Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 1/15 bl. 6
  • ’n Antwoord wat oorweeg moet word

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Antwoord wat oorweeg moet word
  • Ontwaak!—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe het lewe begin?
    Nog onderwerpe
  • ’n “Verrykende ontmoeting”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Waar kan jy antwoorde vind?
    Ontwaak!—2004
  • Glo Jehovah se Getuies aan die skeppingsleer?
    Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
Sien nog
Ontwaak!—2015
g 1/15 bl. 6
’n Oop Bybel

VOORBLADONDERWERP | HOE HET LEWE BEGIN?

’n Antwoord wat oorweeg moet word

NADAT baie mense na die bewyse gekyk het, het hulle tot die slotsom gekom dat lewe die produk is van ’n hoër Intellek. Neem byvoorbeeld Antony Flew, ’n professor in Filosofie wat vroeër ’n vername voorstander van ateïsme was. Toe Flew oor die verstommende kompleksiteit van lewe en die fisiese wette van die heelal geleer het, het hy sy mening verander. Hy volg die benadering van eertydse filosowe wat geredeneer het dat ons die gevolgtrekking moet aanvaar waarna die bewyse ons lei, al is dit nie die gevolgtrekking wat ons verwag het nie. Die bewyse het professor Flew tot die slotsom laat kom dat daar wel ’n Skepper is.

Gerard, wat vroeër in hierdie reeks artikels gemeld is, het tot ’n soortgelyke slotsom gekom. Ten spyte van sy hoë kwalifikasies en sy loopbaan in Insektekunde het hy gesê: “Ek het geen bewyse gesien dat lewe vanself uit nielewende materie ontstaan het nie. Die ordelikheid en kompleksiteit van lewende dinge het my oortuig dat daar ’n Organiseerder en Ontwerper moet wees.”

Net soos ’n persoon meer omtrent ’n kunstenaar kan leer deur sy kunswerke te bestudeer, het Gerard meer omtrent die Skepper se eienskappe geleer deur die natuur te bestudeer. Gerard het ook tyd geneem om ’n boek te ondersoek wat aan die Skepper toegeskryf word—die Bybel (2 Timoteus 3:16). Daarin het hy bevredigende antwoorde gevind op vrae oor die mensdom se verlede asook praktiese oplossings vir die probleme waarmee mense vandag te kampe het. Dit het hom oortuig dat die Bybel ook ’n produk van ’n hoër Intellek is.

Soos Gerard gesien het, is dit die moeite werd om die Bybel se antwoorde te oorweeg. Ons spoor jou aan om dit self te ondersoek.

Het jy geweet?

DIE BYBEL IS NIE TEEN DIE WETENSKAP GEKANT NIE. Inteendeel, dit spoor mense aan om die natuur te ondersoek (Jesaja 40:26). Hoewel die Bybel nie ’n wetenskaphandboek is nie, is dit wetenskaplik akkuraat. Die Bybel ondersteun byvoorbeeld nie die skeppingsleer, wat beweer dat die aarde in ses letterlike dae van 24 uur elk geskep is nie. Die woord “dag” soos dit in Genesis gebruik word, verwys na baie lang tydperke.a

a Vir meer inligting, sien die brosjure Is lewe geskep?, uitgegee deur Jehovah se Getuies en aanlyn beskikbaar op www.pr2711.com/af.

Die Bybel leer dat . . .

LEWE NET UIT LEWE VOORTSPRUIT. “By u [God] is die bron van die lewe.” —Psalm 36:9.

GOD HET PLANTE EN DIERE “VOLGENS HULLE SOORTE” GESKEP (Genesis 1:11, 12, 21, 24, 25). Die Bybel sê nie spesifiek wat hierdie “soorte” insluit nie. Daarom kan daar ’n mate van verskeidenheid in elke soort wees.

GOD HET DIE MENS GESKEP MET DIE VERMOË OM DIESELFDE SEDELIKE EIENSKAPPE AS HY TE OPENBAAR. Hierdie eienskappe sluit liefde, goedheid en geregtigheid in. “God het . . . gesê: ‘Laat ons mense maak na ons beeld, ooreenkomstig ons gelykenis.’”—Genesis 1:26.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel