraverings van bome gemaak is wat ’n duidelike ooreenkoms toon met immergroen sparbome, al het hierdie bome eers eeue later algemeen daar voorgekom.

Die boek Rock Carvings in the Borderlands, wat in samewerking met die Sweedse Nasionale Erfenisraad uitgegee is, sê: “Die rotsgraverings van bome lig toe dat die suidelike deel van die Skandinawiese streek reeds in die Bronstydperk deel was van ’n groter godsdienstige en kulturele konteks wat die hele Europa en groot dele van Asië ingesluit het. Mense het ’n bestaan gemaak uit landbou en veeboerdery, en dit het ’n invloed gehad op godsdiens en kosmologie. Hulle het grotendeels dieselfde gode aanbid, hoewel die gode ander name gehad het.”

The Rock Carving Tour, ’n boekie wat deur die Bohuslän-museum uitgegee is, verduidelik verder: “Diegene wat die rotsgraverings gemaak het, wou nie die alledaagse wêreld uitbeeld nie. Ons meen dat hulle graverings dalk ’n manier was om tot die gode te bid en hulle aan te roep.” Die boekie voeg by: “Hulle opvattings het gedraai om die ewige kringloop van die lewe, vrugbaarheid, die dood en herlewing.”

In ’n beskrywing van ’n unieke versameling simboliese kuns, wat geskep is lank voordat die skryfkuns in Noord-Europa bekend was, sê Nationalencyklopedin, die Sweedse nasionale ensiklopedie: “Die feit dat daar soveel graverings van ’n seksuele aard is, toon hoe belangrik ’n vrugbaarheidskultus in die godsdiens van die mense van die Bronstydperk in die Noorde was.”

Gebruike wat met immergroen bome verband hou, het klaarblyklik versprei en op baie plekke deel van die lewe geword. Die Encyclopædia Britannica sê aangaande die Kersboom: “Boomaanbidding was iets algemeens onder die heidense Europeërs, en hulle het dit behou nadat hulle hulle tot die Christelike godsdiens bekeer het.” Dit het behoue gebly in verskeie ritusse en gebruike, insluitende “die gebruik . . . om ’n Joelboom [Kersboom] gedurende die midwinterfeeste by ’n ingang of in die huis te plaas”.

Die immergroen boom het in die moderne tyd gewild geword nadat die Britse koningsgesin in 1841 ’n versierde sparboom tydens hulle Kersfeesvieringe gebruik het. Vandag is die Kersboom regoor die wêreld bekend, en tallose miljoene Kersbome, eg sowel as kunsmatig, word jaar ná jaar aangevra. Intussen dien Skandinawiese rotsgraverings as stille getuienis, wat letterlik in rots vasgelê is, dat die Kersboom nie ’n Christelike oorsprong het nie.

[Voetnoot]

a Party van die plekke in Bohuslän waar hierdie rotsgraverings gevind word, is op die UNESCO-wêrelderfenislys.

[Lokteks op bladsy 12]

Rotsgraverings dui daarop dat die heidense aanbidding van die immergroen boom voor die tyd van Christus begin het

[Prente op bladsy 13]

Rotsgraverings van bome in (1) Torsbo, (2) Backa en (3) Lökeberg, Swede

[Erkenning]

Courtesy Stiftelsen för dokumentation av Bohusläns hällristningar

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel