Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 10/12 bl. 5
  • Kry hulp

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kry hulp
  • Ontwaak!—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe kan ek met my onderwyser oor die weg kom?
    Jongmense vra
  • Hoe kan ek met my onderwyser oor die weg kom?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
  • Onderwysers—Waarom het ons hulle nodig?
    Ontwaak!—2002
  • Die sleutels tot ’n goeie skoolopleiding
    Ontwaak!—1995
Sien nog
Ontwaak!—2012
g 10/12 bl. 5
[Prent op bladsy 5]

Kry hulp

’n Ondersteuningstelsel is nie net belangrik terwyl jy op skool is nie, maar is ook noodsaaklik in jou toekomstige strewes as ’n volwassene.

WIE kan jou help in jou pogings om suksesvol te wees op skool?

Gesinslede.

“Wanneer ek hulp nodig gehad het met my huiswerk”, sê Bruna, ’n 18-jarige meisie in Brasilië, “het my pa die inligting aan my verduidelik en vrae gevra om my te laat dink. Maar hy het my die antwoorde self laat vind.”a

Wenk: Jy kan begin deur een van jou ouers te vra hoe goed hy of sy gevaar het in die vak waarmee jy sukkel. As jou ouer goed daarin gevaar het, is hy of sy dalk die regte persoon om jou te help.

Onderwysers.

Die meeste onderwysers is bly as ’n leerder goed wil doen op skool en sal hom of haar met graagte help.

Wenk: Sê eenvoudig vir jou onderwyser: “Ek sukkel met hierdie vak, maar ek wil dit graag onder die knie kry. Wat stel u voor?”

Mentors.

Dalk kan ’n goeie huisvriend jou help. So ’n reëling kan twee voordele inhou: Eerstens, jy sal die hulp kry wat jy nodig het; en tweedens, jy sal leer om op iemand anders staat te maak wanneer dit nodig is—’n benadering wat jou tot voordeel sal strek wanneer jy volwasse is. Om die waarheid te sê, in die meeste gevalle hang sukses af van ’n spanpoging, nie van die pogings van een persoon nie.—Spreuke 15:22.

Wenk: Vra jou ouers wie moontlik ’n goeie mentor vir jou sal wees.

Die slotsom: Daar is niks mee verkeerd om hulp te vra nie!

Maak ’n begin! Maak ’n lys van twee of drie rolmodelle—mense na wie jy opsien. Sal enige van hierdie persone jou met jou skoolwerk kan help?

a Dalk kan ’n ouer broer of suster jou ook help.

“My gunstelingonderwyser”

“My gunstelingonderwyser was baie streng, maar almal het hom gerespekteer. Hy was entoesiasties. Hy het gebare gemaak en op en af geloop in die klaskamer terwyl hy gepraat het. Hy het die vermoë gehad om almal by klasbesprekings te betrek. As jy iets nie verstaan het nie, het hy dit geduldig verduidelik totdat jy dit wel verstaan het. Hy het herhaaldelik vir ons gesê dat hy ons vrae verwelkom. Hy het gesê dat vrae hom nie net help om te sien wat ons nie verstaan nie, maar hom ook help om ’n beter onderwyser te word. Hy het persoonlike belangstelling in elke leerder getoon. Baie leerders het ná net een jaar in sy klas besluit om ’n loopbaan te volg in rekeningkunde—die vak waarin hy onderrig gegee het!”—Alana, Australië.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel